Francois Du Toit, Bradley Smith, Louis Janse Van Vuren
{"title":"“Beneficial owner” and “beneficial ownership” in South African trust law: troublesome aspects of the General Laws (Anti-Money Laundering and Combating Terrorism Financing) Amendment Act 22 of 2022","authors":"Francois Du Toit, Bradley Smith, Louis Janse Van Vuren","doi":"10.47348/tsar/2023/i3a1","DOIUrl":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i3a1","url":null,"abstract":"Die Wysigingswet op Algemene Wette (Teengeldwassery en Bekamping van Terrorismefinansiering) 22 van 2022 is op 29 Desember 2022 bekragtig. Dié wet wysig, met 1 April 2023 as die inwerkingtredingsdatum van al hierdie wysigings, die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van 1988 in verskeie opsigte. In hierdie bydrae neem ons twee wysigings onder die loep, naamlik die invoeging van ’n definisie van “uiteindelik geregtigde” (“beneficial owner”) in artikel 1 van Wet 57 van 1988 asook die vaslegging van die idee van “uiteindelike geregtigheid” (“beneficial ownership”) in artikel 11A van daardie wet. Ons voer aan dat beide toevoegings onvanpas is in die Suid-Afrikaanse trustreg aangesien dit nie strook met meerdere van die grondbeginsels van die Suid-Afrikaanse trustreg nie. Ons wys in die besonder daarop dat die wetgewer se gebruik van “uiteindelik geregtigde” en “uiteindelike geregtigheid”: (i) onder inhoudelike onsekerheid gebuk gaan; (ii) nie strook met sommige van Wet 57 van 1988 se bepalings nie, by uitstek die definisie van “trust” in artikel 1 en ’n trustee se sorgplig ingevolge artikel 9; (iii) oënskynlik berus op ’n mistasting oor die regsaard van ’n trust asook die aanvaarde regsbeginsels rakende die misbruik van die trustvorm en skyntrusts en (iv) die gevaar inhou van die voortydige verkryging van regte deur trustbegunstigdes. Ons argumenteer derhalwe dat die wetgewer se gebruik van “uiteindelik geregtigde” en “uiteindelike geregtigheid” in die wysigingswet en Wet 57 van 1988 teoretiese en praktiese onsekerhede skep wat nie alleen die begripsmatige onderbou en samehang van die Suid-Afrikaanse trustreg skaad nie, maar ook dermate uit pas is met sommige van die bestaande wet se bepalings dat hierdie wysigings bykans onmoontlike verpligtinge ten opsigte van die insameling, vaslegging en verslagdoening van inligting (ter nakoming van die – weliswaar prysenswaardige – oogmerke van die wysigingswet) op trustees plaas. Ten einde hierdie kwessies aan te spreek, doen ons ’n alternatiewe – en onses insiens werkbare – wetsbepaling aan die hand wat, alhoewel dit grootliks op die bestaande bewoording van die tersake bepalings van die wysigingswet gegrond is, wegdoen met “uiteindelik geregtigde” en “uiteindelike geregtigheid” terwyl dit steeds uitvoering aan die oogmerke van die wysigingswet gee. Die voorgestelde wetsbepaling spreek in die besonder die problematiek aan met betrekking tot die besit van of doelmatige beheer oor trustbates – wat sentraal tot die idee van ’n “uiteindelik geregtigde” staan. Dit beperk die voorskrifte oor die besit van of doelmatige beheer oor trustbates tot gevalle waarin trustees sinvolle uitvoering aan die tersake wetsbepaling kan gee.","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":"25 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.1,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"79730389","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
{"title":"Regspraak: Liability for an omission in terms of section 60(1)(a) of the South African Schools Act – a comfortable victory against the state","authors":"Johan Scott","doi":"10.47348/tsar/2023/i3a10","DOIUrl":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i3a10","url":null,"abstract":"In hierdie saak waarin ’n prima facie oorweging van die feite daarop dui dat die eiser uit die staanspoor ’n goeie vooruitsig op sukses gehad het, is sy taak verder vergemaklik deur die wyse waarop die verdediging namens die eerste verweerder (die departement van onderwys in die Noord-Kaap) hanteer is, asook die feit dat die hof nie voldoende aandag aan die inhoud van artikel 60(1)(a) van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 geskenk het ingevolge waarvan die staat aanspreeklik gestel word vir deliktuele én kontraktuele skade wat voortvloei uit die bedryf van skoolaktiwiteite by openbare skole nie. Nadat T, die eiser se elfjarige seun, die skooltoilet besoek het, kon hy dit nie laat spoel nie weens ’n tekort aan water. Toevallig het hy ’n houer met suur waarmee verstopte riole oopgemaak word in ’n ander deel van die ablusiegeriewe ontdek en, onder die indruk dat dit water bevat, het hy dit probeer aanwend as spoelmiddel. Die drastiese chemiese reaksie wat daarop gevolg het, het sy nuuskierigheid geprikkel en saam met een van sy maats het hy ’n verdere eksperiment uitgevoer deur van die vloeistof in ’n urinaal te giet. Die uiteinde hiervan was dat die hewig spattende suur op hom beland het en ernstige brandwonde veroorsaak het waarvoor hy mediese behandeling moes ontvang. T se vader het namens hom skadevergoeding gevorder van die eerste verweerder as politieke hoof van die Noord-Kaapse onderwysdepartement onder wie se jurisdiksie die betrokke openbare skool geval het, asook van die werknemer (MK) wat die houer met suur tydens sy etensuur in die toiletgeriewe agtergelaat het. Die eis teen laasgenoemde is egter ter elfder ure laat vaar. In hierdie aangeleentheid het die hof heel oppervlakkig te werk gegaan om die eerste verweerder aanspreeklik te bevind. Ofskoon die aangeleentheid onteenseglik oor middellike aanspreeklikheid gehandel het, het die hof hom in wese nie daaroor uitgelaat nie en voortgegaan om die optrede van MK te toets aan die vereistes (elemente) van ’n onregmatige daad, te wete handeling, onregmatigheid, skuld (in casu nalatigheid), kousaliteit en nadeel. Om verstaanbare redes is daar bloot aanvaar dat daar aan die handelings- en nadeelvereistes voldoen is, terwyl daar in ietwat meer besonderhede op die oorblywende delikselemente gekonsentreer is om uiteindelik tot die gevolgtrekking te kom dat MK se versuim deur die houer met suur te laat waar dit binne die bereik van jong kinders was, aan al die deliksvereistes voldoen het en dat sy werkgewer derhalwe vir T se nadeel aanspreeklik is. ’n Besondere kenmerk van die uitspraak is dat daar bykans geen verwysing na stawende gesag voorkom nie. Die enkele verwysings na regspraak het gehandel oor ’n futiele verweer wat aangebied is. Wat egter hinder is dat daar ’n aanwending was van beginsels rakende onregmatigheid, nalatigheid en kousaliteit – delikselemente wat in die bestaande regspraak normaalweg behandel word met verwysing na oorvloedige gesag, gesien die kompleksiteit daarvan (veral","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":"1 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.1,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"79934004","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
{"title":"Responding to the call for legislative development to alleviate the challenges with wage deduction as civil debt enforcement mechanism in South Africa: formulating a cohesive emolument attachment order act","authors":"S. Van der Merwe","doi":"10.47348/tsar/2023/i1a4","DOIUrl":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i1a4","url":null,"abstract":"Krediteure se voorkeur vir die Suid-Afrikaanse besoldigingsbeslagleggingsbevel as ’n siviele skuldinvorderingsmetode kan waarskynlik onder andere toegeskryf word aan die vatbaarheid daarvan vir ernstige debiteure-uitbuiting. Hierdie misbruik het die afgelope dekade uitgebreide ingryping deur die howe en wetgewer genoodsaak. Ten spyte van die positiewe wysigings aan die Wet op Landdroshowe in 2018, geniet besoldigingsbeslagleggingsbevel-debiteure steeds nie voldoende beskerming teen uitbuiting nie. In hierdie verband is verskeie beroepe gedoen op organisasies soos die regspraktykraad, die wetgewer en die howe, wat waardevolle geleenthede verbeur het om die saak van besoldigingsbeslagleggingsbevel-skuldenaarbeskerming te bevorder. Hierdie beskerming ontbreek veral waar besoldigingsbeslagleggingsbevele uitgereik is voor die vereiste geregtelike toesig en daarna apaties daartoe afgedwing word. Hierdie situasie stel gewetenlose invorderingsagentskappe in staat om eensydig enige en alle koste wat hulle kan vervaardig teen die debiteur te hef, aangesien hierdie koste gewoonlik nie takseer of geverifieer word na die uitreiking van ’n besoldigingsbeslagleggingsbevel nie. Pogings om hierdie misbruike reg te stel, is met groot weerstand begroet en was grootliks onsuksesvol. Sowel die regspraktykraad as die howe, en spesifiek die hoogste hof van appèl, het versuim om die dringende heersende bekommernisse aan te spreek deur die verantwoordelikheid vir regstellende stappe voor die deur van die wetgewer te lê. Die skrywer stem saam dat die mislukkings in hierdie verband nou wetgewende ingryping noodsaak. Trouens, die besoldigingsbeslagleggingsbevel-proses het ’n dringende behoefte aan verdere wetgewende hervorming, spesifiek gefokus op gevorderde skuldenaarbeskerming. In hierdie bydrae word gereageer op die oproep om wetgewende ingryping deur wetgewende ontwikkeling voor te stel om die ernstige en heersende kommer met die besoldigingsbeslagleggingsbevel-stelsel te verlig. Die omvang van die vereiste wetgewende ontwikkeling en die rol van die omvattende omgewing word oorweeg, voordat die spesifieke inhoud van die voorgestelde ontwikkeling bespreek word. Die skrywer bepleit wetgewende herstrukturering in die vorm van die ontwikkeling en proklamasie van ’n nuwe wet, die voorgestelde Wet op Besoldigingsbeslagleggingsbevele, met omvattende regulasies wat uitsluitlik toegewy is aan die regulering van die besoldigingsbeslagleggingsbevel-meganisme en die relevante proses.","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":"68 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.1,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"89381614","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
{"title":"The right to data portability: a ghost in the protection of personal information","authors":"M. Malahleka","doi":"10.47348/tsar/2023/i1a1","DOIUrl":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i1a1","url":null,"abstract":"Data-oordraagbaarheid is die vermoë om data tussen toepassings, programme, rekenaaromgewings of wolkrekenaardiensteplatforms te skuif. In ’n wolkrekenaarkonteks is data-oordraagbaarheid een deel van “wolkoordraagbaarheid”, wat dit vir datasubjekte moontlik maak om hul persoonlike inligting tussen wolkrekenaardiensverskaffers te skuif. Sonder data-oordraagbaarheid is ’n persoon se data slegs toeganklik deur die wolkrekenaarbediener waar dit gestoor word. Data-oordraagbaarheid vergemaklik ook die hergebruik van persoonlike inligting wat verantwoordelike partye verwerk deur ’n algemene doelbeheermeganisme van horisontale toepassing daar te stel. Terwyl data-oordraagbaarheid die verwesenliking van innovasie en datasekuriteit bevorder, hou dit ook die risiko in dat persoonlike inligting in die verkeerde hande beland. Die oordrag van persoonlike inligting tussen diensverskaffers val binne die definisie van “verwerking” kragtens artikel 1 van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 en lei tot die toepassing daarvan. Met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting poog die wetgewer om die persoonlike inligting te beskerm wat deel vorm van die reg op privaatheid wat ingevolge artikel 14 van die grondwet verskans is. Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting verskaf egter nie uitdruklik ’n data-oordraagbaarheidsreg nie. Dié anomalie is vreemd, aangesien die wet ’n nabootsing van die algemene Europese Unie se databeskermingsregulasie is en wat datasubjekte in die Europese Unie data-oordraagbaarheidsregte bied as een van die noodsaaklike nuwighede vir databeskerming aldaar. Artikel 20 van die Europese Unie se algemene databeskermingsregulasie verskaf die reg op data-oordraagbaarheid ten einde die datasubjekte te bemagtig, data-interoperabiliteit te bevorder, insluitingseffekte op geslote platforms te voorkom en datasubjekte se bevoegdheid oor hul persoonlike inligting te versterk. Op versoek word daar van databeheerders vereis om persoonlike inligting aan die datasubjek te verskaf in ’n gestruktureerde, algemeen gebruikte en masjienleesbare formaat. Dit maak die gereguleerde oordrag van persoonlike inligting tussen wolkrekenaardienste moontlik. Daar mag moontlik geargumenteer word dat die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting wel impliseer dat aan datasubjekte beskerming oor data-oordraagbaarheid verleen word. Die vraag is of dit voldoende is en werklik databeskerming waarborg. In hierdie bydrae word die aspekte ondersoek. Dit toon ook dat die huidige toestand waarin hierdie reg verskaf word, nie uitdruklik aan datasubjekte voldoende databeskerming ooreenkomstig die grondwet verleen nie.","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":"30 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.1,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"90610250","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
{"title":"Aantekeninge: Neighbour law and the interference with the natural flow of rainwater in urban areas: another look at Padca v Redlands Development Projects (Pty) Ltd","authors":"Warren Freedman","doi":"10.47348/tsar/2023/i3a7","DOIUrl":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i3a7","url":null,"abstract":"Afgesien van die regsbeginsels wat geskille tussen bure beheer wat die generiese vorm van ’n oorlas aanneem, bestaan die Suid-Afrikaanse burereg ook uit ’n stel kasuïstiese beginsels wat bepaalde soorte bureregtelike geskille beheer, elk met sy eie toepassingsveld. Een van hierdie spesifieke soorte geskille is die inmenging met die natuurlike vloei van reënwater. Soos die beskrywende titel aandui, lê hierdie gebied van burereg ’n plig op die eienaar van laerliggende grond om die natuurlike vloei van reënwater vanaf hoërliggende grond te ontvang, ongeag of dit skade vir hom of vir haar aan sy of haar grond meebring. Die regsbeginsels wat hierdie spesifieke soort buurgeskil beheer, gee aanleiding tot ’n aantal komplekse en moeilike vrae. Een hiervan is of dit nie net op landelike grond wat nog in sy ongerepte natuurlike staat verkeer van toepassing is nie, maar ook ongekwalifiseerd van toepassing is op stedelike grond waarvan die topografie in die proses van kultivering ingrypend verander is. In Williams v Harris (1998 3 SA 970 (HHA)), het die hoogste hof van appèl obiter bevind dat die regsbeginsels wel ook op stedelike persele aanwending vind. In die daaropvolgende uitspraak in Pappalardo v Hau (2010 2 SA 451 (HHA)) het dieselfde hof egter, weereens obiter, bevind dat die regsbeginsels tog nie ongekwalifiseerd aanwending in gekultiveerde stedelike erwe vind nie. Ten spyte van die feit dat hierdie teenstrydige benaderings bygedra het tot die verwarring en onsekerheid wat hierdie gedeelte van die burereg kenmerk en dus uitroep vir ’n bevredigende oplossing, het die hoogste hof van appèl in Pietermaritzburg en Distriksraad vir die Bejaardessorg (PADCA) v Redlands Development Projects (Pty) Ltd (2018 4 SA 113 (HHA)) versuim om hierdie kwessie direk aan te spreek. Die hof het bloot die regsbeginsels wat die natuurlike vloei van water beheer, toegepas op grond wat duidelik stedelike grond is. Die doel van die outeur met hierdie nota is om hierdie uitspraak krities te ondersoek deur, ten minste gedeeltelik, ’n regs- en ekonomiese benadering op hierdie gebied van burereg toe te pas.","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":"67 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.1,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"83169470","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
{"title":"Gierigheid is die wortel van alle kwaad","authors":"J. Sonnekus","doi":"10.47348/tsar/2023/i2a1","DOIUrl":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i2a1","url":null,"abstract":"The judgment in Maqubela v The Master leaves room to revisit some established norms in private law that define under what circumstances a subject may be disqualified and found to be unworthy to benefit financially from his/her behaviour against another – including the deceased. The deceased Maqubela AJ took out a significant life policy (R20 million) on his own life two weeks before his death. At the time of his death he was still married in community of property to his wife but was seriously contemplating divorce. His wife was not only aware of the significant life insurance that had just been taken out, but also of his contemplation of divorce. She was much annoyed about his multiple adulterous affairs over many years and even mentioned as much to the minister of justice the day before his sudden death in a deliberate way so as to discredit him in the eyes of the minister. After the sudden demise of the insured life under suspicious circumstances, the widow was originally found guilty of premeditated murder of her husband and of the fraudulent production of a document presented to the master of the high court as the last will of the deceased that was proven to be a falsification in every respect. For the second offence she was sentenced by the court of first instance to prison for three years. On appeal the supreme court of appeal upheld her appeal regarding the conviction on the murder charge, but the other conviction remained intact. In the civil case under discussion the court had to decide whether the widow as claimant was entitled to half of the common estate with inclusion of the R20 million insurance benefit as well as to lay claim as beneficiary under the norms of intestate succession to the widow’s part of the deceased’s estate. It is submitted that the well-known “bloedige hand” rule, which excludes the person responsible for the death of the deceased from benefiting under the law of succession from the estate of the deceased, is merely an example of the underlying broader principle encapsulated in the text from Roman law “nemo ex suo delicto meliorem suam condicionem facere potest” (D 50 17 134 1): “No one is allowed to improve his own condition by his own wrongdoing” or “no woman should profit from her own wrong”. This principle can be found not merely in every civil law legal system but is also recognized in all common-law jurisdictions as can be deduced inter alia from the judgment in Karen L Postlewait v Ohio Valley Medical Center, Inc, a Corporation, et al, and Ohio Valley Medical Center, Inc, a Corporation, and The Estate of Robert L Postlewait, where Maynard JA on 8 Dec 2003 in the appeal to the supreme court of appeal of West Virginia held: “However, the majority equally fails to consider the possibility that Mrs Postlewait’s misconduct in pushing her husband off the porch played a significant role in her husband’s death. Clearly, the chain of events that led to Mr Postlewait’s death were directly put in motion by Mrs Postlew","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":"23 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.1,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"91331343","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
{"title":"Governance failures in South African public higher education institutions – lessons to be learnt from company law","authors":"CJ Van der Walt, MK Havenga","doi":"10.47348/tsar/2023/i4a3","DOIUrl":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i4a3","url":null,"abstract":"Sedert 1996 is die hoëronderwyslandskap talle kere deur die wetgewer ondersoek met die oog op verbetering. Die vernaamste wetgewing wat universiteite beheer, is die Wet op Hoër Onderwys 101 van 1997. Dié wetgewing is in vele opsigte merkwaardig. Die rede daarvoor is dat die rolspelers betrokke by hoër onderwys hard baklei het om hul eie belange voorop te stel toe die wetgewing ter tafel was. Op die einde is ’n spreekwoordelike pakt gevorm wat beoog het om drie ongedefinieerde en dikwels teenstrydige konsepte met mekaar te versoen, naamlik akademiese vryheid, institusionele outonomie en openbare verantwoordbaarheid. Waar die spilpunt tussen hierdie drie moet wees, was altyd in dispuut, maar op die einde is dit in ’n groot mate oorgelaat aan openbare universiteite om hulself te reguleer en te administreer. Daarenteen moet private hoëronderwysinstellings volgens die Maatskappywet geïnkorporeer word en moet voldoen aan die statutêre raamwerk geskep vir korporatiewe bestuur deur daardie wet. Die geskiedenis het bewys dat die vertroue wat deur die wetgewer in die integriteit, eerlikheid en bekwaamheid van raads- en bestuurslede van openbare universiteite geplaas is, heeltemal misplaas was. Die ineenstorting van korporatiewe bestuur by talle van die 26 openbare universiteite speel in die openbare domein af, maar nog grootliks in die afwesigheid van regspraak om leiding te gee. Die skrywers gee ’n oorsig van sommige van die ineenstortings van korporatiewe bestuur by openbare universiteite. Die oogmerk is om daaruit te identifiseer wat die knelpunte is wat aangespreek behoort te word. Die wetgewer het probeer om die situasie te beredder deur bestaande maatreëls te verskerp wat ineenstorting van korporatiewe bestuur by openbare universiteite aanspreek, en verdere maatreëls in te stel. Dit wat steeds in die openbare domein afspeel, bewys dat nie veel aan die saak verander het nie. Duidelik is ’n veel beter statutêre raamwerk nodig om die kernprobleem aan te spreek, naamlik die gebrek aan voldoende formele regsreëls om aanvaarbare praktyke van korporatiewe bestuur by openbare universiteite af te dwing. Die skrywers doen aan die hand dat dit nie nodig is om die spreekwoordelike wiel te herontwerp nie. Die Maatskappywet bevat reeds ’n bloudruk wat as voorbeeld gebruik kan word vir ’n behoorlike regsraamwerk vir korporatiewe bestuur by openbare universiteite. Die skrywers verwys na bepaalde gevalle waarvoor daar aan die hand van bepalings van die Maatskappywet voorsiening gemaak kan word vir die regsposisie van raads- en bestuurslede van openbare universiteite. Hierdie maatreëls hou verband met die standaard wat verwag word van sodanige trustees van nasionale belange se gedrag ten einde klaarheid en verantwoordbaarheid te bewerkstellig, hul verpligting en aanspreeklikhede, hul vertrouens-, sorg- en vaardigheidsverpligtinge, hul aanspreeklikheid om as misdadigers verklaar te word, en hul gevolglike dwangmatige verwydering uit poste sou hul skuldig bevind word aa","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":"269 1","pages":"0"},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"135441910","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
{"title":"Aantekeninge: Review of the Sectional Titles Amendment Act 13 of 2022","authors":"CG Van der Merwe","doi":"10.47348/tsar/2023/i4a5","DOIUrl":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i4a5","url":null,"abstract":"Die Wysigingswet 13 van 2022 het op 5 Januarie 2023 in werking getree. Die belangrikste verandering het betrekking op die vergunning wat aan ontwikkelaars verleen word om hul bemarkingstrategie te verander indien die verkoop van deeltiteleenhede op grond van goedgekeurde bouplanne of selfs konsepbouplanne nie na wense verloop nie. Ontwikkelaars word ingevolge die wysigingswet toegelaat om die landmeter-generaal te nader vir die goedkeuring van deelplanne van onderverdeling van dele, die konsolidasie van dele, die uitbreiding van die vloeroppervlaktes van dele, die byvoeging van grond by die gemeenskaplike eiendom en die kansellasie van geregistreerde areas van uitsluitlike gebruik voordat die regspersoon tot stand kom met die oordrag van die eerste eenheid deur die ontwikkelaar aan die eerste koper. Dit kan bevraagteken word waarom die ontwikkelaar hierdie vergunning verleen word tot die totstandkoming van die regspersoon en nie slegs tot die registrasie van die deelplan en die opening van die deeltitelregister nie. Die bepalings wat die regsposisie reël indien dele reeds verkoop is voordat die aansoek gedoen word, is ook onbevredigend. ’n Unieke kenmerk van die wysigingswet is dat die meeste wysigings beoog om erkenning te verleen aan die twee statutêre beperkte saaklike regte wat ingevolge die Wet op Deeltitels geskep is, naamlik die reg op uitsluitlike gebruiksgebiede en die reg wat die ontwikkelaar kan voorbehou om die skema in fases te ontwikkel. Daarom word die landmeter-generaal byvoorbeeld verplig om nie slegs foutiewe deelplanne nie, maar ook deelplanne met foutiewe beskrywings van uitsluitlike gebruiksgebiede te verbeter; die registrateur word verplig om die verstryking van ’n voorbehoud ingevolge artikel 25 op die tersaaklike titelbewys te noteer; voorsiening word gemaak vir verhuring van ’n gedeelte van die gemeenskaplike eiendom met die instemming van die houers van die geregistreerde saaklike regte ingevolge artikels 25 en 27; en voorsiening word gemaak vir die kansellasie van ’n met-verband-beswaarde uitsluitlike gebruiksgebied of ’n ontwikkelingsreg wat ingevolge artikel 25 voorbehou is. Minder belangrike wysigings is die onvanpaste verdere omskrywing van ’n uitsluitlike gebruiksgebied om voorsiening te maak vir regmatige okkupeerders om uitsluitlike gebruiksgebiede te gebruik; die wysiging wat die ontwikkelaar dwing om vrae van die agent van ’n afwesige huurder te beantwoord op die verpligte vergadering by die omskepping van huurgeboue in deeltitelskemas; en die wysiging van die lidmaatskap van die deeltitelregulasieraad. ’n Verblydende kenmerk van die wysigingswet is dat die Engelse weergawe van die wet vergesel is van ’n uitstekende Afrikaanse vertaling, iets wat tans selde gebeur.","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":"12 1","pages":"0"},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"135441912","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
{"title":"Regspraak: Onderhoudskostes vir koekoekskuikens – wie moet vir die gelag betaal, of rus die skade maar waar dit val?","authors":"JC Sonnekus","doi":"10.47348/tsar/2023/i4a9","DOIUrl":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i4a9","url":null,"abstract":"Misattributed paternity of a child born from an adulterous relationship is nothing new. In principle the biological parents are obliged to maintain their child irrespective of the fact that it was conceived in an adulterous relationship. A single mother will usually claim maintenance from the paramour who fathered the love child and expect him to fulfil his parental obligations. By contrast, many a wife apparently has no scruples in keeping quiet about her adulterous relationship, notwithstanding the fact that she might have to reckon with the possibility (dolus eventualis as foresight of possibility or constructive intention) that any pregnancy that results might be from her liaison with her beau. In the case discussed here, the woman in question even maintained that she had an exclusive sexual relationship with her husband during the time that the child was conceived. In such a case the cuckolded husband is consequently kept in ignorance and maintains the child as the putative father – pater est quem nuptiae demonstrant. Often the true position becomes apparent only years later when by coincidence it materialises that the special medical care a particular child requires is the result of an inherited medical condition that could not have been passed via the putative father. He never was legally obliged to maintain this child and pay for all the medical care, nor did he intend as negotiorum gestor to generously stand in for these obligations of the biological parents. The biological parents are in reality enriching themselves at the cost of the husband of the adulterous mother thanks to their unjustified saving of these expenses. The putative father is entitled to claim for his unjustified impoverishment – ubi ius ibi remedium. Theoretically he may even have a claim against the child, but it is doubtful if the child can be proven to still be enriched at litis contestatio – contrary to the biological parents who were spared the expense, the child was not enriched by this form of saving. If the mother as the claimant’s erstwhile spouse prefers not to disclose the identity of the probable biological father of the child, he is left without an effective remedy. He does have the hollow satisfaction that thanks to the scientifically unrefuted results of the DNA tests it is proven that he is clearly not the biological father of the child. Although the putative father was under no duty to perform for the maintenance of the misattributed child, he cannot lay a claim against the – for him – unknown biological father, because the mother chose not to disclose the latter’s identity. If he had known the identity of the biological father, he would have claimed the money from him – but the wife chose to remain silent. Because both parents are obliged to maintain their offspring, it is submitted that the putative father should be able to claim the total amount due to him as his unjustified impoverishment from the mother of the child because she is liable in solidu","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":"55 1","pages":"0"},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"135441917","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
{"title":"Boekbespreking: Law of Delict by Scott","authors":"J Neethling, JM Potgieter","doi":"10.47348/tsar/2023/i4a14","DOIUrl":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i4a14","url":null,"abstract":"","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":"53 1","pages":"0"},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"135441922","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}