{"title":"’n Ontleding van die verhoogverwerking van Die mugu (Etienne Leroux) deur Pieter Fourie as kreatiewe herskrywing: ’n genologiese studie","authors":"H. van Coller, A. van Jaarsveld","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3b8","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Opsomming Pieter Fourie word allerweë as ’n sentrale figuur in die Afrikaanse drama beskou. In literatuurgeskiedenisse word klem gelê op veral die vernuwende, postmodernistiese aard van sy werk – onder meer sy dekonstruksie van hegemoniese strukture en geykte genrekonvensies, en die sterk intertekstualiteit in van sy werke (Antonissen, Brink en Odendaal 2016:163; Coetser 2016:259, 260, 262). Die postmodernisme staan in die teken van die vernietiging van hiërargieë en die afbreek van grense; só vervloei die grense tussen “hoër” en “laer” vorme van kultuur – die woord mixing word dikwels gebruik om dit aan te dui. Ook genregrense word nie meer beskou as definitief nie en in die onderhawige studie word daar melding gemaak van enkele teoretici, soos Cohen (1997), Hutcheon (2004) en Mukarovský (1977), wat die mening huldig dat hierdie onvastheid selfs die tradisionele onderskeid tussen die drie hoofgenres, poësie, prosa en drama, ondermyn; iets wat Fourie by uitstek doen, selfs deur die invoer van ballette in Koggelmanderman (2003). Daar word onder meer gebruik gemaak van adaptasieteorieë en teatersemiotiek om hierdie kreatiewe herskrywing te ontleed en te evalueer. Sonder om aanspraak te probeer maak op veralgemening, word daar deur ’n noulettende vergelyking tussen hierdie twee tekste getrag om te toon hoe sekere tipiese narratiewe tegnieke (onder andere die gebruik van ’n ouktoriële verteller, die gedagtestroomtegniek, beskrywings van ruimtes en karakters) beslag kry in die dramatiese ekwivalent, naamlik Fourie se adaptasie, en dat daar dus steeds sprake is – selfs by ’n postmodernis soos Fourie – van geykte genrekenmerke. Die bestudering van hierdie “toetsgeval” toon voorts dat adaptasie/verwerking/herskrywing altyd ’n vorm van vertaling is en in ooreenstemming met heersende teorieë word bevind dat die bronteks nie noodwendig gesien moet word as hiërargies belangriker as die doelteks nie. Wat voorop staan, is dat vertaling (as oorkoepelende term) oorsetting van een teks binne ’n ander semiotiese sisteem is en dat die klem dus eintlik val op die strategieë eerder as die geslaagdheid daarvan, hoewel die laasgenoemde kwalik vermy kan word. Die bevinding van hierdie ondersoek is dat die wedersydse kenmerke van die drama en prosa inderwaarheid steeds neerkom op twee verskillende (semiotiese) sisteme, met ander woorde dat wat in die prosa vertel word in die drama uitgespeel of voorgestel word. Trefwoorde: adaptasieteorie; dramatiese omwerking; genrekonvensies; grensoorskryding; intertekstualiteit; kreatiewe herskrywing; romanmatige en dramatiese representasie; teatersemiotiek","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"20 3","pages":""},"PeriodicalIF":0.0000,"publicationDate":"2023-11-19","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"LitNet Akademies","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3b8","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
Opsomming Pieter Fourie word allerweë as ’n sentrale figuur in die Afrikaanse drama beskou. In literatuurgeskiedenisse word klem gelê op veral die vernuwende, postmodernistiese aard van sy werk – onder meer sy dekonstruksie van hegemoniese strukture en geykte genrekonvensies, en die sterk intertekstualiteit in van sy werke (Antonissen, Brink en Odendaal 2016:163; Coetser 2016:259, 260, 262). Die postmodernisme staan in die teken van die vernietiging van hiërargieë en die afbreek van grense; só vervloei die grense tussen “hoër” en “laer” vorme van kultuur – die woord mixing word dikwels gebruik om dit aan te dui. Ook genregrense word nie meer beskou as definitief nie en in die onderhawige studie word daar melding gemaak van enkele teoretici, soos Cohen (1997), Hutcheon (2004) en Mukarovský (1977), wat die mening huldig dat hierdie onvastheid selfs die tradisionele onderskeid tussen die drie hoofgenres, poësie, prosa en drama, ondermyn; iets wat Fourie by uitstek doen, selfs deur die invoer van ballette in Koggelmanderman (2003). Daar word onder meer gebruik gemaak van adaptasieteorieë en teatersemiotiek om hierdie kreatiewe herskrywing te ontleed en te evalueer. Sonder om aanspraak te probeer maak op veralgemening, word daar deur ’n noulettende vergelyking tussen hierdie twee tekste getrag om te toon hoe sekere tipiese narratiewe tegnieke (onder andere die gebruik van ’n ouktoriële verteller, die gedagtestroomtegniek, beskrywings van ruimtes en karakters) beslag kry in die dramatiese ekwivalent, naamlik Fourie se adaptasie, en dat daar dus steeds sprake is – selfs by ’n postmodernis soos Fourie – van geykte genrekenmerke. Die bestudering van hierdie “toetsgeval” toon voorts dat adaptasie/verwerking/herskrywing altyd ’n vorm van vertaling is en in ooreenstemming met heersende teorieë word bevind dat die bronteks nie noodwendig gesien moet word as hiërargies belangriker as die doelteks nie. Wat voorop staan, is dat vertaling (as oorkoepelende term) oorsetting van een teks binne ’n ander semiotiese sisteem is en dat die klem dus eintlik val op die strategieë eerder as die geslaagdheid daarvan, hoewel die laasgenoemde kwalik vermy kan word. Die bevinding van hierdie ondersoek is dat die wedersydse kenmerke van die drama en prosa inderwaarheid steeds neerkom op twee verskillende (semiotiese) sisteme, met ander woorde dat wat in die prosa vertel word in die drama uitgespeel of voorgestel word. Trefwoorde: adaptasieteorie; dramatiese omwerking; genrekonvensies; grensoorskryding; intertekstualiteit; kreatiewe herskrywing; romanmatige en dramatiese representasie; teatersemiotiek