LitNet Akademies最新文献

筛选
英文 中文
Karel Schoeman, Virginia Woolf en die kleure in die Ierse dagboeke: ’n vergelykende ondersoek 卡雷尔-肖曼,《弗吉尼亚-伍尔夫与爱尔兰日记中的色彩:比较研究
LitNet Akademies Pub Date : 2023-10-02 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3b2
M. Coetzee
{"title":"Karel Schoeman, Virginia Woolf en die kleure in die Ierse dagboeke: ’n vergelykende ondersoek","authors":"M. Coetzee","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3b2","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3b2","url":null,"abstract":"Opsomming Die doel van hierdie artikel is om die gebruik van kleur in Karel Schoeman se twee Ierse dagboeke, Berig uit die vreemde: ’n Ierse dagboek (1966) en Van ’n verre eiland: ’n Tweede Ierse dagboek (1968), te ondersoek om te bepaal of die oorweldigende gebruik van kleur in die twee dagboeke wel slegs “vingeroefeninge” was soos Schoeman in sy outobiografie aanvoer, en om te soek na opmerklike ooreenkomste tussen Schoeman se gebruik van kleur en dié van Virginia Woolf, na wie hy as die “grootste enkele literêre invloed” op sy lewe verwys. Die artikel verskaf ’n kort oorsig oor Schoeman se leesgewoontes as kind en die invloed van Virginia Woolf op hom asook sy verblyf in Ierland; ’n opsomming van die resensies ná die publikasie van die Ierse dagboeke; ’n biografiese skets van Virginia Woolf en haar ontwikkeling as skrywer; en die agtergrond tot Woolf se gebruik van kleur. Hierna word die ontwikkeling van teorieë oor lig en kleur kortliks beskryf, met die fokus op die verband tussen Johann Wolfgang von Goethe, Roger Fry, Marcel Proust, Ludwig Wittgenstein en hulle moontlike invloed op Virginia Woolf, en deur haar op Karel Schoeman. Inhoudsontleding is gebruik om woorde, temas of begrippe wat met kleur verband hou uit die tekste te onttrek, en vergelykende navorsing is gebruik om die inligting kwalitatief te ontleed en die data kwantitatief uit te beeld. Opsommend is gevind dat Schoeman met die skryf van die Ierse dagboeke wel sy taal- en skryfvermoë kon geoefen het en dat hy dit waarskynlik onder die invloed van Virginia Woolf se skryfwerk gedoen het, aangesien verskeie ooreenkomste in die aanwending van kleurterme en kleurbeskrywings gevind is. Schoeman se vermoë om sedert sy vroeë-twintigerjare met woorde te skilder, kan nie betwis word nie. Die Ierse dagboeke is dalk liries en kenmerkend van idealiserende impressionisme (Minnaar 1964:15), maar vir skrywers en opkomende skrywers kan die Ierse dagboeke steeds as gids dien in die gebruik van lig, kleur en skadu om toneel en atmosfeer in ’n roman met woorde te skilder. Trefwoorde: Ierse dagboeke; inhoudsontleding; Roger Fry; kleurgebruik in romans; kleurskakerings; kleurteorieë; ligteorieë; Marcel Proust; Karel Schoeman; vergelykende navorsing; Ludwig Wittgenstein; Virginia Woolf","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"68 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-10-02","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139324801","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Die vokaalruimtes van Bruinafrikaanse variëteite 那些非洲布朗族的声乐空间
LitNet Akademies Pub Date : 2023-10-01 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3b1
D. Wissing, A. Baumann, Wikus Pienaar
{"title":"Die vokaalruimtes van Bruinafrikaanse variëteite","authors":"D. Wissing, A. Baumann, Wikus Pienaar","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3b1","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3b1","url":null,"abstract":"Opsomming Die spraak van bruin sprekers van Afrikaans, ’n belangrike variëteit van Afrikaans, bied ’n besonder ryk terrein vir die beantwoording van die vraag of daar gepraat kan word van Bruinafrikaans as ’n homogene grootheid, en of daar, alternatiewelik, sprake kan wees van twee of meer subvariëteite daarvan. Wissing (2022 en 2023) onderskryf op grond van ’n beperkte ondersoek die gebruik van die benaming Bruinafrikaans. Hierdie ondersoeke was beperk in skopus, met die gevolg dat ’n breër en dieper kyk hierop nie net geregverdig is nie, maar ook noodsaaklik. Dit is die hoofdoelstelling van die ondersoek waarvan hierdie artikel verslag lewer. Dit word gedoen deur die vokaalruimtes (akoestiese vokaalkaarte) van tien gebiede waar Bruinafrikaans gekonsentreer is, met mekaar te vergelyk. Die algemene opset wat betref die keuse van opnamegebiede en metode van ondersoek is dieselfde as wat in Wissing (2022 en ter perse) gevolg is, so ook die metode waarop die ondersoek uitgevoer is. Ons het spraakopnames van die lees van ’n woordelys deur sprekers van tien hoof- opnamegebiede in Suider-Afrika ontleed en geïnterpreteer met die oog op die bereiking van genoemde doelstelling. Dié tien gebiede kom voor in die Wes-Kaap (4)1, die Noord-Kaap (2), die Oos-Kaap (1), die Vrystaat (1), die Noordwes-Provinsie (1) en Namibië (1). Vokaalruimtes van dié opnamegebiede is bepaal, waarna paarsgewyse verhoudings tussen alle vokaalruimtes van al tien opnamegebiede bereken is, en deur middel van ’n netwerk gevisualiseer is. Dit is opgevolg deur klusterontledings. Gekonstrueerde dendrogramme toon dat twee subgroepe onderskei kan word, naamlik enersyds die Suid-Kaap, Delft, Robertson, Matzikama en dele van die Oos-Kaap, en andersyds Bergmanshoogte, Springbok, Promosa en Kakamas; Gobabis vorm ’n eie, afsonderlike gebied, maar kan ook by laasgenoemde groep ingedeel word. Dit klop grotendeels met ’n geografiese indeling in suid en noord. Die geografiese verspreiding kan tot op ’n groot hoogte histories verklaar word met inagneming van die migrasie van Afrikaanssprekendes vanuit Kaapstad en omgewing noordwaarts en ook ooswaarts. Soortgelyke vergelyking van die vokaalruimtes van sowel albei geslagte (vroulik en manlik) as albei ouderdomsgroepe (jonk en oud)2 toon slegs klein tot mediumverskille, wat beteken dat Bruinafrikaans en sy variante wel tot ’n hoë mate as ’n enkele, en ook stabiele, entiteit beskou kan word. Trefwoorde: akoestiese kenmerke; benaming; Bruinafrikaans; etnisiteit; geografiese ligging; geslag; ouderdom; sosiofonetiek; spektrale eienskappe; taaltipologie; vokaal; vokaalfrekwensies; vokaalruimte; vokaalsisteem","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"23 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-10-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139326169","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie: ’n lens om die onderrig van plantkunde as teenvoeter vir plantblindheid te ondersoek 植物史学作为植物盲研究的一个视角
LitNet Akademies Pub Date : 2023-09-27 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n3d1
Amelia Abrie
{"title":"Die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie: ’n lens om die onderrig van plantkunde as teenvoeter vir plantblindheid te ondersoek","authors":"Amelia Abrie","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3d1","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3d1","url":null,"abstract":"Opsomming Plantblindheid, of die onvermoë om plante raak te sien of om hulle belangrikheid te erken, is ’n verskynsel wat wyd onder akademici, onderwysers, leerders en die algemene publiek voorkom. Die belangrikheid wat plante vir die voortbestaan van die mens inhou, noodsaak dat alle belanghebbendes hierdie verskynsel sover moontlik hokslaan. In hierdie artikel word die onderrig van plantkunde as aktiwiteitstelsel om plantblindheid teë te werk, onder die loep geneem. ’n Bestekliteratuurstudie is onderneem om deur middel van die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie te bepaal tot watter mate onderrig om plantblindheid te verhoed en te oorkom suksesvol deur onderwysers en ander bewerkstellig word. Beskikbare literatuur is gebruik om elkeen van die elemente van die aktiwiteitstelsel op sy eie te ondersoek. Die studie behels nie empiriese navorsing nie, maar is ’n konseptuele blik op die aktiwiteitstelsel. Die kenmerke van onderwysers (subjekte), moontlike strategieë om plantblindheid in klaskamers te hanteer, instrumente wat by die onderrig van plantkunde (soos die kurrikulum en handboeke) betrokke is, reëls van die stelsel in die vorm van kurrikulumvoorskrifte en die rol wat die breër gemeenskap kan speel om ’n waardering vir plante te kweek, word omskryf. Daar is bevind dat plantblindheid in die akademie en in skole steeds hoogty vier, maar dat daar tekens is dat plantblindheid in sekere dele van die gemeenskap aan die afneem is. Die gebruik van die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie is doeltreffend gebruik om ’n oorsig oor plantblindheid in skoolverband te ontwikkel. Trefwoorde: aktiwiteitstelsel; bestek-literatuurstudie; kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie; plantblindheid","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"44 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-09-27","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139335462","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Nierversaking en ’n orgaanoorplanting in Met ’n ompad deur Berna Ackerman – ’n regsletterkundige ondersoek 伯纳-阿克曼(Berna Ackerman)的《With 'n ompad》中的 "Nierversaking and 'n organ procreation in With 'n ompad - 'n reglarly understudy"。
LitNet Akademies Pub Date : 2023-07-21 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n2e1
Melodie Labuschaigne, Magda Slabbert
{"title":"Nierversaking en ’n orgaanoorplanting in Met ’n ompad deur Berna Ackerman – ’n regsletterkundige ondersoek","authors":"Melodie Labuschaigne, Magda Slabbert","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n2e1","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n2e1","url":null,"abstract":"Opsomming Letterkundige tekste met mediese temas word toenemend ingesluit in die kurrikula van mediese skole in die VSA in ’n poging om voornemende medici beter sosiale vaardighede en begrip vir hul pasiënte te leer. Wat die Suid-Afrikaanse konteks betref, gee Berna Ackerman se roman Met ’n ompad betekenis aan die lotgeval van ’n jong pasiënt met nierversaking. Dit kan dus as ’n bron om die waarde van letterkunde vir kliniese geneeskunde en die reg te illustreer, beskou word. Al die romankarakters se belewenisse van die jong kind se siekte, insluitend die frustrasies en wanhoop wat gepaardgaan met die wag op ’n nierskenker, verskaf ’n ryk tapisserie van belewenis wat nie alleen die leemtes in die regsraamwerk rakende orgaanoorplanting in Suid-Afrika uitwys nie, maar ook die realiteit verbonde aan die wyse waarop die reg op gesondheidsorg uitdrukking vind. Die artikel poog om in die letterkunde en die reg die waarde van Ackerman se werk te benadruk, spesifiek die rol wat dit vervul in die bewusmaking van nierlyers se situasie vanuit beide ’n regsgeneeskundige en ’n wyer sosiale perspektief, met die hoop dat begrip en empatie vir lyers nie net tot beter kliniese insig mag lei nie, maar ook broodnodige regshervorming in die konteks van orgaanoorplanting kan aanmoedig. Die artikel sluit af met konkrete voorstelle tot regshervorming wat daarop gerig is om die huidige wetlike dooiepunt rondom orgaanoorplanting eens en vir altyd by te lê.","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"67 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-07-21","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139356888","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
’n Ondersoek na die bionomie, morfologie, verspreiding en beheer van die Stilbaaimuggie (Leptoconops demeilloni [Diptera: Ceratopogonidae]) Stilbaaimuggie (Leptoconops demeilloni [Diptera: Ceratopogonidae]) 的仿生学、形态学、研究和饲养概述
LitNet Akademies Pub Date : 2023-07-12 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n2f1
Gideon J. Begemann
{"title":"’n Ondersoek na die bionomie, morfologie, verspreiding en beheer van die Stilbaaimuggie (Leptoconops demeilloni [Diptera: Ceratopogonidae])","authors":"Gideon J. Begemann","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n2f1","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n2f1","url":null,"abstract":"Opsomming Die muggieplaag in die Wes-Kaap wat deur Leptoconops demeilloni veroorsaak word, is nagevors. Die ekonomiese belang, effek op mens en dier en die seisoenale voorkoms van die muggie word bespreek. Omgewingstoestande is met die muggie se daaglikse aktiwiteit gekorreleer. Die gedragspatrone en nektarvoeding word beskryf. Vir die eerste keer is daar vasgestel dat die muggie in duinsand afkomstig van geërodeerde aeolianietgesteentes broei. Die larwes, papies en eiers van die muggie word in detail beskryf. Die teenwoordigheid van verskillende instars deur die jaar binne duinsand is nagevors. Die lewensiklus van die univolteinse muggie word diagrammaties saamgevat. Kenmerkende taksonomiese eienskappe van die larwe en papiestadium word geïllustreer. Die verspreidingsgebied van die muggie binne die munisipaliteit van Hessequa is gekarteer. Beheermaatreëls teen die muggie word bespreek en ’n sistematiese prioriteitsbenadering tot die beheer van die muggie word aan die hand gedoen.","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"84 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-07-12","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139360157","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Die noodsaak van die kultuurmens in die tyd van uitsetverknegting 疲惫时代对文化人的需求
LitNet Akademies Pub Date : 2023-07-07 DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n2b5
H. Boshoff
{"title":"Die noodsaak van die kultuurmens in die tyd van uitsetverknegting","authors":"H. Boshoff","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n2b5","DOIUrl":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n2b5","url":null,"abstract":"Opsomming Uitsetverknegting word in hierdie bydrae ontleed en beskryf as die nagevolg van die prestasiekultuur (Leistungsgesellschaft) na aanleiding van die belangrike werk wat Byung-Chul Han (2015) daaroor gedoen het. Die prestasiekultuur is ’n uitvloeisel van die psigopolitiek, in navolging van wat Michel Foucault as biopolitiek geïdentifiseer het. Waar laasgenoemde op die dissiplinering van die liggaam fokus, is die psigopolitiek op die uitbuiting van die menslike gees gerig, nie deur onderdrukking en dissiplinering nie, maar by wyse van deurlopende prikkels vir die stimulering van behoeftes. “Positiwiteit” is voorts aan die orde van die dag, wat alles tot verhoogde uitsette en oënskynlike toename in geluk aanleiding gee. Maar in die proses word ’n verknegting aan uitsette geskep; selfs verbruik word onmiddellik verwerk en as uitset uitgedruk. Die grootskaalse verskynsel van uitbranding en depressie (mens kan waarskynlik aandagafleibaarheid toevoeg) moet volgens Han egter direk met uitsetverknegting in verband gebring word. N.P. Van Wyk Louw (1971) het reeds verwys na die “ miere-mens”, wat maklik in verband gebring kan word met die prestasiekultuur. Hierteenoor beklemtoon hy die noodsaak van die “kultuurmens” as ’n persoon wat nie bloot ingestel is op die omskakeling van aktiwiteit tot uitset nie, maar wat in die eerste instansie “uit” tradisie lewe (nie kritiekloos in tradisie of soos die miere-mens buite tradisie nie). Die kultuurmens kan met ander woorde deur middel van ’n historiese bewussyn die uitset in die gees van die bekende oopgesprek-gedagte interpreteer as iets wat ingebed is in en voortdurend in gesprek moet bly met die geskiedenis van kultuur. Daar word ten slotte verder op die tema van die oop gesprek en die kultuurmens uitgebrei deur Hans-Georg Gadamer se begrip takt, wat op die redelike, die emosionele, die ritmies-musikale én die tasbaarheid van menslike interaksie fokus.","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"27 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-07-07","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"139361722","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
0
×
引用
GB/T 7714-2015
复制
MLA
复制
APA
复制
导出至
BibTeX EndNote RefMan NoteFirst NoteExpress
×
提示
您的信息不完整,为了账户安全,请先补充。
现在去补充
×
提示
您因"违规操作"
具体请查看互助需知
我知道了
×
提示
确定
请完成安全验证×
相关产品
×
本文献相关产品
联系我们:info@booksci.cn Book学术提供免费学术资源搜索服务,方便国内外学者检索中英文文献。致力于提供最便捷和优质的服务体验。 Copyright © 2023 布克学术 All rights reserved.
京ICP备2023020795号-1
ghs 京公网安备 11010802042870号
Book学术文献互助
Book学术文献互助群
群 号:604180095
Book学术官方微信