LitNet Akademies最新文献

筛选
英文 中文
’n Ondersoek na die gebruik van voorsienbaarhede en gemengde leer in Afrikaanstaalverwerwing vir dowe taalaanleerders 关于在非洲国家的工作中如何使用语言和词汇的研究
LitNet Akademies Pub Date : 2023-11-27 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3g6
Marthie de Waal
{"title":"’n Ondersoek na die gebruik van voorsienbaarhede en gemengde leer in Afrikaanstaalverwerwing vir dowe taalaanleerders","authors":"Marthie de Waal","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3g6","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3g6","url":null,"abstract":"Opsomming Die artikel doen verslag oor ’n teoretiese verkenning oor die gebruik van voorsienbaarhede (“affordances”) binne ’n gemengdeleer- Afrikaanstaalverwerwingskursus vir dowe taalaanleerders. In die artikel word daar gepoog om ’n kursusraamwerk te ontwerp vir ’n Afrikaanse taakgebaseerde gemengdeleerprogram. Hierdie artikel lewer verslag oor navorsing wat die verband tussen voorsienbaarhede, gemengde leer en taakgebaseerde onderrig vir dowe taalaanleerders ondersoek. Die navorsingsvraag wat ek poog om in die artikel te beantwoord, is die volgende: Hoe kan die voorsienbaarheidsteorie binne kursusse vir Afrikaanstweedetaalverwerwing vir dowe taalaanleerders toegepas word? Dit word gedoen deur linguistiese, onderrig-, tegnologiese en taalvoorsienbaarhede as uitgangspunte te gebruik. Die tweede navorsingsvraag is: Hoe kan voorsienbaarhede suksesvol met gemengdeleermodelle en die taakgebaseerde benadering vir Afrikaanstweedetaalonderrig geïnkorporeer word? Gibson (1977:127) het die term voorsienbaarheid geskep en definieer dit vanuit ’n ekologiese perspektief as “what it offers the animal, what it provides or furnishes, either for good or ill”. Matei (2020:3) definieer dit as “... what the world around us ‘affords’ us to do with it […] as we live in the physical world we acquire perceptions of how to use the objects and features of that world”. Die term “voorsienbaarhede” verwys daarna dat die karaktereienskappe van ’n voorwerp inligting aan die gebruiker daarvan oordra, terwyl hierdie karaktereienskappe ook bepaal word deur die voorwerp se moontlike gebruike. In navorsing oor onderrig word die term voorsienbaarheid gebruik om te verwys na die moontlike voordele of uitkomste van ’n onderrigparadigma, ’n lesplan, ’n taak, of ’n geleentheid vir leer wat geïmplementeer word. Die studie is kwalitatief van aard en volg ’n beskrywende navorsingsmetodologie deur ’n teoretiese oorsig oor die bestaande navorsing oor die voorsienbaarheidsteorie te bied. Dit poog om voorsienbaarhede uiteen te sit ten einde ’n alomvattende beskrywing van voorsienbaarhede in Afrikaanstaalverwerwing te kry. Die gemengdeleer-kursusraamwerk word aan die hand van die teoretiese oorsig van die voorsienbaarheidsteorie ontwerp. Ek verskaf ook ’n voorbeeld van só ’n gemengdeleer-lesplan. Elkeen van die afdelings hou verband met doofheid en die moontlike belangrikheid van die voorsienbaarheidsteorie en gemengde leer vir studente met gehoorverlies. My bevinding is dat die voorsienbaarheidsteorie ’n gepaste teoretiese raamwerk vir ’n gemengdeleer- Afrikaanstaalverwerwingkursus is, aangesien dit leergeleenthede skep vir horende sowel as dowe aanleerders. Hierdie stelling word ook deur middel van my ontwerpte gemengdetaalaanleerprogram en pro forma-lesplan vir gemengdetaalaanleer ondersteun. Trefwoorde: Afrikaans taalverwerwing; doofheidstudie; gemengde leer; kurrikulumontwerp; tweede taal; voorsienbaarheidsteorie","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"277 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-27","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139229273","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Johannes Chrusostomus en die transformasie van die diskoers van voortplanting en geboorte in die vroeë Christendom 约翰-克鲁索斯托穆斯与早期基督教生育学说的转变
LitNet Akademies Pub Date : 2023-11-27 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3c3
Chris L. de Wet
{"title":"Johannes Chrusostomus en die transformasie van die diskoers van voortplanting en geboorte in die vroeë Christendom","authors":"Chris L. de Wet","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3c3","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3c3","url":null,"abstract":"Opsomming Die doel van hierdie artikel is om te ondersoek hoe die diskoers van voortplanting en geboorte in die vroeë Christelike denke getransformeer word, deur Johannes Chrusostomus (ca. 349–407 n.C.) as ’n gevallestudie te gebruik. Chrusostomus is vir hierdie studie gekies omdat hy geïdentifiseer is as een van die vroeë Christelike skrywers wat baie oor die onderwerp te sê gehad het. Michel Foucault het Chrusostomus geïdentifiseer as een wat in werklikheid ’n kuns of technê van die huwelik en seksuele verhoudings ontwikkel het. Die artikel ondersoek eerstens die klemverskuiwing van om kinders te baar (teknogonia) na die opvoeding van ’n kind (paidotrofia), wat ouerskap definieer. Dan gaan die studie voort om die transformasie van Christelike voortplanting vanuit die oogpunt van androgeneratiwiteit te beskou. Wanneer daar in hierdie artikel van androgeneratiwiteit gepraat word, verwys dit na ’n ideale wyse van reproduksie of voortplanting waar die manlike liggaam as die primêre trajek en bron dien. Drie kenmerke van androgeneratiewe voortplanting en geboorte word in Chrusostomus se denke uitgelig: a) androgeneratiewe voortplanting veronderstel totale psigiese en liggaamlike volmaaktheid; b) androgeneratiewe voortplanting skend en verander nie die liggaam nie; en c) androgeneratiwiteit ontwikkel klimakties en parallel met die Christelike heilsgeskiedenis. Die artikel toon aan dat die diskoers van voortplanting en geboorte, in Chrusostomus se denke, getransformeer is deur die vorm van androgeneratiwiteit aan te neem. Manlikheid is die kern daarvan, en beide mans en vroue kon voortplantingsagente of reproduktiewe kapitaal in hierdie nuwe raamwerk wees. Die belangrikste is om te erken dat antieke Christelike bronne soos Chrusostomus ideale voortplanting en geboorte met manlikheid geassosieer het. Trefwoorde: androgeneratiwiteit; geboorte; gender; Johannes Chrusostomus; manlikheid; Patristiek; reproduktiwiteit; voortplanting; Vroeë Christendom","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"176 11 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-27","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139232931","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Die boek Habakuk as teodisee en teologiese trauma 哈巴谷书》作为教义和教义学的创伤
LitNet Akademies Pub Date : 2023-11-24 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3c2
S. Snyman
{"title":"Die boek Habakuk as teodisee en teologiese trauma","authors":"S. Snyman","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3c2","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3c2","url":null,"abstract":"Opsomming Daar het in die onlangse verlede ’n belangstelling ontstaan in die ondersoek na die verband tussen ’n ervaring van trauma en tekste in die Ou Testament. In hierdie ondersoek word die profeet Habakuk se ervaring van trauma ondersoek. Dit is ’n veld van ondersoek wat nog braak lê. Na ’n kursoriese oorsig oor wat met die begrip trauma bedoel word ook wanneer dit in die konteks van die Ou Testament gebruik word, word die ondersoek in vier fases metodologies uitgevoer. Die boek word eerstens literêr ondersoek om die samestelling en inhoud daarvan te bepaal. Tweedens word die boek binne ’n bepaalde historiese konteks geplaas. Vir die doeleindes van die ondersoek is daar gekies vir ’n datering kort voor die optrede van die Babiloniërs teen Juda rondom 589–586 v.C. ’n Dominante tema in die boek is die teodiseevraagstuk. Gevolglik word daar ’n ondersoek gedoen na die hantering van teodisee in die boek as die derde fase van die ondersoek. In die vierde fase word ondersoek gedoen na wat genoem word Habakuk se belewing van teologiese trauma. Teologiese trauma is anders as kulturele of kollektiewe trauma en is die term wat hier gemunt is om die omstandigheid of situasie te beskryf wanneer ’n persoon of groep se ervaring van trauma nie klop met die beeld of idee wat hy/sy of hulle van God het nie. Met teologiese trauma word dus bedoel die ervaring of belewing van God se passiwiteit in ’n situasie van trauma en die gevolglike bevraagtekening van God in dié verband. Trauma word in verband gebring met God en daar ontstaan ’n spanning tussen dit wat as traumaties beleef word en God se betrokkenheid al dan nie by die trauma. Habakuk se ervaring van teologiese trauma verdiep algaande in die loop van die boek totdat dit in die laaste drie verse ontlont word wanneer die profeet se aanvanklike vrae aan JHWH verander in ’n jubelkreet ten spyte van ’n mislukte oes. Trefwoorde: geweld; Habakuk; teodisee; teologiese trauma; trauma; traumateorie","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"124 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-24","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139241750","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
’n Gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede 以使用为基础的非洲前人研究
LitNet Akademies Pub Date : 2023-11-24 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3g1
Benito Trollip
{"title":"’n Gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede","authors":"Benito Trollip","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3g1","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3g1","url":null,"abstract":"Opsomming Affiksoïede is komponente in komplekse morfologiese konstruksies wat vormlik met bestaande, onafhanklike woorde ooreenstem, maar ’n spesifieke betekenis in bepaalde konstruksies het. In die meeste gevalle hou die betekenis van affiksoïede in affiksoïedkonstruksies nie met die woordeboekbetekenis van die onafhanklike woord verband nie. Voorbeelde van affiksoïede is die prefiksoïede hond÷ en kak÷ in hond÷warm en kak÷mooi onderskeidelik en die suffiksoïed ÷bedonnerd in bybel÷bedonnerd. In die eerste voorbeeld dra hond÷ slegs die betekenis van “baie” tot die konstruksie se betekenis (“baie warm”) by – dit hou geensins met die woordeboekbetekenis van hond as “vierpotige dier” verband nie. In prefiksoïedkonstruksies is die affiksoïed dus die eerste komponent, byvoorbeeld hond÷ en kak÷ in voormelde voorbeelde, terwyl dit by suffiksoïedkonstruksies die tweede komponent is, byvoorbeeld ÷bedonnerd in bybel÷bedonnerd. Prefiksoïede met ’n evaluerende betekenislading word gebruik om intensiverende betekenisse aan te dui, terwyl suffiksoïede se betekenismoontlikhede meer variasie toon en byvoorbeeld na ’n beheptheid met iets of na ’n persoon kan verwys. Literatuur oor prefiksoïede wys op die intensiveringsfunksie daarvan (Hoeksema 2012; Stratton 2020), terwyl studies oor suffiksoïede grootliks op persoonsvormende suffiksoïede soos ÷kop en ÷kous fokus (Ruppenhofer, Wiegand, Wilm en Markert 2018; Wante 2009). Bestaande studies oor affiksoïede is soms taalvergelykend en hoofsaaklik tot die gebruik daarvan in Nederlands, Sweeds en/of Duits beperk (Battefeld, Leuschner en Rawoens 2018; Booij 2010; Booij en Hüning 2014; Ruppenhofer e.a. 2018). In Trollip (2021, 2022) word die betekenismoontlikhede van Afrikaanse affiksoïedkonstruksies beskryf en aan die hand van korpusdata uit die versamelings van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en konstrukte in die kognitiewe grammatika verklaar. In hierdie artikel is die fokus uitsluitlik op die beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede. Hierdie artikel is ’n verwerkte weergawe van die afdeling in Trollip (2022) waarin prefiksoïedkonstruksies in Afrikaans in die breër konteks van Afrikaanse morfologiese evalueringskonstruksies beskryf word. Trefwoorde: affiksoïed; Afrikaans; intensivering; morfologie; prefiksoïed","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"30 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-24","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139241038","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Die eerste onsekere treë van die onafhanklike koerantbedryf in Suid-Afrika: The South African Commercial Advertiser en slawerny in 1824 Suid-Afrika 最早的商业广告:1824 年的《南非商业广告》和 slawerny
LitNet Akademies Pub Date : 2023-11-20 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3b10
Gawie Botma
{"title":"Die eerste onsekere treë van die onafhanklike koerantbedryf in Suid-Afrika: The South African Commercial Advertiser en slawerny in 1824","authors":"Gawie Botma","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3b10","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3b10","url":null,"abstract":"Opsomming The South African Commercial Advertiser (SACA), wat in 1824 gestig is, het ná 200 jaar onbetwiste status as eerste onafhanklike koerant en baanbreker van die joernalistiek in Suid-Afrika. Hierdie artikel herbesoek die koerant se geskiedenis om een onderbeklemtoonde aspek na te vors, naamlik die koerant se kommersiële posisionering ten opsigte van slawerny. Aan die een kant het SACA ’n aktivistiese rol gespeel, wat dikwels aangeprys word, maar die koerant het ook advertensies van die slawehandel gepubliseer. Hierdie teenstrydigheid ontlok die vraag of die koerant se geïdealiseerde posisie in die joernalistiekgeskiedenis moontlik heroorweeg moet word. Die vertrekpunt van die artikel is dat die aanvaarde geskiedenis deur elke nuwe generasie op soek na nuwe vrae en vars insigte beskou moet word. Die navorsingsvraag word ondersoek deur ’n literatuuroorsig oor SACA se stigting en rol te onderneem, aangevul deur ’n kwalitatiewe ontleding van koerantinhoud in sy stigtingsjaar. Die artikel toon aan dat SACA se posisionering die gevolg was van ’n netwerk van gebeure en belange, insluitend die “liberale” tydsgees aan die begin van die 19de eeu, die persoonlike ambisies en doelwitte van die stigters, die invloed van vername rolspelers, en die politieke en ekonomiese realiteite van die Kaap in 1824. Die slotsom is dat SACA se invloed en nalatenskap moontlik meer nuansering verdien as wat gebruiklik in die geskiedskrywing geword het. Trefwoorde: advertensies; geskiedenis; herbesoek; Kaapkolonie; koerante; nalatenskap; negentiende / 19de eeu; persvryheid; redaksionele posisionering; SACA; slawerny; teenstrydigheid; The South African Commercial Advertiser","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"53 2","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-20","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139258147","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
’n Ontleding van die verhoogverwerking van Die mugu (Etienne Leroux) deur Pieter Fourie as kreatiewe herskrywing: ’n genologiese studie Pieter Fourie 对养蚊子(Etienne Leroux)的剖析是一种创造性的重新解密:一项基因学研究
LitNet Akademies Pub Date : 2023-11-19 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3b8
H. van Coller, A. van Jaarsveld
{"title":"’n Ontleding van die verhoogverwerking van Die mugu (Etienne Leroux) deur Pieter Fourie as kreatiewe herskrywing: ’n genologiese studie","authors":"H. van Coller, A. van Jaarsveld","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3b8","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3b8","url":null,"abstract":"Opsomming Pieter Fourie word allerweë as ’n sentrale figuur in die Afrikaanse drama beskou. In literatuurgeskiedenisse word klem gelê op veral die vernuwende, postmodernistiese aard van sy werk – onder meer sy dekonstruksie van hegemoniese strukture en geykte genrekonvensies, en die sterk intertekstualiteit in van sy werke (Antonissen, Brink en Odendaal 2016:163; Coetser 2016:259, 260, 262). Die postmodernisme staan in die teken van die vernietiging van hiërargieë en die afbreek van grense; só vervloei die grense tussen “hoër” en “laer” vorme van kultuur – die woord mixing word dikwels gebruik om dit aan te dui. Ook genregrense word nie meer beskou as definitief nie en in die onderhawige studie word daar melding gemaak van enkele teoretici, soos Cohen (1997), Hutcheon (2004) en Mukarovský (1977), wat die mening huldig dat hierdie onvastheid selfs die tradisionele onderskeid tussen die drie hoofgenres, poësie, prosa en drama, ondermyn; iets wat Fourie by uitstek doen, selfs deur die invoer van ballette in Koggelmanderman (2003). Daar word onder meer gebruik gemaak van adaptasieteorieë en teatersemiotiek om hierdie kreatiewe herskrywing te ontleed en te evalueer. Sonder om aanspraak te probeer maak op veralgemening, word daar deur ’n noulettende vergelyking tussen hierdie twee tekste getrag om te toon hoe sekere tipiese narratiewe tegnieke (onder andere die gebruik van ’n ouktoriële verteller, die gedagtestroomtegniek, beskrywings van ruimtes en karakters) beslag kry in die dramatiese ekwivalent, naamlik Fourie se adaptasie, en dat daar dus steeds sprake is – selfs by ’n postmodernis soos Fourie – van geykte genrekenmerke. Die bestudering van hierdie “toetsgeval” toon voorts dat adaptasie/verwerking/herskrywing altyd ’n vorm van vertaling is en in ooreenstemming met heersende teorieë word bevind dat die bronteks nie noodwendig gesien moet word as hiërargies belangriker as die doelteks nie. Wat voorop staan, is dat vertaling (as oorkoepelende term) oorsetting van een teks binne ’n ander semiotiese sisteem is en dat die klem dus eintlik val op die strategieë eerder as die geslaagdheid daarvan, hoewel die laasgenoemde kwalik vermy kan word. Die bevinding van hierdie ondersoek is dat die wedersydse kenmerke van die drama en prosa inderwaarheid steeds neerkom op twee verskillende (semiotiese) sisteme, met ander woorde dat wat in die prosa vertel word in die drama uitgespeel of voorgestel word. Trefwoorde: adaptasieteorie; dramatiese omwerking; genrekonvensies; grensoorskryding; intertekstualiteit; kreatiewe herskrywing; romanmatige en dramatiese representasie; teatersemiotiek","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"20 3","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-19","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139260218","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Sosiale merkers van hoëkonflikegskeidings waarby kinders betrokke is 与儿童订婚的社会标记
LitNet Akademies Pub Date : 2023-11-19 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3b9
Carien Zeeman, Sufran Smith
{"title":"Sosiale merkers van hoëkonflikegskeidings waarby kinders betrokke is","authors":"Carien Zeeman, Sufran Smith","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3b9","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3b9","url":null,"abstract":"Opsomming Professionele persone vind dat dit algemeen vir egpare is om destruktiewe gedrag en negatiewe gevoelens gedurende egskeiding te ervaar. Wanneer daar egter kinders betrokke is, is dit noodsaaklik om gevalle van moontlike hoëkonflikegskeidings te identifiseer. Hierdie ondersoek het beoog om sosiale merkers met betrekking tot hoëkonflikegskeidings te identifiseer sodat maatskaplike werkers wat spesialiseer in forensiese maatskaplike werk die hof van gepaste en verantwoordbare raad kan bedien. Die navorsers het van ’n kwalitatiewe benadering en beskrywende navorsing gebruik gemaak. Semigestruktureerde onderhoude, gebaseer op die literatuur se hipoteses van moontlike tekens van hoëkonflikegskeidings, is met maatskaplike werkers gevoer wat werk met kliënte betrokke in egskeidings met hoë vlakke van konflik. Die ingesamelde inligting is ontleed aan die hand van bestaande literatuur, waarna die bevindings dan forensiese maatskaplike werkers beter in staat mag stel om die moontlikheid van langdurige konflik te voorspel en daaropvolgend advies aan die hof te voorsien ten opsigte van die versorging van die kinders. Die navorsers het intrapersoonlike, interpersoonlike en eksterne faktore as sosiale merkers in gevalle van hoëkonflikegskeidings waar kinders betrokke is, geïdentifiseer. Vir die doel van hierdie ondersoek is daar van ’n doelgerigte, nie-waarskynlikheid-steekproefneming gebruik gemaak met ’n sneeubal-steekproefneming. Daar het 11 deelnemers aan semi-gestruktureerde onderhoude deelgeneem en data is tematies ontleed. Trefwoorde: egskeiding; forensiese maatskaplike werk; hoëkonflikegskeidings; kinders; sosiale merkers","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"151 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-19","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139259982","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Spertyd (2017): die sluitstuk in Elsa Joubert se egoliteratuur Spertyd (2017):Elsa Joubert se ego文学的顶点
LitNet Akademies Pub Date : 2023-11-16 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3g4
Annette du Plessis
{"title":"Spertyd (2017): die sluitstuk in Elsa Joubert se egoliteratuur","authors":"Annette du Plessis","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3g4","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3g4","url":null,"abstract":"Opsomming Elsa Joubert se status in die Afrikaanse letterkunde is al beskryf as dié van ’n “reisgids” (Burger 2020:10) en ’n “deurwinterde romanskrywer” (Olivier 2010). Haar oeuvre is met haar outobiografiese drieluik omvattend uitgebrei. In hierdie artikel word die navorsingsveld afgebaken tot haar drie outobiografiese werke, naamlik ’n Wonderlike geweld: Jeugherinneringe (2005), Reisiger: Die Limietberge oor (2009) en Spertyd (2017). Die woord egoliteratuur verwys na narratiewe waarin ’n ek as ’n skrywende subjek deurentyd in die teks aanwesig is (Baggerman en Dekker 2018:93). In die navorsing oor Joubert se werk is daar ’n leemte met betrekking tot haar egoliteratuur, veral ten opsigte van die samehang tussen die drie tekste in haar drieluik. Die doel van hierdie artikel is om vas te stel hoe Spertyd as sluitstuk in haar egoliteratuur funksioneer. My werkswyse behels ’n ondersoek na die wyse waarop heersende literêre teorieë oor outobiografiese tekste in Joubert se egoliteratuur figureer, en ’n ontleding van Spertyd as sluitstuk. Die bevindinge oor temas wat afgesluit word, strukture wat ’n samehangende geheel vorm, sowel as perspektiewe op identiteit in Elsa Joubert se egoliteratuur is ’n bydrae tot die korpus wetenskaplike kennis oor hierdie genre in die Afrikaanse letterkunde. Die navorsing oor Spertyd lewer voorts insigte ten opsigte van die narratiewe gerontologie, ’n ondersoekveld in die studie van outobiografieë waaroor daar navorsing bestaan, maar wat toenemende aandag verdien. Trefwoorde: egoliteratuur; feminisme; fiksionaliteit; laatwerk; literêre gerontologie; mistieke; spiritualiteit","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"28 2","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-16","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139268156","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
’n Pro-aktiewe strategie om plagiaat met behulp van ChatGPT-3.5 te bekamp – ’n verkennende ondersoek 使用 ChatGPT-3.5 打击剽窃的积极策略--一项探索性研究
LitNet Akademies Pub Date : 2023-11-16 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3b7
Christina Johanna (Christa) van Staden
{"title":"’n Pro-aktiewe strategie om plagiaat met behulp van ChatGPT-3.5 te bekamp – ’n verkennende ondersoek","authors":"Christina Johanna (Christa) van Staden","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3b7","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3b7","url":null,"abstract":"Opsomming ChatGPT, die kletsbot wat OpenAI op 30 November 2022 vir die algemene publiek aanlyn beskikbaar gestel het, se antwoorde is so goed dat die kletsbot verskeie nagraadse eksamens sou kon slaag. Daarom is dosente wêreldwyd bekommerd oor ChatGPT-plagiaat, of die misbruik van die kletsbot se antwoorde om punte te verdien sonder om self navorsing te doen. Die literatuurstudie het getoon dat huidige strategieë, wat daarop fokus om studente te betrap, nie betroubaar is nie weens die unieke aard van die kletsbot se antwoorde. Vir die doel van hierdie verkennende navorsing, het ek ’n nuwe benadering gevolg, naamlik om te bepaal hoe die kletsbot so onbruikbaar moontlik gemaak kan word. Die benadering is gebaseer op drie faktore wat die opneem van ’n nuwe tegnologie beïnvloed, naamlik bruikbaarheid, insetverwagting (hoeveel moeite gedoen moet word om ’n antwoord te kry) en werksverrigtingverwagting (die gehalte van ChatGPT se antwoorde). Ek het ’n gemengdemetodebenadering tot die insameling van data gevolg. Data oor die beperkings van die kletsbot is met behulp van gestruktureerde onderhoude met die kletsbot ingesamel. Die antwoorde is in Turnitin en drie KI-opspoorders ingelees, maar nie een daarvan kon die KI-tekste identifiseer nie. Alhoewel ChatGPT sommige antwoorde herken het, was dit vas oortuig dat dit ander nie geskryf het nie en het selfs redes verskaf waarom dit nie sy werk is nie. Aangesien die beperkings van die kletsbot sy bruikbaarheid beïnvloed, stel ek ’n proaktiewe strategie vir die bekamping van ChatGPT-plagiaat voor – naamlik om op die beperkings te fokus sodat studente uit eie ervaring kan leer dat die kletsbot foute maak en inligting, skakels en titels van video’s versin. Hierdie strategie kan doeltreffend vanuit ’n leergeoriënteerde benadering tot assessering geïmplementeer word. Trefwoorde: ChatGPT; ChatGPT-plagiaat; hoër onderwys; plagiaat; plagiaatbekamping; strategieë","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"23 2","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-16","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139267704","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Die bevordering van loopbaanaanpassing en welstand vanuit ’n moderne bedryfsielkundige perspektief 从现代企业角度促进职业适应和福利
LitNet Akademies Pub Date : 2023-11-07 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3a1
Lené Ilyna Graupner, Lize Kriek
{"title":"Die bevordering van loopbaanaanpassing en welstand vanuit ’n moderne bedryfsielkundige perspektief","authors":"Lené Ilyna Graupner, Lize Kriek","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3a1","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3a1","url":null,"abstract":"Opsomming Doeltreffende talentbestuur verseker dat die potensiaal van personeel ontwikkel word sodat werknemers ’n optimale werkservaring kan beleef. ’n Goeie talentbestuurstrategie sluit in dat werknemerwelstand verbeter word deur op loopbaanontwikkeling te fokus. Bedryfsielkundiges is goed in organisasies geposisioneer om werknemers se loopbaanontwikkeling effektief te hanteer. Die loopbaankonstruksiebenadering van Savickas is ’n postmoderne beroepsvoorligtingbenadering ter verbetering van die funksionaliteit van beroepe. Hierdie teorie kan gebruik word om die loopbaanbestuurbehoeftes en -uitdagings van werknemers te ondersoek. Savickas se loopbaankonstruksieteorie, wat elemente van die loopbaanteorieë van Super en Holland en die psigoterapeutiese teorie insluit, is ideaal vir gebruik in die bedryfsielkundeprofessie. Die effek van die veranderende wêreld in die werkplek, wat met loopbaanbestuur verband hou, kan aangepak word deur Savickas se benadering te volg. Trefwoorde: bedryfsielkunde; beroepsvoorligting; lewensontwerpberading; loopbaanaanpassing; loopbaankonstruksie; talentbestuur; welstand","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"17 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-11-07","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139287001","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
0
×
引用
GB/T 7714-2015
复制
MLA
复制
APA
复制
导出至
BibTeX EndNote RefMan NoteFirst NoteExpress
×
提示
您的信息不完整,为了账户安全,请先补充。
现在去补充
×
提示
您因"违规操作"
具体请查看互助需知
我知道了
×
提示
确定
请完成安全验证×
相关产品
×
本文献相关产品
联系我们:info@booksci.cn Book学术提供免费学术资源搜索服务,方便国内外学者检索中英文文献。致力于提供最便捷和优质的服务体验。 Copyright © 2023 布克学术 All rights reserved.
京ICP备2023020795号-1
ghs 京公网安备 11010802042870号
Book学术文献互助
Book学术文献互助群
群 号:604180095
Book学术官方微信