{"title":"Die noodsaak van die kultuurmens in die tyd van uitsetverknegting","authors":"H. Boshoff","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n2b5","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Opsomming Uitsetverknegting word in hierdie bydrae ontleed en beskryf as die nagevolg van die prestasiekultuur (Leistungsgesellschaft) na aanleiding van die belangrike werk wat Byung-Chul Han (2015) daaroor gedoen het. Die prestasiekultuur is ’n uitvloeisel van die psigopolitiek, in navolging van wat Michel Foucault as biopolitiek geïdentifiseer het. Waar laasgenoemde op die dissiplinering van die liggaam fokus, is die psigopolitiek op die uitbuiting van die menslike gees gerig, nie deur onderdrukking en dissiplinering nie, maar by wyse van deurlopende prikkels vir die stimulering van behoeftes. “Positiwiteit” is voorts aan die orde van die dag, wat alles tot verhoogde uitsette en oënskynlike toename in geluk aanleiding gee. Maar in die proses word ’n verknegting aan uitsette geskep; selfs verbruik word onmiddellik verwerk en as uitset uitgedruk. Die grootskaalse verskynsel van uitbranding en depressie (mens kan waarskynlik aandagafleibaarheid toevoeg) moet volgens Han egter direk met uitsetverknegting in verband gebring word. N.P. Van Wyk Louw (1971) het reeds verwys na die “ miere-mens”, wat maklik in verband gebring kan word met die prestasiekultuur. Hierteenoor beklemtoon hy die noodsaak van die “kultuurmens” as ’n persoon wat nie bloot ingestel is op die omskakeling van aktiwiteit tot uitset nie, maar wat in die eerste instansie “uit” tradisie lewe (nie kritiekloos in tradisie of soos die miere-mens buite tradisie nie). Die kultuurmens kan met ander woorde deur middel van ’n historiese bewussyn die uitset in die gees van die bekende oopgesprek-gedagte interpreteer as iets wat ingebed is in en voortdurend in gesprek moet bly met die geskiedenis van kultuur. Daar word ten slotte verder op die tema van die oop gesprek en die kultuurmens uitgebrei deur Hans-Georg Gadamer se begrip takt, wat op die redelike, die emosionele, die ritmies-musikale én die tasbaarheid van menslike interaksie fokus.","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"27 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0000,"publicationDate":"2023-07-07","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"LitNet Akademies","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n2b5","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
Opsomming Uitsetverknegting word in hierdie bydrae ontleed en beskryf as die nagevolg van die prestasiekultuur (Leistungsgesellschaft) na aanleiding van die belangrike werk wat Byung-Chul Han (2015) daaroor gedoen het. Die prestasiekultuur is ’n uitvloeisel van die psigopolitiek, in navolging van wat Michel Foucault as biopolitiek geïdentifiseer het. Waar laasgenoemde op die dissiplinering van die liggaam fokus, is die psigopolitiek op die uitbuiting van die menslike gees gerig, nie deur onderdrukking en dissiplinering nie, maar by wyse van deurlopende prikkels vir die stimulering van behoeftes. “Positiwiteit” is voorts aan die orde van die dag, wat alles tot verhoogde uitsette en oënskynlike toename in geluk aanleiding gee. Maar in die proses word ’n verknegting aan uitsette geskep; selfs verbruik word onmiddellik verwerk en as uitset uitgedruk. Die grootskaalse verskynsel van uitbranding en depressie (mens kan waarskynlik aandagafleibaarheid toevoeg) moet volgens Han egter direk met uitsetverknegting in verband gebring word. N.P. Van Wyk Louw (1971) het reeds verwys na die “ miere-mens”, wat maklik in verband gebring kan word met die prestasiekultuur. Hierteenoor beklemtoon hy die noodsaak van die “kultuurmens” as ’n persoon wat nie bloot ingestel is op die omskakeling van aktiwiteit tot uitset nie, maar wat in die eerste instansie “uit” tradisie lewe (nie kritiekloos in tradisie of soos die miere-mens buite tradisie nie). Die kultuurmens kan met ander woorde deur middel van ’n historiese bewussyn die uitset in die gees van die bekende oopgesprek-gedagte interpreteer as iets wat ingebed is in en voortdurend in gesprek moet bly met die geskiedenis van kultuur. Daar word ten slotte verder op die tema van die oop gesprek en die kultuurmens uitgebrei deur Hans-Georg Gadamer se begrip takt, wat op die redelike, die emosionele, die ritmies-musikale én die tasbaarheid van menslike interaksie fokus.