LitNet AkademiesPub Date : 2023-11-30DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3g3
L. Kruger
{"title":"Vraagtekengebruik in gebruikerskommentaar op Afrikaanse webtuistes: ’n korpuslinguistiese studie","authors":"L. Kruger","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3g3","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3g3","url":null,"abstract":"Opsomming Tydens rekenaarondersteunde kommunikasie (ROK) kan daar ’n behoefte wees om sekere paralinguistiese betekenisse uit te druk, aangesien deelnemers mekaar nie kan sien of hoor nie. Leestekens soos die vraagteken word byvoorbeeld gebruik om buitetalige elemente soos intonasie uit te druk. In gevalle waar die bestaande of standaardleestekengebruik egter nie vir internetgebruikers voldoende is om hulself mee uit te druk nie, kan leestekens op ongewone wyses gebruik word. Heelwat van die bestaande Afrikaanse literatuur oor leestekengebruik in ROK handel oor ROK wat werklike gespreksituasies, soos SMS-gesprekke, naboots. Daar is egter vorme van ROK, soos gebruikerskommentaar, wat vanweë die doel van en platform waarop die kommunikasie plaasvind, heelwat van die bestudeerde ROK-kontekste verskil. Die doel van hierdie artikel is om die gebruik van die vraagteken in gebruikerskommentaar op Afrikaanse webtuistes te beskryf. Hierdie gebruik word vergelyk met die standaardvraagtekengebruik in Afrikaans, asook met bestaande literatuur oor leestekengebruik in ROK. Aanvullend tot die literatuurstudie word ’n korpusondersoek oor die gebruik van vraagtekens in die NWU-Kommentaarkorpus gedoen. Daar word getoon dat vraagtekens in gebruikerskommentaar meestal op die standaardwyse gebruik word. Dit word egter ook op ander wyses gebruik, wat ooreenstem met bestaande literatuur oor leestekengebruik in ROK. Die soorte vraagtekengebruik wat in die literatuur oor gespreksgebaseerde ROK, soos SMS-taal, voorgekom het, het ook in die gebruikerskommentaar in die steekproef voorgekom. Die gebruik van vraagtekens en ander leestekens om elemente soos intonasie, luidheid, tempo en pouses aan te dui, dui daarop dat daar by informele geskrewe internettaal ’n behoefte is om paralinguistiese tekens te gebruik. Verder dui dit daarop dat hierdie behoefte in Afrikaanse gebruikerskommentaar, net soos in ander vorme van ROK, op allerlei skeppende wyses deur leestekens bevredig word. Trefwoorde: gebruikerskommentaar; internettaal; kommentaarkorpus; korpuslinguistiek; leestekens; rekenaarondersteunde kommunikasie; ROK; toevloeiing; vraagteken","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"390 ","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-30","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139203210","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
LitNet AkademiesPub Date : 2023-11-30DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3e3
Rinda Botha
{"title":"Suid-Afrikaanse ouers se dilemma: Is die muis nou baas? Die soeke na groter sekerheid oor lyfstraf tuis","authors":"Rinda Botha","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3e3","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3e3","url":null,"abstract":"Opsomming Die uitoefening van ouerlike tug deur middel van lyfstraf is tans ongrondwetlik ná die Konstitusionele Hof-uitspraak in Freedom of Religion South Africa v Minister of Justice and Constitutional Development 2020 1 SA 1 (KH) (hierna FOR SA). Die ongrondwetlikheidsverklaring kom te midde van ’n krisis oor geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika en is in daardie opsig begryplik. Nogtans val dit ook saam met ’n drastiese agteruitgang in kinderdissipline en -gedrag en onrusbarende jeugmisdaadsyfers. Boonop het die hof etlike vrae onbeantwoord gelaat en die saak aan die parlement oorgelaat om op ’n reguleringsraamwerk te besluit. Dít het ouers wat tot dusver redelike en matige lyfstraf tuis toegepas het, in onsekerheid gedompel. Hierdie artikel ondersoek die daarstel van ’n reguleringsraamwerk wat ’n balans tref tussen geweldsvergrype en redelike ouertug. Dit word gedoen deur eerstens die plaaslike ontwikkelings ten opsigte van lyfstraf as vonnisopsie, in skole en in die huis in besonderhede te bestudeer. Daarna word die regstandpunt in ander, vergelykbare Afrikalande en Kanada verken. Lyfstraf tuis word tans nog in al dié lande toegelaat. Die regstandpunt in veral Botswana en Kanada is glashelder ten gunste van redelike en matige lyfstraf by die huis, met duidelike voorskrifte oor wat aanvaarbaar is en wat nié. Regskenners se kritiek op hoe die ongrondwetlikheidsverklaring in FOR SA plaasgevind het, is geregverdig. Om ouers te verbied om (selfs redelike en matige) lyfstraf in die huis toe te dien, maar geen duidelike riglyne te bied nie, is nie doelmatig nie. Sonder enige leiding is die aanname dat ouers wat voortgaan om (redelike en matige) lyfstraf tuis toe te dien, die gevaar loop om strafregtelik vervolg te word. FOR SA laat die deur net op ’n skrefie oop vir die geringste toediening van lyfstraf, wat as de minimis beskou kan word. Die verskil tussen wat as matige en de minimis-lyfstraf beskou word, kos egter kopkrap en moet tans op voetsoolvlak van geval tot geval bepaal word. ’n Mens kan dus groot verskille in die uitleg daarvan verwag. Die enigste oplossing vir Suid-Afrika blyk die uitvaardiging van wetgewing te wees. Duidelik geformuleerde wetgewing sal nie net behoorlike riglyne aan ouers gee nie, maar ook ’n geleentheid bied om toepaslike strafmaatreëls in te stel vir ouers wat die grense oorskry. Nietemin het die parlement vorige pogings om die Kinderwet in dié verband te wysig afgeskiet. Of Suid-Afrika dus uiteindelik wetswysigings oor lyfstraf sal sien, sal net die tyd leer. Trefwoorde: de minimis; gemeenregtelike verweer; lyfstraf tuis; ongrondwetlik; ouerlike tugtiging; redelik en matig","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"11 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-30","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139198679","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
LitNet AkademiesPub Date : 2023-11-30DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3a4
Petro Gerber, G. Steenkamp
{"title":"Onderrigtaalkeuses van Afrikaanse rekeningkundestudente: faktore, gevolge en aanbevelings","authors":"Petro Gerber, G. Steenkamp","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3a4","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3a4","url":null,"abstract":"Opsomming In Suid-Afrika is daar voortdurende debatte rondom die behoud van Afrikaans as onderrigtaal by hoëronderwysinstellings. By die Universiteit Stellenbosch (US) kan rekeningkundestudente kies om óf in Afrikaans óf in Engels onderrig te ontvang. Ná die aankondiging dat die eksterne rekeningkundige raadseksamens vanaf 2022 slegs in Engels geskryf kan word, bevraagteken Afrikaanssprekende rekeningkundestudente egter hul keuse van onderrigtaal. Die doelwit van hierdie studie is om die ervarings en menings van Afrikaanssprekende rekeningkundestudente by die US spesifiek aangaande hul onderrigtaalkeuses in te win. Huidige Afrikaanssprekende studente is uitgenooi om deel te neem aan fokusgroepbesprekings en die versamelde data is tematies ontleed. Alhoewel die meeste Afrikaanssprekende studente reeds in hul eerste jaar omskakel na Engels as onderrigtaal, is daar heelwat studente wat kies om ten minste hul eerste jaar in Afrikaans te voltooi. Byna alle studente skakel voor of tydens hul nagraadse studies om na Engels. Die deelnemers het verskeie faktore genoem wat hul onderrigtaalkeuses beïnvloed het, waarvan die belangrikste was dat die raadseksamens voortaan slegs in Engels beskikbaar is. Hul onderrigtaalkeuses het ook sekere gevolge gehad; onder andere op deelnemers se vermoë om in Afrikaans as rekenmeesters te praktiseer, op hul identiteit en kultuur, op hul funksionele veeltaligheid, asook hoe hulle met wetboeke tydens hul studies omgegaan het. Raad vir toekomstige Afrikaanssprekende studente wat besluite oor hul onderrigtaalkeuses moet neem, is aangeteken, asook aanbevelings met betrekking tot die omskakelingsproses self. Laastens het die deelnemers hul mening uitgespreek oor die behoud van Afrikaans as onderrigtaal by die US. Die bevindinge van hierdie studie kan toekomstige studente help om ingeligte besluite rakende hul onderrigtaalkeuses te neem. Verder kan dit dosente en ander belanghebbendes help wat studente in hierdie verband moet adviseer, en inligting verskaf aan die US met betrekking tot die behoud van Afrikaans as onderrigtaal vir rekeningkunde-studente. Trefwoorde: Afrikaans as onderrigtaal; Afrikaanssprekende studente; funksionele veeltaligheid; moedertaalonderrig; Rekeningkunde; Universiteit Stellenbosch","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"119 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-30","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139202292","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
LitNet AkademiesPub Date : 2023-11-29DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3a3
Anton van Wyk, Anmar Pretorius, D. Blaauw
{"title":"’n Oorsigtelike ondersoek na die oorweging en toepassing van openbare belang tydens Suid-Afrikaanse samesmeltings en oornames","authors":"Anton van Wyk, Anmar Pretorius, D. Blaauw","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3a3","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3a3","url":null,"abstract":"Opsomming Samesmeltings en oornames (S&O’s) vorm ’n onlosmaaklike deel van die internasionale ekonomiese en ondernemingslandskap. Die nuutste hoëprofieltransaksie in Suid-Afrika is op 9 Maart 2023 aangekondig toe die Mededingingstribunaal die verkryging van Distell deur Heineken goedgekeur het met verskeie voorwaardes (openbarebelang-oorwegings oftewel OBO’s) aan die transaksie gekoppel. Alhoewel die Suid-Afrikaanse Mededingingswet (Wet 89 van 1998) duidelik uitspel watter faktore betreffende openbare belang as deel van die proses oorweeg moet word, is daar geen riglyne of standaarde wat aandui watter faktore in elke spesifieke geval oorweeg moet word nie. Hierdie artikel evalueer gevolglik vorige besluite (2010 tot 2019) aangaande openbare belang in ’n poging om spesifieke tendense te identifiseer en te bepaal watter faktore moontlik die finale besluite beïnvloed. ’n Unieke databasis is deur die outeurs saamgestel om as basis vir die ontledings te dien. Die ontleding is gebaseer op 221 samesmeltings met OBO’s as ’n voorwaarde. Die resultate van die ontleding toon dat gemiddeld sewe uit elke 100 samesmeltings in Suid-Afrika van 2010 tot 2019 aan die een of ander OBO moes voldoen. Internasionale samesmeltings was gedurende dié tydperk oor die algemeen aansienlik meer onderhewig aan OBO’s as hul plaaslike eweknieë. Die vereiste wat bykans deurgaans gestel is, is indiensname. Meer as 80% van die samesmeltings was onderhewig aan indiensnamevereistes. Die aantal samesmeltings met vereistes betreffende swart ekonomiese bemagtiging (SEB), industriële bevordering, indiensneming en ontwikkelingsfondse het oor die algemeen ook toegeneem. Die aantal en omvang van voorwaardes tot internasionale S&O-transaksies het binne drie jaar aansienlik uitgebrei. Dit sluit voorwaardes oor ’n breër aantal sosio-ekonomiese terreine in. Die vraag is egter of dit terreine van die samelewing is waar mededingingsowerhede op so ’n direkte wyse betrokke moet wees. Professor Duncan Reekie (1999) het reeds in 1999 ’n ekonomiese oorsig en evaluering van die nuwe Mededingingswet gepubliseer waarin hy gewaarsku het dat die insluiting van die openbarebelang-klousule tot subjektiewe en buigsame interpretasies kan lei (Reekie 1999). Plaaslike en internasionale ondernemings mag huiwerig wees om samesmeltings te oorweeg weens die onsekere toepassing van die openbarebelang-vereistes. Mededingingsbeleid is dus nie noodwendig die beste opsie om Suid-Afrika se verskeie sosio-ekonomiese probleme aan te spreek nie. Trefwoorde: mededingingsbeleid; nie-mededingingsdoelwitte; openbare belang; samesmeltings","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"24 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-29","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139209511","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
LitNet AkademiesPub Date : 2023-11-29DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3g2
Danie Stander
{"title":"\"[L]aat my so hard skel tot die valse vrou\": Voorstellings van vroulikheid in Anna Neethling-Pohl se Afrikaanse vertalings van William Shakespeare se Julius Caesar en Antony and Cleopatra","authors":"Danie Stander","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3g2","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3g2","url":null,"abstract":"Opsomming In die tydperk 1964–1969 vertaal die aktrise en regisseuse Anna Neethling-Pohl (1906–1992) William Shakespeare (1564–1616) se treurspele Julius Caesar en Antony and Cleopatra in Afrikaans. Neethling-Pohl is die tweede produktiefste Afrikaanse Shakespeare-vertaler, hoewel dié feit nog nie opgeteken is of noemenswaardige akademiese aandag gekry het nie. Haar erflating as aktrise, regisseuse, vervaardiger, omroeper en taalstryder is deeglik geboekstaaf, maar haar bydrae tot die kanon van Afrikaanse dramavertalings, veral met betrekking tot Shakespeare-vertalings, is tot nog toe skraps bespreek. Hierdie artikel se oogmerk is tweërlei: In die eerste plek word Neethling-Pohl gehuldig vir haar uitbreiding van die register van Afrikaanse drama- vertalings (veral van Shakespeare se werk). Deur haar op hierdie manier te vereer, word die aandag gevestig op die onderbesproke onderwerp van middel- tot laat-twintigste-eeuse Afrikaanse vrouevertalers van dramas. Neethling-Pohl word as ’n voorloper op hierdie gebied gekanoniseer. Tweedens word haar Afrikaanse vertalings van Julius Caesar en Antony and Cleopatra bespreek as gendergevoelig van aard. Hierdie ondersoek werp lig op die vertaalstrategieë wat Neethling-Pohl aanwend om die geslagsgebaseerde magsverhoudinge in hierdie twee dramas toe te lig. Daar word veral gekonsentreer op die wyses waarop idiome, verkleinwoorde, skelname, idiolek en geslagsvoornaamwoorde uit die bronteks in die doeltaal omvorm word ten einde die bronteks se genderbegronde temas in die doelteks te verhelder. Daar word in twee opsigte van ’n feministiese benadering tot vertaalstudies gebruik gemaak: Neethling-Pohl word in die besonder as ’n baanbrekende Afrikaanse vrouevertaler bespreek, met inagneming van haar geboekstaafde menings oor geslagsrolverdeling binne die Afrikanernasionalistiese milieu waarin sy haarself bevind het. Daarby word die insigte wat haar vertalings van hierdie dramas deur ’n internasionaal gevierde dramaturg soos Shakespeare oplewer, in verband gebring met die voorstelling van (Suid-)Afrikaanse vroue in ’n (middel-twintigste-eeuse) tydsgewrig, toe die feminisme nog nie soveel aandag getrek het as wat tans die geval is nie. Trefwoorde: Afrikaanse Shakespeare-vertalings; Afrikaanse vrouevertalers van dramas; Anna Neethling-Pohl; feministiese vertaalstudie; (Suid-)Afrikaanse teatervertaling; William Shakespeare","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"1 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-29","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139210828","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
LitNet AkademiesPub Date : 2023-11-28DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3b11
Anneen Church, Angeliqué van Niekerk
{"title":"’n Korpusgebaseerde ondersoek na kohesieskakels as kenmerkende eienskap van outeurstyl van Dana Snyman en André le Roux","authors":"Anneen Church, Angeliqué van Niekerk","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3b11","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3b11","url":null,"abstract":"Opsomming Skrywers laat ’n spoor van hul outeurskap agter wanneer hulle ’n teks skryf, aangesien elke persoon ’n voorkeur vir sekere linguistiese items het (Louwerse 2004:207). Die identifisering van die skrywer van ’n spesifieke teks val onder die studieveld van outeurskapidentifikasie. Joula (2008:249–51) stel aspekte binne outeurskapstudies voor waaroor daar nog sekerheid verkry moet word. Hierdie aspekte hou grootliks verband met die kies van gepaste metodologiese benaderings. In hierdie verkennende ondersoek word hoofsaaklik nagevors tot watter mate die gebruik van kohesieskakels in ’n teks (of tekste) ’n aanduider van outeurskap kan wees en hoe dit gemeet kan word. Die vyf tipes kohesieskakels soos deur onder andere Halliday en Hasan (1976) uiteengesit, is as moontlike tekens van outeurstyl ondersoek. Hierdie vyf tipes is verwysing, plaasvervanging (ook bekend as substitusie), ellips, verbandsmerkers (ook bekend as konjunksie) en leksikale kohesie. As addisionele aspek van die navorsing is die voorkoms van kohesieskakels in twee tekstipes (en nie net die tekste van die onderskeie skrywers nie) ook beskryf. ’n Korpusgebaseerde benadering is gevolg in ’n ondersoek na die voorkoms van kohesieskakels in gekose rubrieke en kortverhale van twee populêre Afrikaanse skrywers, naamlik André le Roux en Dana Snyman. Die data-ontledingsproses bestaan uit verskeie fases, naamlik etikettering van kohesief-verwante items, sortering van etikette met die hulp van rekenaarsagteware (Oxford WordSmith Tools), klassifikasie van etikette (vir tipes kohesieskakels) en statistiese ontleding van die voorkoms van die kohesieskakels. Op grond van die literatuurstudie, data-ontleding en statistiese ontledingresultate is die aard van kohesieskakels as element van variasie tussen skrywers se skryfstyl bespreek. Die ontleding ondersteun die vermoede dat daar wel variasie is in die manier waarop die onderskeie skrywers kohesieskakels gebruik, maar dat die mees betroubare manier om ’n persoonlike styl te identifiseer, steeds onduidelik is. Trefwoorde: idiolek; kohesie; kortverhaal; outeurstyl; rekenaargesteunde outeurskap-identifikasie; rubriek","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"29 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-28","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139216596","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
LitNet AkademiesPub Date : 2023-11-28DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3c4
Elsabé Kloppers
{"title":"Al is my stem gebroke, my asem sonder krag ... Geleefde religie en die werking van die kerklied","authors":"Elsabé Kloppers","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3c4","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3c4","url":null,"abstract":"Opsomming Die krag van kuns, musiek, ontmoetings, religieuse ervarings en spesifiek mense se belewenis van die kerklied in godsdiens wat geleef word (“geleefde religie”), word in hierdie artikel bespreek en verbind met die moontlikheid vir die sangers van ’n lied om daardeur troos en heling te ervaar. Die teoretiese vertrekpunt is die studie van geleefde religie in die vakgebied van die Praktiese Teologie, vanuit ’n estetiese benadering gerig op die kunste. Teologiebeoefening as kuns word ook prakties geïllustreer. ’n Kerklied van die Nederlandse lieddigter Sytze de Vries (gebore 1945), “Zolang wij ademhalen”, word bespreek, met verwysing na die teks, melodie, die woord-toonverhouding, die ontstaansgeskiedenis van die teks, die keuse vir die melodie, agtergrond oor die lieddigter en aspekte van die resepsie van die lied. Die himnologiese gegewens word in narratiewe vorm verweef met ervarings in ’n outobiografiese verhaal: ’n essay of ’n voordrag wat bedoel was om in persoon tydens die 75ste verjaardagviering van die digter gelewer te word. Die fokus is die belewenis van die lied, die verband met religieuse ervaring, die interpretasie van die ervarings en betekenisgewing deur die outeur in ’n bepaalde konteks van verlies tydens die Covid-pandemie – dus geleefde religie. Inleidend word die vakwetenskaplike uitgangspunte aangebied, gevolg deur die essay waarin die himnologiese bespreking geïntegreer is. Eindnotas en verwysings begrond en ondersteun aspekte van die verhaal teologies en himnologies. Aspekte vanuit die musiekpsigologie kom ook ter sprake. Die gevolgtrekking is dat sang in gemeenskap met ander ’n wesenlike rol in mense se lewens kan speel en dat ’n kerklied, verweef met iemand se lewenservaring of kontekstuele situasie, die krag het om troos, hoop en heling te bied. Dit kan mense transformeer en bevry. In verdere ondersoek kan die verhaal in ’n hermeneutiese proses met ander verhale of gevallestudies in verband gebring en geïnterpreteer word om tot verdere gevolgtrekkings rakende geleefde religie, geleefde teologie en die werking van die kerklied te kom. Trefwoorde: asem; belewenis; Covid; ervaring; estetiese benadering; geleefde religie; geloofsliedere; gemeenskap; heling; hermeneutiese interpretasie; hoop; kerklied; kuns; liedtekste; melodie; musiek; narratief; ontstaansgeskiedenis; resepsie; resonans; troos; verhale; vertaling; weerklank; woord-toonverhouding","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"14 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-28","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139217010","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
LitNet AkademiesPub Date : 2023-11-28DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3a2
E. Myburgh, E. D. du Plessis, R. van der Vyver
{"title":"Die kreatiewe aanbieding van kultuurelemente binne Afrikanerbesienswaardighede","authors":"E. Myburgh, E. D. du Plessis, R. van der Vyver","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3a2","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3a2","url":null,"abstract":"Opsomming ’n Afrikanerkultuur-besienswaardigheid is ’n besienswaardigheid vir toeriste waar Afrikanerkultuurelemente rondom ’n spesifieke tema aangebied word en die nodige fasiliteite en dienste vir die toeris beskikbaar is. Voorbeelde van Afrikanerbesienswaardighede is die Kasteel de Goede Hoop, Hugenote-monument en -museum, Voortrekkermonument en Nasionale Vrouemonument en Oorlogsmuseum. Die studie bepaal watter kultuurelemente by ’n Afrikanerkultuur-besienswaardigheid aangebied moet word en hoe die kultuurelemente kreatief aangebied kan word. Veertien kreatiewe beginsels is in die literatuur geïdentifiseer, maar vir die doel van die studie is vyf oorkoepelende beginsels getoets, naamlik aktiewe deelname, interaksie, egtheid, ’n leerervaring en ’n politematiese benadering. Die teoretiese fondasie van hierdie studie fokus op kreatiewe kultuurtoerisme, die kreatiewe beginsels as deel van die toeris se ervaring en die ontwikkelinge en uitdagings van kreatiewe kultuurtoerisme binne Suid-Afrika. Die empiriese studie is uitgevoer deur ’n kwalitatiewe navorsingsmetode te volg. Onderhoude is gevoer met 15 nasionale en internasionale kultuurtoeriste wat al ’n Afrikanerkultuur-besienswaardigheid besoek het. Die resultate toon dat die vyf belangrikste kultuurelemente1 wat by Afrikanerbesienswaardighede aangebied moet word, in volgorde van belangrikheid, geskiedenis, taal, musiek en dans, kos en tradisionele leefwyse is. Dit blyk dat toeriste kultuurelemente deur middel van veral aktiewe deelname, interaksie en ’n politematiese benadering wil ervaar. Verskeie belangrike aanbevelings word gemaak insluitend die ontwikkeling van ’n restaurant, die inkorporering van tegnologie, storievertelling en die belangrikheid van opleiding en navorsing om die egtheid van die Afrikanerkultuur by besienswaardighede oor te dra. Die navorsing het verskeie bydraes met betrekking tot die literatuur en vir die toerismebedryf. Kreatiewe toerisme kan gebruik word by Afrikanerbesienswaardighede asook ander kultuurtoerismebesienswaardighede om die ervaring te verbeter en die kultuurtoerismemark te vergroot. Trefwoorde: Afrikanerkultuur; ervarings; kreatiewe kultuurtoerisme; kultuurelemente; kultuurtoerisme; medeskepping","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"46 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-28","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139218019","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
LitNet AkademiesPub Date : 2023-11-28DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3e2
J. Scott
{"title":"Vonnisbespreking: Die jongste “gly-en-val” uitspraak teen ’n winkeleienaar: ’n ontkenning van die Chartaprops-verweer?","authors":"J. Scott","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3e2","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3e2","url":null,"abstract":"Abstract The most recent “slip-and-trip” judgment against a shop owner: A denial of the Chartaprops defence? In 1991, in Langley Fox Building Partnership (Pty) Ltd v De Valence, the Supreme Court of Appeal held that the employer of an independent contractor is not liable for the delicts of the employees of the latter, unless the conduct of the employer or his or her employees had also conformed to the requirements for delictual liability. Notwithstanding, courts have since then not always followed that important judgment, particularly in claims arising from injuries sustained by shoppers who tripped and fell on slippery floors in shopping malls and supermarkets, where shop owners and/or managers had engaged independent cleaning firms to keep floors clean and safe (e.g. Probst v Pick ’n Pay Retailers (Pty) Ltd handed down by the full Johannesburg High Court in 1998). However, in 2009 the Supreme Court of Appeal held that it would be a valid defence for a shop or mall owner or manager to plead that an independent contractor had been appointed for floor cleaning, and that the latter would normally be delictually liable where a shopper had sustained injuries, effectively confirming Langley Fox. In the case under discussion, the plaintiff slipped and fell on a slippery patch in one aisle of the defendant’s supermarket. The court approached delictual liability by applying the res ipsa loquitur maxim on the authority of Probst. Consequently, an inference of negligence on the defendant’s part, following by applying the maxim, was established. The court ultimately decided that the defendant had failed to rebut such inference and also that no negligence had been established on the plaintiff’s part. Notwithstanding its reference to the “Chartaprops defence”, the court did not apply it properly and consequently held the defendant liable. At no point did the court enquire about the possible negligence of the independent contractor’s employees, although the facts overwhelmingly point towards such a probability. The reason for this omission is probably to be found because the court ordered the independent contractor to indemnify the defendant in terms of an indemnity clause in their cleaning service agreement. As a result, the effect of this judgment is that the pre-Chartaprops legal approach to “slip-and-trip” cases – in terms of which a shop owner could incur delictual liability for the civil wrongs of an independent contractor’s employees as if they were his employees – was reinstated. One can fully agree with the court that a reasonable person in the defendant’s position would have foreseen the type of damage that had occurred in casu, and would have taken reasonable steps to avoid such harm. However, the court’s finding that the steps taken by the defendant in appointing a cleaning service contractor had been ineffective, does not necessarily imply that those steps had been inadequate, considering the surrounding facts and circumstances. Keywords: foreseea","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"24 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-28","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139215891","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
LitNet AkademiesPub Date : 2023-11-27DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3d6
Antoinette van der Hoven, Michele F. van der Merwe
{"title":"Taakgebaseerde taalkunde-onderrig in Afrikaans Huistaal graad 4: ’n vernuwende benadering","authors":"Antoinette van der Hoven, Michele F. van der Merwe","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3d6","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3d6","url":null,"abstract":"Opsomming Dit is hierdie artikel se doel om die aard, klassifikasie, en wyse waarop take gegradeer en georden word te bespreek om ’n konseptuele raamwerk vir taakgebaseerde taalkunde-onderrig in Afrikaans Huistaal graad 4 te ontwerp. Die raamwerk sal gebruik kan word om taalkunde kommunikatief te onderrig deur op die gebruik van take staat te maak – naamlik taakgebaseerde taalkunde-onderrig. Die motivering vir hierdie raamwerk is die strewe om te verstaan hoe taakgebaseerde taalkunde-onderrig in die Afrikaans Huistaal-klaskamer kan plaasvind en tot die ontwikkeling van ’n nuwe benadering tot die onderrig van Afrikaans Huistaal in die intermediêre fase sal kan bydra. Die artikel word deur die volgende navorsingsvraag gerig: Hoe moet ’n konseptuele raamwerk vir taakgebaseerde taalkunde-onderrig in Afrikaans Huistaal graad 4 lyk? Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie wat leerders bemagtig om kennis te versamel, hulle identiteit, gevoelens en idees met ander te deel en om hulle realiteit te bestuur. Taal bemagtig sprekers om aan hulle kulturele verskille uitdrukking te gee, terwyl dit ook die ontwikkeling van sosiale verhoudings vergemaklik (Departement van Basiese Onderwys 2011:8). Die Departement van Basiese Onderwys wou met bogenoemde verklaring die weg vir leerders baan om nie net kennis te verwerf nie, maar ook die vaardighede te bemeester wat betekenis tot hulle lewens sou voeg. Ons, soos talle ander navorsers, redeneer dat die riglyne nie ten volle daarin slaag om die leemtes in taalkunde-onderrig in die graad 4 Afrikaans Huistaal-klas aan te spreek nie. Die huidige kurrikulum onderbeklemtoon inderwaarheid die onderrig van taalkunde wat uiteindelik daartoe kan lei dat taalkunde-onderrig agterweë gelaat word. Die taakgebaseerde benadering inkorporeer en akkommodeer die veelvlakkige aard van taal – diskoerse, leksis, grammatika en fonologie. Die benadering word suksesvol in die Addisionele Taal-klaskamer gebruik, maar die moontlikhede vir die implementering daarvan in die Huistaal-klaskamer is legio. Navorsers soos Bygate, Ellis en Adendorff het reeds omvangryke navorsing oor taakgebaseerde leer en onderrig in addisionele taal gedoen: hierdie navorsing, sowel as nuwe navorsing, verskaf ’n uitgebreide teoretiese basis wat as vertrekpunt vir hierdie artikel dien. Trefwoorde: aard en klassifikasie van take; Afrikaans Huistaal; graad 4; gradering en ordening van take; taakgebaseerde taalkunde-onderrig; taalstrukture en -konvensies","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"14 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-27","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139228601","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}