{"title":"Pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek vir Afrikaanstweedetaalverwerwing (deel 1)","authors":"Kanja van der Merwe, Elbie Adendorff","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3d4","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Opsomming Hierdie artikel is die eerste van twee artikels wat verslag doen van ’n studie uit die eerste outeur se meestersverhandeling1 in Vertaling. In die eerste artikel word pedagogiese tolking as ’n taalonderrigtegniek bespreek terwyl die tweede artikel oor pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak uitbrei. Daar is ’n behoefte aan ’n kommunikatiewe onderrigtegniek wat verhoogde kommunikatiewe vaardighede in Afrikaans sal kweek omdat Afrikaanstweedetaalstudente in ons ervaring nie die taal na behore vaardig is nie. Die studie ondersoek die werkbaarheid van pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek vir die doel van interaksie. Die tegniek word in ’n taakgebaseerde raamwerk in studente van die Universiteit Stellenbosch (US) se Afrikaanse Taalverwerwing-klaskamers geïmplementeer. Die navorsing berus op die vraag of pedagogiese tolking waarde en uitdagings al dan nie vir Afrikaanstweedetaalverwerwing inhou. Tolking as interaksie (Wadensjö 1998) en pedagogiese tolking as onderrigtegniek (Van der Merwe 2019) dien as die teoretiese raamwerke. Pedagogiese tolking het betrekking op sigtolking en skakeltolking, wat as bruikbaar vir die studie geag is. Daar is ook gekyk na die raamwerk van tolking as interaksie in Tolkwetenskap. Die navorsingsontwerp vir die empiriese ondersoek is deelnemende aksienavorsing met ’n gevallestudiekomponent. ’n Gemengde navorsingsmetode is gebruik. Drie taakgebaseerde tutoriale met ’n voortaak, hooftaak en nataak is ontwerp en met 21 Afrikaanse Taalverwerwing-studente aan die Universiteit Stellenbosch uitgevoer. Deelnemerwaarneming is gebruik om te bepaal tot watter mate die deelnemers hul rolle in die hooftaak suksesvol vervul (gegewe die moeilike aard van tolking), en vraelyste is gebruik om die deelnemers se perspektief op pedagogiese tolking as onderrigtegniek te bepaal. In die voortaakfase het die deelnemers ’n breinkaart gemaak en onderskrifte met behulp van pedagogiese sigtolking getolk, en ’n video-onderhoud gekyk wat uitbeeld hoe skakeltolking werk. Die hooftaak het die vorm van pedagogiese skakeltolking met rolspel aangeneem waar elke student ’n beurt gekry het om die rol van ’n Engelse karakter en die rol van die tweetalige studentetolk te vervul. As tutor het die eerste outeur die rol van die Afrikaanse onderhoudvoerder ingeneem. Daar is bevind dat minimale uitdagings rakende afwykings van rolvervulling ontstaan, wat wel bestuur en uiteindelik uitgeskakel kan word. Verder hou pedagogiese tolking as taalonderrigtegniek waarde vir Afrikaanse begrip, woordeskat, uitspraak en selfvertroue in Afrikaanse spraakvaardighede in. Al die deelnemers het aangedui dat pedagogiese tolking ’n waardevolle, genotvolle en vernuwende onderrigtegniek vir Afrikaanstweedetaalverwerwing is. Trefwoorde: Afrikaanstweedetaalverwerwing; pedagogiese tolking; rolvervulling; sigtolking; skakeltolking","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"133 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0000,"publicationDate":"2023-10-31","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"LitNet Akademies","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3d4","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
Opsomming Hierdie artikel is die eerste van twee artikels wat verslag doen van ’n studie uit die eerste outeur se meestersverhandeling1 in Vertaling. In die eerste artikel word pedagogiese tolking as ’n taalonderrigtegniek bespreek terwyl die tweede artikel oor pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak uitbrei. Daar is ’n behoefte aan ’n kommunikatiewe onderrigtegniek wat verhoogde kommunikatiewe vaardighede in Afrikaans sal kweek omdat Afrikaanstweedetaalstudente in ons ervaring nie die taal na behore vaardig is nie. Die studie ondersoek die werkbaarheid van pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek vir die doel van interaksie. Die tegniek word in ’n taakgebaseerde raamwerk in studente van die Universiteit Stellenbosch (US) se Afrikaanse Taalverwerwing-klaskamers geïmplementeer. Die navorsing berus op die vraag of pedagogiese tolking waarde en uitdagings al dan nie vir Afrikaanstweedetaalverwerwing inhou. Tolking as interaksie (Wadensjö 1998) en pedagogiese tolking as onderrigtegniek (Van der Merwe 2019) dien as die teoretiese raamwerke. Pedagogiese tolking het betrekking op sigtolking en skakeltolking, wat as bruikbaar vir die studie geag is. Daar is ook gekyk na die raamwerk van tolking as interaksie in Tolkwetenskap. Die navorsingsontwerp vir die empiriese ondersoek is deelnemende aksienavorsing met ’n gevallestudiekomponent. ’n Gemengde navorsingsmetode is gebruik. Drie taakgebaseerde tutoriale met ’n voortaak, hooftaak en nataak is ontwerp en met 21 Afrikaanse Taalverwerwing-studente aan die Universiteit Stellenbosch uitgevoer. Deelnemerwaarneming is gebruik om te bepaal tot watter mate die deelnemers hul rolle in die hooftaak suksesvol vervul (gegewe die moeilike aard van tolking), en vraelyste is gebruik om die deelnemers se perspektief op pedagogiese tolking as onderrigtegniek te bepaal. In die voortaakfase het die deelnemers ’n breinkaart gemaak en onderskrifte met behulp van pedagogiese sigtolking getolk, en ’n video-onderhoud gekyk wat uitbeeld hoe skakeltolking werk. Die hooftaak het die vorm van pedagogiese skakeltolking met rolspel aangeneem waar elke student ’n beurt gekry het om die rol van ’n Engelse karakter en die rol van die tweetalige studentetolk te vervul. As tutor het die eerste outeur die rol van die Afrikaanse onderhoudvoerder ingeneem. Daar is bevind dat minimale uitdagings rakende afwykings van rolvervulling ontstaan, wat wel bestuur en uiteindelik uitgeskakel kan word. Verder hou pedagogiese tolking as taalonderrigtegniek waarde vir Afrikaanse begrip, woordeskat, uitspraak en selfvertroue in Afrikaanse spraakvaardighede in. Al die deelnemers het aangedui dat pedagogiese tolking ’n waardevolle, genotvolle en vernuwende onderrigtegniek vir Afrikaanstweedetaalverwerwing is. Trefwoorde: Afrikaanstweedetaalverwerwing; pedagogiese tolking; rolvervulling; sigtolking; skakeltolking
摘要 本文是两篇文章中的第一篇,报告了第一作者翻译硕士论文1 中的一项研究。第一篇文章讨论了作为语言教学技术的教学口译,而第二篇文章则将教学口译扩展为一项互动任务。有必要建立一个交流教育诊所,以培养更多的南非荷兰语交流技能,因为根据我们的经验,南非荷兰语学生的语言能力并不强。这项研究强调了教学方法的作用,并将其作为互动的基础。该研究以斯泰伦博斯大学(美国)非洲语言教学团队的学生为研究对象。这项研究的目的在于帮助学生了解教学方法和教学方式对非洲语言学习的影响。口译作为一种教学技巧(Wadensjö,1998 年)和教学口译作为一种教学技巧(Van der Merwe,2019 年)就是这些理论框架。教学口译涉及 sigtolking 和 skakeltolking,已被确定为对该研究有用。此外,《口译知识》中的口译互动框架也在该书中进行了研究。Die navorsingsontwerp vir die empiriese ondersoek is deelnemende aksienavorsing met 'een gevallestudiekomponent.采用了混合探究法。设计了三个基于任务的教程,包括前置任务、主要任务和后置任务,并对斯泰伦博斯大学的 21 名非洲语言习得专业的学生进行了培训。通过对参与者的观察,确定参与者在多大程度上成功完成了主要任务(考虑到口译的难度),并通过提问确定参与者对教学口译作为一种教学技巧的看法。在任务前阶段,学员们绘制了脑图,使用教学口译对文本进行了解读,并观看了描述切换口译工作原理的视频教程。在任务前阶段,学员们绘制了脑图,利用教学口译对文本进行了解读,并观看了描述如何进行切换口译的视频教程。作为辅导员,第一位外教扮演了非洲仆人的角色。结果发现,在履行角色时会出现极小的挑战性偏差,而这些偏差是可以控制并最终消除的。此外,教学口译作为一种语言教学技巧,对非洲人的理解、词汇、发音和非洲人语言技能的自信心都有价值。所有参与者都表示,教学口译是一种有价值、令人愉快和有益的非洲语言学习教学技巧。关键词非洲语;教学口译;角色实现;sigtolking;skakeltolking