Annelise de Vries, Nicholas De Jager, DJ Cloete, Monique Alberts, K. Brits
{"title":"’n Verkennende studie vir die implementering van ’n nagraadse diploma in taalonderwys by ’n Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstelling","authors":"Annelise de Vries, Nicholas De Jager, DJ Cloete, Monique Alberts, K. Brits","doi":"10.56273/1995-5928/2023/j20n3d2","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Opsomming Hierdie verkennende studie bied ’n omvattende oorsig van ’n akademiese oeuvre toegespits op die nagraadse opleiding van taalonderwysers, en die voortdurende praktiese en teoretiese vraagstukke wat met hierdie veld verband hou in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyskonteks. Vir die doeleindes van hierdie artikel word daar spesifiek gefokus op die noodsaak vir verdere opleiding in taalonderrig; die beste praktyke oftewel modelle vir taalonderrig; die fasilitering van taalaanleer en -verwerwing oor die kurrikulumraamwerk heen; meertaligheid en diversiteit in die plaaslike taalonderrigkonteks; die gebruik van inligtingstegnologie (IT) in taalonderrig; en laastens die beste praktyke vir assessering van, vir en as leer binne die bestek van die veld. Daar word ’n onderskeid getref tussen die onderrig van ’n eerste taal en ’n addisionele taal, waar daar telkens verwys gaan word na hoofsaaklik Afrikaans, Engels en Sepedi. Op hul beurt kan hierdie fasette van ondersoek ‒ en enige bevindinge wat daaruit voortvloei ‒ hulself leen tot die ontwikkeling van ’n haalbare, betekenisvolle en lewensvatbare program genaamd Nagraadse Diploma (NGDip) in Taalonderwys, met ’n beoogde implementeringsdatum van 2024 by ’n privaat hoëronderwysinstelling, gebaseer in Pretoria. Voortspruitend uit hierdie begrondingsdokument is ’n volwaardige empiriese studie, ’n vraelys vir kwantitatiewe data-ontleding, sowel as ander navorsingsverslae wat die uiteindelike implementering van die program voorloop. Trefwoorde: assessering; hoër onderwys; inligtingstegnologie; meertaligheid; taalonderwysersopleiding; taalonderrig; taalaanleer en -verwerwing","PeriodicalId":509064,"journal":{"name":"LitNet Akademies","volume":"110 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0000,"publicationDate":"2023-10-27","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"LitNet Akademies","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n3d2","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
Opsomming Hierdie verkennende studie bied ’n omvattende oorsig van ’n akademiese oeuvre toegespits op die nagraadse opleiding van taalonderwysers, en die voortdurende praktiese en teoretiese vraagstukke wat met hierdie veld verband hou in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyskonteks. Vir die doeleindes van hierdie artikel word daar spesifiek gefokus op die noodsaak vir verdere opleiding in taalonderrig; die beste praktyke oftewel modelle vir taalonderrig; die fasilitering van taalaanleer en -verwerwing oor die kurrikulumraamwerk heen; meertaligheid en diversiteit in die plaaslike taalonderrigkonteks; die gebruik van inligtingstegnologie (IT) in taalonderrig; en laastens die beste praktyke vir assessering van, vir en as leer binne die bestek van die veld. Daar word ’n onderskeid getref tussen die onderrig van ’n eerste taal en ’n addisionele taal, waar daar telkens verwys gaan word na hoofsaaklik Afrikaans, Engels en Sepedi. Op hul beurt kan hierdie fasette van ondersoek ‒ en enige bevindinge wat daaruit voortvloei ‒ hulself leen tot die ontwikkeling van ’n haalbare, betekenisvolle en lewensvatbare program genaamd Nagraadse Diploma (NGDip) in Taalonderwys, met ’n beoogde implementeringsdatum van 2024 by ’n privaat hoëronderwysinstelling, gebaseer in Pretoria. Voortspruitend uit hierdie begrondingsdokument is ’n volwaardige empiriese studie, ’n vraelys vir kwantitatiewe data-ontleding, sowel as ander navorsingsverslae wat die uiteindelike implementering van die program voorloop. Trefwoorde: assessering; hoër onderwys; inligtingstegnologie; meertaligheid; taalonderwysersopleiding; taalonderrig; taalaanleer en -verwerwing