LitNet Akademies最新文献

筛选
英文 中文
’n Ondersoek na skakeltolking as ’n kommunikatiewe tegniek vir tweedetaalverwerwing n 将口译转换为第二语言习得的交流技巧后的研究
LitNet Akademies Pub Date : 2023-10-31 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3g5
Kanja van der Merwe
{"title":"’n Ondersoek na skakeltolking as ’n kommunikatiewe tegniek vir tweedetaalverwerwing","authors":"Kanja van der Merwe","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3g5","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3g5","url":null,"abstract":"Opsomming Die groeiende veld van taalverwerwing het al talle onderrigbenaderings gesien, met vertaling as een van die onderrigtegnieke. Daar het egter ’n behoefte ontstaan om vertaling as kommunikatiewe onderrigtegniek te hervorm (Popovic 2007; Pym 2013). Om hierdie behoefte in die midde te bring, word daar in hierdie artikel uit die outeur se honneurswerkstuk (Van der Merwe 2019) met ’n beskrywende kwalitatiewe navorsingsmetodologie teoreties ondersoek ingestel na skakeltolking as tegniek vir tweedetaalverwerwing. Drie navorsingsvrae is beantwoord. Eerstens word skakeltolking met die grammatikavertaalmetode, kommunikatiewe taalonderrig en pedagogiese vertaling vergelyk om te bepaal watter leemtes, indien enige, dit vul. Met inagneming van Krashen (1985) se vereistes vir optimale invoer is skakeltolking ’n gunstiger onderrigtegniek as die grammatikavertaalmetode. Hoewel skakeltolking verskeie kenmerke met kommunikatiewe taalonderrig deel, vereis dit die gebruik van die eerste taal, wat voordelig vir tweedetaalverwerwing is. Die vergelyking met pedagogiese vertaling vereis die bespreking van bepaalde riglyne om vertaling binne ’n kommunikatiewe klaskamer te implementeer, waar argumente ten gunste van skakeltolking gegee word. Tweedens word daar bepaal dat tweedetaalverwerwingsteorie met skakeltolking as interaksie versoen kan word, met ’n fokus op invoer, interaksie en (spraak)produksie. Met die invoer wat aan taalaanleerders verskaf word, word daar gekyk na Krashen (1982) se invoerhipotese en Gile (2009) se gravitasiemodel van taalbeskikbaarheid. Interaksie as ’n kommunikatiewe element in tolking en taalverwerwing word moontlik gemaak deur die interaksiebenadering (Long 1996; Gass en Mackey 2015) en tolking as interaksie (Wadensjö 1998), met betekenisonderhandeling, negatiewe terugvoer en interaksiestrategieë as deurslaggewende komponente. Rakende produksie wat deur die taalaanleerders verskaf word, word daar lig op Swain (1985) se produksiehipotese en gemodifiseerde produksie gewerp. Derdens geniet die moontlike tekortkominge van skakeltolking met verwysing na Krashen (1982) se affektiewefilterhipotese aandag ten opsigte van motivering, aanleg en angs. Daar word op moontlike tekortkominge toegespits deur interaksiestrategieë aan te moedig, die onderwerp en ander inligting vroegtydig aan te kondig, voortolkoefeninge te gebruik en ’n ontspanne en informele atmosfeer te skep. Die gevolgtrekking is dat skakeltolking as kommunikatiewe onderrigtegniek in teorie vir tweedetaalverwerwing geïmplementeer kan word, dus moet ’n empiriese ondersoek in ’n opvolgstudie aandag geniet. Trefwoorde: interaksie; kommunikatief; skakeltolking; taalonderrigtegniek; tweedetaalverwerwing","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"92 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-10-31","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139309103","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek vir Afrikaanstweedetaalverwerwing (deel 1) 将教学口译作为学习南非荷兰语的一种教学技巧(第一部分)
LitNet Akademies Pub Date : 2023-10-31 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3d4
Kanja van der Merwe, Elbie Adendorff
{"title":"Pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek vir Afrikaanstweedetaalverwerwing (deel 1)","authors":"Kanja van der Merwe, Elbie Adendorff","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3d4","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3d4","url":null,"abstract":"Opsomming Hierdie artikel is die eerste van twee artikels wat verslag doen van ’n studie uit die eerste outeur se meestersverhandeling1 in Vertaling. In die eerste artikel word pedagogiese tolking as ’n taalonderrigtegniek bespreek terwyl die tweede artikel oor pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak uitbrei. Daar is ’n behoefte aan ’n kommunikatiewe onderrigtegniek wat verhoogde kommunikatiewe vaardighede in Afrikaans sal kweek omdat Afrikaanstweedetaalstudente in ons ervaring nie die taal na behore vaardig is nie. Die studie ondersoek die werkbaarheid van pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek vir die doel van interaksie. Die tegniek word in ’n taakgebaseerde raamwerk in studente van die Universiteit Stellenbosch (US) se Afrikaanse Taalverwerwing-klaskamers geïmplementeer. Die navorsing berus op die vraag of pedagogiese tolking waarde en uitdagings al dan nie vir Afrikaanstweedetaalverwerwing inhou. Tolking as interaksie (Wadensjö 1998) en pedagogiese tolking as onderrigtegniek (Van der Merwe 2019) dien as die teoretiese raamwerke. Pedagogiese tolking het betrekking op sigtolking en skakeltolking, wat as bruikbaar vir die studie geag is. Daar is ook gekyk na die raamwerk van tolking as interaksie in Tolkwetenskap. Die navorsingsontwerp vir die empiriese ondersoek is deelnemende aksienavorsing met ’n gevallestudiekomponent. ’n Gemengde navorsingsmetode is gebruik. Drie taakgebaseerde tutoriale met ’n voortaak, hooftaak en nataak is ontwerp en met 21 Afrikaanse Taalverwerwing-studente aan die Universiteit Stellenbosch uitgevoer. Deelnemerwaarneming is gebruik om te bepaal tot watter mate die deelnemers hul rolle in die hooftaak suksesvol vervul (gegewe die moeilike aard van tolking), en vraelyste is gebruik om die deelnemers se perspektief op pedagogiese tolking as onderrigtegniek te bepaal. In die voortaakfase het die deelnemers ’n breinkaart gemaak en onderskrifte met behulp van pedagogiese sigtolking getolk, en ’n video-onderhoud gekyk wat uitbeeld hoe skakeltolking werk. Die hooftaak het die vorm van pedagogiese skakeltolking met rolspel aangeneem waar elke student ’n beurt gekry het om die rol van ’n Engelse karakter en die rol van die tweetalige studentetolk te vervul. As tutor het die eerste outeur die rol van die Afrikaanse onderhoudvoerder ingeneem. Daar is bevind dat minimale uitdagings rakende afwykings van rolvervulling ontstaan, wat wel bestuur en uiteindelik uitgeskakel kan word. Verder hou pedagogiese tolking as taalonderrigtegniek waarde vir Afrikaanse begrip, woordeskat, uitspraak en selfvertroue in Afrikaanse spraakvaardighede in. Al die deelnemers het aangedui dat pedagogiese tolking ’n waardevolle, genotvolle en vernuwende onderrigtegniek vir Afrikaanstweedetaalverwerwing is. Trefwoorde: Afrikaanstweedetaalverwerwing; pedagogiese tolking; rolvervulling; sigtolking; skakeltolking","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"133 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-10-31","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139306950","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak vir Afrikaanstweedetaalverwerwing (deel 2) 作为互动任务的教学口译vir Afrikaanstweedetaalverwerwing(第二部分)
LitNet Akademies Pub Date : 2023-10-31 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3d5
Kanja van der Merwe, Elbie Adendorff
{"title":"Pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak vir Afrikaanstweedetaalverwerwing (deel 2)","authors":"Kanja van der Merwe, Elbie Adendorff","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3d5","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3d5","url":null,"abstract":"Opsomming Hierdie artikel is die tweede van twee artikels wat verslag doen van ’n studie uit die eerste outeur se meestersverhandeling1 in Vertaling. In die eerste artikel word pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek bespreek terwyl die tweede artikel oor pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak handel. Die studie ondersoek die werkbaarheid van pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek vir die doel van interaksie. Die tegniek word in ’n taakgebaseerde raamwerk in studente van die Universiteit Stellenbosch (US) se Afrikaanse Taalverwerwing-klaskamers geïmplementeer. Die navorsing berus op die vraag of pedagogiese tolking waarde en uitdagings al dan nie vir Afrikaanstweedetaalverwerwing inhou. Die interaksiebenadering (Long 1996; Gass en Mackey 2015) en taakgebaseerde taalonderrig (Ellis 2018) dien as die teoretiese raamwerke. Die interaksiebenadering het betrekking op invoer, interaksie en produksie. Die belangrikste komponente van die benadering is betekenisonderhandeling, negatiewe terugvoer in die vorm van interaksiestrategieë en gemodifiseerde produksie. Taakgebaseerde taalonderrig bepaal dat take gebruik word om taalverwerwing te bevorder. Die ontwerpte taak vir hierdie studie bevat pedagogiese sigtolking in die voortaak, pedagogiese skakeltolking in die hooftaak en pedagogiese telefoontjietolking in die nataak. Die raamwerk tolking as interaksie is met die interaksiebenadering versoen deur koördinasie en beurtwisseling in die dialogiese model van kommunikasie en nie-weergawes te oorweeg. Gevolglik is die nuwe teoretiese raamwerk pedagogiese tolking as interaksie geskep. Deelnemende aksienavorsing en ’n gemengde navorsingsmetode is toegepas. Deelnemerwaarneming (responsgebaseerde evaluering) is gebruik om interaksie in die hooftaak te bestudeer en vraelyste (leerdergebaseerde evaluering) is gebruik om te bepaal of pedagogiese tolking effektief as ’n interaktiewe taak funksioneer. Drie taakgebaseerde tutoriale is ontwerp en met 21 Afrikaanse Taalverwerwing-studente aan die Universiteit Stellenbosch uitgevoer. Daar is bevind dat – weens die gebruik van verskeie interaksiestrategieë wat met betekenisonderhandeling gepaardgegaan en tot gemodifiseerde produksie gelei het – pedagogiese tolking uiters werkbaar vir die doel van interaksie in universiteitstudente se Afrikaanse Taalverwerwing-klaskamer is. Daar is ook bevind dat pedagogiese tolking effektief as ’n taak funksioneer. Trefwoorde: Afrikaanstweedetaalverwerwing; interaksie; interaksiestrategieë; pedagogiese tolking; taakgebaseerde taalonderrig","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"20 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-10-31","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139307348","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Geslagsgelykheid in opvoedkundige ruimtes en praktyke: ’n feministies-pedagogiese ondersoek 教育空间和课程中的性别问题:女性主义与教育学的关系
LitNet Akademies Pub Date : 2023-10-27 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3d3
Doniwen Pietersen
{"title":"Geslagsgelykheid in opvoedkundige ruimtes en praktyke: ’n feministies-pedagogiese ondersoek","authors":"Doniwen Pietersen","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3d3","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3d3","url":null,"abstract":"Opsomming Hierdie artikel is ’n konseptuele dokument wat die toenemende geslagsongelykheid in die postdemokrasie Suid-Afrikaanse onderwysomgewing ondersoek. Ek argumenteer dat terme/frases soos feministiese pedagogiek, gelyke kanse en gelyke toegang vir vroue in onderwyspraktyke en ‑ruimtes nie bloot leë frases moet wees nie, maar verstaan moet word as die aftakeling van ongelykheid met betrekking tot ruimtes en praktyke in onderwys om meisies en jong vroue in staat te stel om hul doel in die lewe te vind en hul loopbaanambisies te verwesenlik deur gelyke geleenthede in onderwyspraktyke en -ruimtes te skep. Die konstruksie van transformasionele verandering met gelykheid vir almal as die riglyn lei nie noodwendig tot geslagsgelykheid nie. Hierdie artikel ondersoek krities die insluiting van geslagskwessies wat dikwels in die onderwys deur ’n postkoloniale feministiese lens misgekyk word, as ’n manier om opvoedkundige ruimtes en praktyke te verander met betrekking tot ongelykhede waaraan vroue steeds blootgestel word. Resultate toon dat gemarginaliseerde stemme (dié van wit en swart vroue en LGBTQI+-persone) in ag geneem moet word wanneer opvoedkundige praktyke en ruimtes geskep word en diegene in magsposisies (patriargie) wat steeds as hekwagters optree, moet uitdaag. Trefwoorde: Afrika; aftakeling; dekolonialisering van onderwys; feministiese pedagogiek; koloniale en postkoloniale onderwysstelsels; opvoedkundige ongelykhede; praktyke en ruimtes; Suid-Afrika; verandering","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"18 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-10-27","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139312881","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Hans Blumenberg se model vir die evolusie van denke en die tersaaklikheid daarvan vir huidige uitdagings 汉斯-布卢门贝格(Hans Blumenberg)为人口进化和人类发展提供的模型
LitNet Akademies Pub Date : 2023-10-27 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3b6
Charl-Pierre Naudé
{"title":"Hans Blumenberg se model vir die evolusie van denke en die tersaaklikheid daarvan vir huidige uitdagings","authors":"Charl-Pierre Naudé","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3b6","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3b6","url":null,"abstract":"Opsomming Die mens het denke as ’n werktuig geskep om te vergoed vir die verlies van sy natuurlike instinkte en sy aard as ’n natuurlike wese. In die eerste artikel van hierdie tweeluik, “Hans Blumenberg se filosofiese antropologie”, word hierdie toedrag van sake in meer diepte bespreek. Hierdie (tweede) artikel bespreek hoedat denke om dieselfde redes evolueer as waarom dit ontstaan het. Die mens se legitimasie van homself word deur nuwe ervarings aan onstabiliteit onderwerp, en hy moet sy idees dan aanpas om weer sluiting te kry. Volgens Blumenberg is denke metaforologies en sistemies, en dit is ook die lyne waarlangs denke evolueer. Die soort denke wat my onderwerp is, is die breëbasis- maatskaplike denke wat die verloop van die geskiedenis bepaal. Daar is ook ander soorte denke, soos die estetiese, maar die metaforologiese en sistemiese is die basis van alle denke. In terugskoue het die evolusie van denke afsonderlike tydperke by die (Europese) mens opgelewer, en elke tydperk word deur ’n eie “werklikheidsbegrip” getipeer. Laasgenoemde is ’n bestaanslogika wat ’n tydperk kenmerk. Dit verskil van tydperk tot tydperk. Die Moderne Tyd en sy latere iterasie, die laatmoderne, is die mees onlangse tydperk. Die kapstok van my bespreking is die verskil tussen sekularisasie as verklaring van hoe denke evolueer (met essensie as kenmerk) en Blumenberg se eie model van funksionaliteit (met reokkupasie as kenmerk). Hierdie onderskeid het groot implikasies vir enige begrip van die geskiedenis en vir menslike selfverklaring. Blumenberg se fokus is op die Europees gelewerde moderniteit, maar kennis hiervan bied histories-strukturele aanwysers vir ontologieë wat die Europese slegs aansny of deels daarbuite val, en nog op soek is na hulle eie makrogeskiedenis. Kennisname van die metaforologiese aard van alle kennis, die diep-historiese oorlewerings wat sistemies daarin vaardig is, en hoe reokkupasie eerder as essensie die basis van alle kennis is, kan sulke maatskaplike ontologieë met hulle samestellingspogings en selfverklarings begelei. Die doel van hierdie artikel – as my eie ekstrapolasie op Blumenberg – is om ’n milieu aan te bied wat ’n bydrae ter vergelyking vir alternatiewe moderniteitstudies kan bied, hoewel laasgenoemde self nie die onderwerp van hierdie artikel is nie. Blumenberg skets die mens as ’n behoudende wese wat die oorlewing van die spesie eerste stel. Hierdie aspek kan oorlewing egter strem as ontologieë wyd uiteenlopende bestaanlogikas het maar dieselfde samelewing of streek deel. Die artikel betoog dat die verrekening van die aard van alle kennis en die evolusie van kennis – strukture wat gemeenskaplik aan alle ontologieë is – die mens met sy eerste doel, gemeenskaplike oorlewing, kan help. Terwyl dit gemeenskaplike oorlewing eerste plaas, kan dit veelvuldige selfverklarings wat naas mekaar en interagerend bestaan, ook moontlik maak. Trefwoorde: Aristoteles; Augustinus; Hans Blumenberg; Giordano Bruno; Darwinisme; Epikurus; eskatologie; ","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"115 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-10-27","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139312779","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
’n Verkennende studie vir die implementering van ’n nagraadse diploma in taalonderwys by ’n Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstelling 在南非高等教育机构实施语言教育研究生文凭的探索性研究
LitNet Akademies Pub Date : 2023-10-27 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3d2
Annelise de Vries, Nicholas De Jager, DJ Cloete, Monique Alberts, K. Brits
{"title":"’n Verkennende studie vir die implementering van ’n nagraadse diploma in taalonderwys by ’n Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstelling","authors":"Annelise de Vries, Nicholas De Jager, DJ Cloete, Monique Alberts, K. Brits","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3d2","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3d2","url":null,"abstract":"Opsomming Hierdie verkennende studie bied ’n omvattende oorsig van ’n akademiese oeuvre toegespits op die nagraadse opleiding van taalonderwysers, en die voortdurende praktiese en teoretiese vraagstukke wat met hierdie veld verband hou in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyskonteks. Vir die doeleindes van hierdie artikel word daar spesifiek gefokus op die noodsaak vir verdere opleiding in taalonderrig; die beste praktyke oftewel modelle vir taalonderrig; die fasilitering van taalaanleer en -verwerwing oor die kurrikulumraamwerk heen; meertaligheid en diversiteit in die plaaslike taalonderrigkonteks; die gebruik van inligtingstegnologie (IT) in taalonderrig; en laastens die beste praktyke vir assessering van, vir en as leer binne die bestek van die veld. Daar word ’n onderskeid getref tussen die onderrig van ’n eerste taal en ’n addisionele taal, waar daar telkens verwys gaan word na hoofsaaklik Afrikaans, Engels en Sepedi. Op hul beurt kan hierdie fasette van ondersoek ‒ en enige bevindinge wat daaruit voortvloei ‒ hulself leen tot die ontwikkeling van ’n haalbare, betekenisvolle en lewensvatbare program genaamd Nagraadse Diploma (NGDip) in Taalonderwys, met ’n beoogde implementeringsdatum van 2024 by ’n privaat hoëronderwysinstelling, gebaseer in Pretoria. Voortspruitend uit hierdie begrondingsdokument is ’n volwaardige empiriese studie, ’n vraelys vir kwantitatiewe data-ontleding, sowel as ander navorsingsverslae wat die uiteindelike implementering van die program voorloop. Trefwoorde: assessering; hoër onderwys; inligtingstegnologie; meertaligheid; taalonderwysersopleiding; taalonderrig; taalaanleer en -verwerwing","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"110 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-10-27","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139313021","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Wat behels ’n lewenslange vonnis? ’n Uiteensetting van die paroolproses in Suid-Afrika, asook moontlike remedies vir misdaadslagoffers wat by dié proses uitgesluit word 无期徒刑包括什么?阐述南非的假释程序,以及被这些程序排除在外的犯罪受害人可能获得的补救。
LitNet Akademies Pub Date : 2023-10-27 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3e1
Natasha Venter
{"title":"Wat behels ’n lewenslange vonnis? ’n Uiteensetting van die paroolproses in Suid-Afrika, asook moontlike remedies vir misdaadslagoffers wat by dié proses uitgesluit word","authors":"Natasha Venter","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3e1","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3e1","url":null,"abstract":"Opsomming Parool en die paroolproses, asook die konsep van lewenslange gevangenisstraf, is dikwels verwarrend vir die algemene publiek. Onlangse mediaberigte oor slagoffers wat beweer dat hulle nie by die paroolproses betrek is nie, noodsaak ’n verduideliking van die regte van slagoffers van misdade (of hul naasbestaandes) ten opsigte van hierdie proses. Die bydrae ondersoek ook moontlike remedies wat sulke persone kan inspan indien hul reg om deel te neem aan die paroolproses verontagsaam is. Hierdie remedies sluit in ’n aansoek ten opsigte van die reg op toegang tot inligting, asook die tersydestelling van ’n besluit jeens parool op grond van ’n bewering van arbitrêre administratiewe optrede. Die bydrae oorweeg en analiseer verskeie relevante hofuitsprake, asook die toepaslike wetgewing om die betreklik ingewikkelde konsep van parool op ’n logiese en eenvoudige wyse te verduidelik. Trefwoorde: Departement van Korrektiewe Dienste; gemeenskapskorreksies; korreksies; Korrektiewe Dienste; lewenslange gevangenisstraf; Minister van Korrektiewe Dienste; parool; paroolraad; straf; vonnis","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"37 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-10-27","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139312924","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
“Iets hieroor het ons ongemaklik gestem”: die verband tussen “ontlaering” en die kolonialeske in onlangse Afrikaanse taal- en letterkundige diskoerse "这让我们感到不安":"通货紧缩 "与近期非洲语言和文学话语中的殖民主义之间的联系
LitNet Akademies Pub Date : 2023-10-18 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3b5
L. Staphorst
{"title":"“Iets hieroor het ons ongemaklik gestem”: die verband tussen “ontlaering” en die kolonialeske in onlangse Afrikaanse taal- en letterkundige diskoerse","authors":"L. Staphorst","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3b5","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3b5","url":null,"abstract":"Opsomming Die artikel ondersoek krities die artikulering van ’n begeerte na progressiewe verandering in die Afrikaanse taal- en letterkunde deur opkomende akademici. Twee sleutelontwikkelings het die afgelope paar jaar om so ’n begeerte vorm aangeneem, naamlik die Ontlaering-projek, wat op verskeie kongresse en spesiale uitgawes van vaktydskrifte uitgeloop het, en die Sitkamer-podsending, wat as ’n informele gespreksruimte oor Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde dien. Die begrip kolonialeske word as kritiese leesbril ingespan. Kolonialeske verwys na ’n diskursiewe verskynsel waar akademici sonder historiese begronding in ’n vakgebied eksplisiet progressiewe ideale deur hulle intellektuele werk nastreef – en as gevolg van die gebrek aan kundigheid tot hoogs foutiewe gevolgtrekkings kom. Die verhouding tussen akademikus en die navorsingstradisie verteenwoordig gevolglik ’n vorm van kolonialisme. Deur te fokus op diskoerse wat deur lede van die Ontlaering-projek en die Sitkamer-podsending – waarvan die meerderheid lede by beide betrokke is – aangedryf word wys die artikel op die problematiek van opkomende Afrikaanse akademici wanneer hulle hulself aan kolonialeske kennisvorming, identiteitsvorming en netwerkvorming skuldig maak. Die artikel lewer sodoende ’n betoog vir ’n histories begronde, kritiese en nederige navorsingskultuur – waarsonder geen progressiewe transformasie bewerkstellig sal word nie. Trefwoorde: Afrikaans; akademiese diskoers; kolonialeske; ontlaering; ontlaering-projek; openbare intellektueel; pedagogie; Sitkamer-podsending; taalpolitiek; transformasie","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"58 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-10-18","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139317209","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Die kuns van die onvoltooide: die verwerking van trauma in die poësie 未完成的艺术:在诗歌中处理创伤
LitNet Akademies Pub Date : 2023-10-04 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3c1
H. du Plooy
{"title":"Die kuns van die onvoltooide: die verwerking van trauma in die poësie","authors":"H. du Plooy","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3c1","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3c1","url":null,"abstract":"Opsomming Hierdie artikel handel oor die verwerking van trauma soos dit in die poësie tot vergestalting kom. ’n Oorsigtelike bespreking van navorsing oor die verhouding tussen trauma en skryf word gevolg deur uitsprake oor die rol en funksie van die poësie in die verwerking van trauma soos deur digters gesien. Daarna word voorbeelde van die weergawe van trauma in gedigte van geselekteerde Afrikaanse digters bespreek. Afgesien van die digters na wie daar slegs verwys word, word daar meer indringend na die gedigte oor trauma by Sheila Cussons, Joan Hambidge en T.T. Cloete gekyk. Die artikel is ’n poging om voorlopige merkers te vind van hoe die digters te werk gaan om traumatiese ervaring deur middel van die poësie te versag of te verwerk of ten minste daaroor te besin. Trefwoorde: Afrikaanse poësie; TT Cloete; Sheila Cussons; inperking; Joan Hambidge; persoonlike trauma; kollektiewe trauma; trauma; verwerking van die Covid-pandemie","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"8 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-10-04","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139323665","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Dimensies en doelwitte van Rusland se nuwe betrokkenheid in Afrika 俄罗斯参与非洲事务的规模和目标
LitNet Akademies Pub Date : 2023-10-04 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3b4
Fanie Herman
{"title":"Dimensies en doelwitte van Rusland se nuwe betrokkenheid in Afrika","authors":"Fanie Herman","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3b4","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3b4","url":null,"abstract":"Opsomming Rusland se betrokkenheid op die Afrika-kontinent het in die laaste dekade geweldig toegeneem. Die geskarrel spruit voort uit die land se strewe om ’n teenwoordigheid saam met Amerika, China en Indië op die kontinent te handhaaf. Rusland beskik egter nie oor die vorme van diplomatieke invloed om op gelyke voet met dié moondhede mee te ding nie. Die land se plaaslike politieke stelsel plaas beperkinge op die mag wat in Afrika aangewend word. Dit bring ons by die navorsingsvraag: Watter vorme van diplomasie of invloed gebruik Rusland om die guns van Afrikalande te wen? Die vraag word beantwoord aan die hand van ’n alternatiewe raamwerk wat deur Russiese skrywers voorgestel is om verhoudinge met Afrikalande te bepaal. Die hoofuitgangspunt is dat die raamwerk as alternatief dien vir die Weste se invloed in Afrika. Op dié vroeë stadium kan vermeld word dat die Weste demokrasie en goeie regering in Afrika bevorder, terwyl Rusland fokus op die sluit van vennootskappe met outokratiese regerings, die verkoop van wapens en die aanbied van veiligheidsdienste. Die raamwerk is gebou op politieke, ekonomiese en militêre dimensies van invloed en vorm ook die basis van die land se buitelandse beleid in Afrika. Die eerste deel van die artikel ondersoek dié dimensies. Verder is daar vyf doelwitte wat die dimensies onderskryf. Dit is om Afrika as ’n middel te gebruik om internasionale mag uit te brei; om grondstowwe en natuurlike hulpbronne te bekom; om wapens en veiligheidsdienste aan Afrika-regerings te verskaf; om te help met die voorsiening van energie en kapasiteit (die bou van kernkragsentrales); en om Russiese maatskappye vir die bou van infrastruktuur te gebruik. Die instrumente wat state gebruik om invloed uit te oefen, word kortliks beskryf om dit in perspektief te stel met Rusland se dimensies van invloed in Afrika. Die tweede deel van die artikel werp lig op die praktiese waarde wat die doelwitte met die dimensies van invloed inhou. Hier word verwys na voorbeelde en na projekte wat oor die laaste aantal jare voltooi is. Die derde deel van die artikel verskaf ’n kritiese evaluasie van Rusland se buitelandse beleid in Afrika. Die laaste deel van die artikel kyk na Afrikalande se sienings oor die teenwoordigheid van Rusland op die kontinent. Afrikalande beskou Rusland as ’n natuurlike vennoot as gevolg van beide partye se ondersteuning vir ’n multipolêre wêreld, teenkanting teen Westerse imperialisme, oproepe vir die verandering van die internasionale orde en Rusland se bereidwilligheid om wapens aan Afrikalande te verskaf. Die bevindinge wys dat die voorsiening van veilgheidsdienste en die verskaffing van wapens die groot aandrywers van Rusland se betrokkenheid in Afrika is. Politieke samewerking is die sleutelbegrip om al die faktore bymekaar te bring. Kritiek is dat Rusland vennootskappe met outokratiese leiers sluit om strategiese invloed te verkry en die leiers onwettig aan bewind hou. Trefwoorde: Afrika se perspektiewe oor Rusland; buiteland","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"172 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-10-04","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139323637","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
0
×
引用
GB/T 7714-2015
复制
MLA
复制
APA
复制
导出至
BibTeX EndNote RefMan NoteFirst NoteExpress
×
提示
您的信息不完整,为了账户安全,请先补充。
现在去补充
×
提示
您因"违规操作"
具体请查看互助需知
我知道了
×
提示
确定
请完成安全验证×
相关产品
×
本文献相关产品
联系我们:info@booksci.cn Book学术提供免费学术资源搜索服务,方便国内外学者检索中英文文献。致力于提供最便捷和优质的服务体验。 Copyright © 2023 布克学术 All rights reserved.
京ICP备2023020795号-1
ghs 京公网安备 11010802042870号
Book学术文献互助
Book学术文献互助群
群 号:604180095
Book学术官方微信