{"title":"Al is my stem gebroke, my asem sonder krag ... Geleefde religie en die werking van die kerklied","authors":"Elsabé Kloppers","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3c4","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Opsomming Die krag van kuns, musiek, ontmoetings, religieuse ervarings en spesifiek mense se belewenis van die kerklied in godsdiens wat geleef word (“geleefde religie”), word in hierdie artikel bespreek en verbind met die moontlikheid vir die sangers van ’n lied om daardeur troos en heling te ervaar. Die teoretiese vertrekpunt is die studie van geleefde religie in die vakgebied van die Praktiese Teologie, vanuit ’n estetiese benadering gerig op die kunste. Teologiebeoefening as kuns word ook prakties geïllustreer. ’n Kerklied van die Nederlandse lieddigter Sytze de Vries (gebore 1945), “Zolang wij ademhalen”, word bespreek, met verwysing na die teks, melodie, die woord-toonverhouding, die ontstaansgeskiedenis van die teks, die keuse vir die melodie, agtergrond oor die lieddigter en aspekte van die resepsie van die lied. Die himnologiese gegewens word in narratiewe vorm verweef met ervarings in ’n outobiografiese verhaal: ’n essay of ’n voordrag wat bedoel was om in persoon tydens die 75ste verjaardagviering van die digter gelewer te word. Die fokus is die belewenis van die lied, die verband met religieuse ervaring, die interpretasie van die ervarings en betekenisgewing deur die outeur in ’n bepaalde konteks van verlies tydens die Covid-pandemie – dus geleefde religie. Inleidend word die vakwetenskaplike uitgangspunte aangebied, gevolg deur die essay waarin die himnologiese bespreking geïntegreer is. Eindnotas en verwysings begrond en ondersteun aspekte van die verhaal teologies en himnologies. Aspekte vanuit die musiekpsigologie kom ook ter sprake. Die gevolgtrekking is dat sang in gemeenskap met ander ’n wesenlike rol in mense se lewens kan speel en dat ’n kerklied, verweef met iemand se lewenservaring of kontekstuele situasie, die krag het om troos, hoop en heling te bied. Dit kan mense transformeer en bevry. In verdere ondersoek kan die verhaal in ’n hermeneutiese proses met ander verhale of gevallestudies in verband gebring en geïnterpreteer word om tot verdere gevolgtrekkings rakende geleefde religie, geleefde teologie en die werking van die kerklied te kom. Trefwoorde: asem; belewenis; Covid; ervaring; estetiese benadering; geleefde religie; geloofsliedere; gemeenskap; heling; hermeneutiese interpretasie; hoop; kerklied; kuns; liedtekste; melodie; musiek; narratief; ontstaansgeskiedenis; resepsie; resonans; troos; verhale; vertaling; weerklank; woord-toonverhouding","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"14 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0000,"publicationDate":"2023-11-28","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"LitNet Akademies","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3c4","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
Opsomming Die krag van kuns, musiek, ontmoetings, religieuse ervarings en spesifiek mense se belewenis van die kerklied in godsdiens wat geleef word (“geleefde religie”), word in hierdie artikel bespreek en verbind met die moontlikheid vir die sangers van ’n lied om daardeur troos en heling te ervaar. Die teoretiese vertrekpunt is die studie van geleefde religie in die vakgebied van die Praktiese Teologie, vanuit ’n estetiese benadering gerig op die kunste. Teologiebeoefening as kuns word ook prakties geïllustreer. ’n Kerklied van die Nederlandse lieddigter Sytze de Vries (gebore 1945), “Zolang wij ademhalen”, word bespreek, met verwysing na die teks, melodie, die woord-toonverhouding, die ontstaansgeskiedenis van die teks, die keuse vir die melodie, agtergrond oor die lieddigter en aspekte van die resepsie van die lied. Die himnologiese gegewens word in narratiewe vorm verweef met ervarings in ’n outobiografiese verhaal: ’n essay of ’n voordrag wat bedoel was om in persoon tydens die 75ste verjaardagviering van die digter gelewer te word. Die fokus is die belewenis van die lied, die verband met religieuse ervaring, die interpretasie van die ervarings en betekenisgewing deur die outeur in ’n bepaalde konteks van verlies tydens die Covid-pandemie – dus geleefde religie. Inleidend word die vakwetenskaplike uitgangspunte aangebied, gevolg deur die essay waarin die himnologiese bespreking geïntegreer is. Eindnotas en verwysings begrond en ondersteun aspekte van die verhaal teologies en himnologies. Aspekte vanuit die musiekpsigologie kom ook ter sprake. Die gevolgtrekking is dat sang in gemeenskap met ander ’n wesenlike rol in mense se lewens kan speel en dat ’n kerklied, verweef met iemand se lewenservaring of kontekstuele situasie, die krag het om troos, hoop en heling te bied. Dit kan mense transformeer en bevry. In verdere ondersoek kan die verhaal in ’n hermeneutiese proses met ander verhale of gevallestudies in verband gebring en geïnterpreteer word om tot verdere gevolgtrekkings rakende geleefde religie, geleefde teologie en die werking van die kerklied te kom. Trefwoorde: asem; belewenis; Covid; ervaring; estetiese benadering; geleefde religie; geloofsliedere; gemeenskap; heling; hermeneutiese interpretasie; hoop; kerklied; kuns; liedtekste; melodie; musiek; narratief; ontstaansgeskiedenis; resepsie; resonans; troos; verhale; vertaling; weerklank; woord-toonverhouding