{"title":"Karel Schoeman, Virginia Woolf en die kleure in die Ierse dagboeke: ’n vergelykende ondersoek","authors":"M. Coetzee","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3b2","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Opsomming Die doel van hierdie artikel is om die gebruik van kleur in Karel Schoeman se twee Ierse dagboeke, Berig uit die vreemde: ’n Ierse dagboek (1966) en Van ’n verre eiland: ’n Tweede Ierse dagboek (1968), te ondersoek om te bepaal of die oorweldigende gebruik van kleur in die twee dagboeke wel slegs “vingeroefeninge” was soos Schoeman in sy outobiografie aanvoer, en om te soek na opmerklike ooreenkomste tussen Schoeman se gebruik van kleur en dié van Virginia Woolf, na wie hy as die “grootste enkele literêre invloed” op sy lewe verwys. Die artikel verskaf ’n kort oorsig oor Schoeman se leesgewoontes as kind en die invloed van Virginia Woolf op hom asook sy verblyf in Ierland; ’n opsomming van die resensies ná die publikasie van die Ierse dagboeke; ’n biografiese skets van Virginia Woolf en haar ontwikkeling as skrywer; en die agtergrond tot Woolf se gebruik van kleur. Hierna word die ontwikkeling van teorieë oor lig en kleur kortliks beskryf, met die fokus op die verband tussen Johann Wolfgang von Goethe, Roger Fry, Marcel Proust, Ludwig Wittgenstein en hulle moontlike invloed op Virginia Woolf, en deur haar op Karel Schoeman. Inhoudsontleding is gebruik om woorde, temas of begrippe wat met kleur verband hou uit die tekste te onttrek, en vergelykende navorsing is gebruik om die inligting kwalitatief te ontleed en die data kwantitatief uit te beeld. Opsommend is gevind dat Schoeman met die skryf van die Ierse dagboeke wel sy taal- en skryfvermoë kon geoefen het en dat hy dit waarskynlik onder die invloed van Virginia Woolf se skryfwerk gedoen het, aangesien verskeie ooreenkomste in die aanwending van kleurterme en kleurbeskrywings gevind is. Schoeman se vermoë om sedert sy vroeë-twintigerjare met woorde te skilder, kan nie betwis word nie. Die Ierse dagboeke is dalk liries en kenmerkend van idealiserende impressionisme (Minnaar 1964:15), maar vir skrywers en opkomende skrywers kan die Ierse dagboeke steeds as gids dien in die gebruik van lig, kleur en skadu om toneel en atmosfeer in ’n roman met woorde te skilder. Trefwoorde: Ierse dagboeke; inhoudsontleding; Roger Fry; kleurgebruik in romans; kleurskakerings; kleurteorieë; ligteorieë; Marcel Proust; Karel Schoeman; vergelykende navorsing; Ludwig Wittgenstein; Virginia Woolf","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"68 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0000,"publicationDate":"2023-10-02","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"LitNet Akademies","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3b2","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
Opsomming Die doel van hierdie artikel is om die gebruik van kleur in Karel Schoeman se twee Ierse dagboeke, Berig uit die vreemde: ’n Ierse dagboek (1966) en Van ’n verre eiland: ’n Tweede Ierse dagboek (1968), te ondersoek om te bepaal of die oorweldigende gebruik van kleur in die twee dagboeke wel slegs “vingeroefeninge” was soos Schoeman in sy outobiografie aanvoer, en om te soek na opmerklike ooreenkomste tussen Schoeman se gebruik van kleur en dié van Virginia Woolf, na wie hy as die “grootste enkele literêre invloed” op sy lewe verwys. Die artikel verskaf ’n kort oorsig oor Schoeman se leesgewoontes as kind en die invloed van Virginia Woolf op hom asook sy verblyf in Ierland; ’n opsomming van die resensies ná die publikasie van die Ierse dagboeke; ’n biografiese skets van Virginia Woolf en haar ontwikkeling as skrywer; en die agtergrond tot Woolf se gebruik van kleur. Hierna word die ontwikkeling van teorieë oor lig en kleur kortliks beskryf, met die fokus op die verband tussen Johann Wolfgang von Goethe, Roger Fry, Marcel Proust, Ludwig Wittgenstein en hulle moontlike invloed op Virginia Woolf, en deur haar op Karel Schoeman. Inhoudsontleding is gebruik om woorde, temas of begrippe wat met kleur verband hou uit die tekste te onttrek, en vergelykende navorsing is gebruik om die inligting kwalitatief te ontleed en die data kwantitatief uit te beeld. Opsommend is gevind dat Schoeman met die skryf van die Ierse dagboeke wel sy taal- en skryfvermoë kon geoefen het en dat hy dit waarskynlik onder die invloed van Virginia Woolf se skryfwerk gedoen het, aangesien verskeie ooreenkomste in die aanwending van kleurterme en kleurbeskrywings gevind is. Schoeman se vermoë om sedert sy vroeë-twintigerjare met woorde te skilder, kan nie betwis word nie. Die Ierse dagboeke is dalk liries en kenmerkend van idealiserende impressionisme (Minnaar 1964:15), maar vir skrywers en opkomende skrywers kan die Ierse dagboeke steeds as gids dien in die gebruik van lig, kleur en skadu om toneel en atmosfeer in ’n roman met woorde te skilder. Trefwoorde: Ierse dagboeke; inhoudsontleding; Roger Fry; kleurgebruik in romans; kleurskakerings; kleurteorieë; ligteorieë; Marcel Proust; Karel Schoeman; vergelykende navorsing; Ludwig Wittgenstein; Virginia Woolf