"[L]aat my so hard skel tot die valse vrou": Voorstellings van vroulikheid in Anna Neethling-Pohl se Afrikaanse vertalings van William Shakespeare se Julius Caesar en Antony and Cleopatra
{"title":"\"[L]aat my so hard skel tot die valse vrou\": Voorstellings van vroulikheid in Anna Neethling-Pohl se Afrikaanse vertalings van William Shakespeare se Julius Caesar en Antony and Cleopatra","authors":"Danie Stander","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3g2","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Opsomming In die tydperk 1964–1969 vertaal die aktrise en regisseuse Anna Neethling-Pohl (1906–1992) William Shakespeare (1564–1616) se treurspele Julius Caesar en Antony and Cleopatra in Afrikaans. Neethling-Pohl is die tweede produktiefste Afrikaanse Shakespeare-vertaler, hoewel dié feit nog nie opgeteken is of noemenswaardige akademiese aandag gekry het nie. Haar erflating as aktrise, regisseuse, vervaardiger, omroeper en taalstryder is deeglik geboekstaaf, maar haar bydrae tot die kanon van Afrikaanse dramavertalings, veral met betrekking tot Shakespeare-vertalings, is tot nog toe skraps bespreek. Hierdie artikel se oogmerk is tweërlei: In die eerste plek word Neethling-Pohl gehuldig vir haar uitbreiding van die register van Afrikaanse drama- vertalings (veral van Shakespeare se werk). Deur haar op hierdie manier te vereer, word die aandag gevestig op die onderbesproke onderwerp van middel- tot laat-twintigste-eeuse Afrikaanse vrouevertalers van dramas. Neethling-Pohl word as ’n voorloper op hierdie gebied gekanoniseer. Tweedens word haar Afrikaanse vertalings van Julius Caesar en Antony and Cleopatra bespreek as gendergevoelig van aard. Hierdie ondersoek werp lig op die vertaalstrategieë wat Neethling-Pohl aanwend om die geslagsgebaseerde magsverhoudinge in hierdie twee dramas toe te lig. Daar word veral gekonsentreer op die wyses waarop idiome, verkleinwoorde, skelname, idiolek en geslagsvoornaamwoorde uit die bronteks in die doeltaal omvorm word ten einde die bronteks se genderbegronde temas in die doelteks te verhelder. Daar word in twee opsigte van ’n feministiese benadering tot vertaalstudies gebruik gemaak: Neethling-Pohl word in die besonder as ’n baanbrekende Afrikaanse vrouevertaler bespreek, met inagneming van haar geboekstaafde menings oor geslagsrolverdeling binne die Afrikanernasionalistiese milieu waarin sy haarself bevind het. Daarby word die insigte wat haar vertalings van hierdie dramas deur ’n internasionaal gevierde dramaturg soos Shakespeare oplewer, in verband gebring met die voorstelling van (Suid-)Afrikaanse vroue in ’n (middel-twintigste-eeuse) tydsgewrig, toe die feminisme nog nie soveel aandag getrek het as wat tans die geval is nie. Trefwoorde: Afrikaanse Shakespeare-vertalings; Afrikaanse vrouevertalers van dramas; Anna Neethling-Pohl; feministiese vertaalstudie; (Suid-)Afrikaanse teatervertaling; William Shakespeare","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"1 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0000,"publicationDate":"2023-11-29","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"LitNet Akademies","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3g2","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
Opsomming In die tydperk 1964–1969 vertaal die aktrise en regisseuse Anna Neethling-Pohl (1906–1992) William Shakespeare (1564–1616) se treurspele Julius Caesar en Antony and Cleopatra in Afrikaans. Neethling-Pohl is die tweede produktiefste Afrikaanse Shakespeare-vertaler, hoewel dié feit nog nie opgeteken is of noemenswaardige akademiese aandag gekry het nie. Haar erflating as aktrise, regisseuse, vervaardiger, omroeper en taalstryder is deeglik geboekstaaf, maar haar bydrae tot die kanon van Afrikaanse dramavertalings, veral met betrekking tot Shakespeare-vertalings, is tot nog toe skraps bespreek. Hierdie artikel se oogmerk is tweërlei: In die eerste plek word Neethling-Pohl gehuldig vir haar uitbreiding van die register van Afrikaanse drama- vertalings (veral van Shakespeare se werk). Deur haar op hierdie manier te vereer, word die aandag gevestig op die onderbesproke onderwerp van middel- tot laat-twintigste-eeuse Afrikaanse vrouevertalers van dramas. Neethling-Pohl word as ’n voorloper op hierdie gebied gekanoniseer. Tweedens word haar Afrikaanse vertalings van Julius Caesar en Antony and Cleopatra bespreek as gendergevoelig van aard. Hierdie ondersoek werp lig op die vertaalstrategieë wat Neethling-Pohl aanwend om die geslagsgebaseerde magsverhoudinge in hierdie twee dramas toe te lig. Daar word veral gekonsentreer op die wyses waarop idiome, verkleinwoorde, skelname, idiolek en geslagsvoornaamwoorde uit die bronteks in die doeltaal omvorm word ten einde die bronteks se genderbegronde temas in die doelteks te verhelder. Daar word in twee opsigte van ’n feministiese benadering tot vertaalstudies gebruik gemaak: Neethling-Pohl word in die besonder as ’n baanbrekende Afrikaanse vrouevertaler bespreek, met inagneming van haar geboekstaafde menings oor geslagsrolverdeling binne die Afrikanernasionalistiese milieu waarin sy haarself bevind het. Daarby word die insigte wat haar vertalings van hierdie dramas deur ’n internasionaal gevierde dramaturg soos Shakespeare oplewer, in verband gebring met die voorstelling van (Suid-)Afrikaanse vroue in ’n (middel-twintigste-eeuse) tydsgewrig, toe die feminisme nog nie soveel aandag getrek het as wat tans die geval is nie. Trefwoorde: Afrikaanse Shakespeare-vertalings; Afrikaanse vrouevertalers van dramas; Anna Neethling-Pohl; feministiese vertaalstudie; (Suid-)Afrikaanse teatervertaling; William Shakespeare