{"title":"遗弃婴儿案件中母亲的隐私权","authors":"W. Rosenberg","doi":"10.47348/tsar/2022/i1a5","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Met inagneming van die hoë getal babas wat in Suid-Afrika onder ongekontroleerde omstandighede deur hul moeders verlaat en dus wees gelaat word, is die voorstel van nuwe wetgewing om voorsiening vir vondelingluike en veilige hawens vir babas daar te stel ’n positiewe stap in die regte rigting. Die outeur sien egter ’n paar hindernisse op dié weg. Een van hierdie hindernisse is die potensiële inbreuk op die ma se reg op privaatheid. In die gebruik van ’n veilige metode van babaverlating behoort ’n ma se identiteit beskerm te word soos by die gebruik van ’n vondelingluik. Laasgenoemde is tipies ’n ingeboude vak, laai of kas in ’n buitemuur van ’n inrigting soos ’n klooster of tehuis vir ongehude moeders waar ’n ma haar baba anoniem kan plaas. Sodra die klap na die vondelingluik gesluit word, ontvang die beheerders daarvan ’n sein en kan die agtergelate baba daar afgehaal en veilig versorg word. In dié opsig funksioneer dit soos wanneer ’n baba by ’n goedgekeurde veilige hawe deur die moeder afgegee word en waar sy haar baba oorhandig aan die betrokkenes by so ’n hospitaal, polisiestasie of brandweerstasie. Die baba se versorging word verseker deurdat die kind nie onder ’n spreekwoordelike doringbos langs die pad gelaat word nie. Die moeder se identiteit behoort egter desgewens doelbewus beskerm te word sodat sy anoniem bly. Met hierdie moontlike nuwe wetgewing om onveilige babaverlating te bekamp, is een van die motiverende faktore die waarborg van die vertroulikheid van persoonlike inligting van die moeder van die kind. Indien die baba daarenteen onseremonieel bloot weggegooi word, behoort die moeder geen aanspraak op beskerming van haar identiteit as krimineel te hê nie. Dan behoort sy vir haar kriminele optrede vervolg te word. Sonder hierdie waarborg dat gebruikmaking van ’n veilige vondelingluik of ander veilige babahawe die moeder vrywaar van kriminele vervolging wat gemeenregtelik aan die misdaad van kinderverwaarlosing gekoppel word, is dit onwaarskynlik dat ’n moeder met ’n ongewenste baba hierdie opsie sal oorweeg omdat sy steeds aan vervolging blootgestel sal wees. Dan sal hierdie wetgewing die beoogde doel mis en nutteloos wees. Sodanige waarborg gee vir die moeder die vertroue dat sy nie opgespoor sal word nie en ook dat sy nie strafregtelik aanspreeklik gehou sal word vir die strafregtelike misdaad van kinderverlating en/of -verwaarlosing nie. Statutêre beskerming van die moeder se privaatheid in dié omstandighede hou egter die implikasie in dat inbreuk gemaak word op die kind se reg op kennis van sy/haar herkoms. In hierdie artikel word die potensiële regverdiging vir die beklemtoning van die moeder se reg op haar privaatheid ondersoek in die lig van die kind se mededingende reg op kennis van sy/haar herkoms. Die grondwet se beperkingsklousule is as ’n maatstaf gebruik om te bepaal of ’n beperking van die moeder se reg op privaatheid redelik en regverdigbaar sou wees in ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Die outeur bevind dat beide mededingende aspekte deel van die inhoudsbevoegdhede van privaatheid vorm en die doel om die moeder se reg op privaatheid te beperk minder belangrik is as die wettige doel wat die reg in hierdie konteks dra, naamlik om onveilige babaverlating te beperk. Laastens is met inagneming van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 ondersoek of die beskerming van die moeder se persoonlike inligting voldoende beklemtoon word.","PeriodicalId":0,"journal":{"name":"","volume":null,"pages":null},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2022-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":"{\"title\":\"The mother’s right to privacy in infant abandonment cases\",\"authors\":\"W. Rosenberg\",\"doi\":\"10.47348/tsar/2022/i1a5\",\"DOIUrl\":null,\"url\":null,\"abstract\":\"Met inagneming van die hoë getal babas wat in Suid-Afrika onder ongekontroleerde omstandighede deur hul moeders verlaat en dus wees gelaat word, is die voorstel van nuwe wetgewing om voorsiening vir vondelingluike en veilige hawens vir babas daar te stel ’n positiewe stap in die regte rigting. Die outeur sien egter ’n paar hindernisse op dié weg. Een van hierdie hindernisse is die potensiële inbreuk op die ma se reg op privaatheid. In die gebruik van ’n veilige metode van babaverlating behoort ’n ma se identiteit beskerm te word soos by die gebruik van ’n vondelingluik. Laasgenoemde is tipies ’n ingeboude vak, laai of kas in ’n buitemuur van ’n inrigting soos ’n klooster of tehuis vir ongehude moeders waar ’n ma haar baba anoniem kan plaas. Sodra die klap na die vondelingluik gesluit word, ontvang die beheerders daarvan ’n sein en kan die agtergelate baba daar afgehaal en veilig versorg word. In dié opsig funksioneer dit soos wanneer ’n baba by ’n goedgekeurde veilige hawe deur die moeder afgegee word en waar sy haar baba oorhandig aan die betrokkenes by so ’n hospitaal, polisiestasie of brandweerstasie. Die baba se versorging word verseker deurdat die kind nie onder ’n spreekwoordelike doringbos langs die pad gelaat word nie. Die moeder se identiteit behoort egter desgewens doelbewus beskerm te word sodat sy anoniem bly. Met hierdie moontlike nuwe wetgewing om onveilige babaverlating te bekamp, is een van die motiverende faktore die waarborg van die vertroulikheid van persoonlike inligting van die moeder van die kind. Indien die baba daarenteen onseremonieel bloot weggegooi word, behoort die moeder geen aanspraak op beskerming van haar identiteit as krimineel te hê nie. Dan behoort sy vir haar kriminele optrede vervolg te word. Sonder hierdie waarborg dat gebruikmaking van ’n veilige vondelingluik of ander veilige babahawe die moeder vrywaar van kriminele vervolging wat gemeenregtelik aan die misdaad van kinderverwaarlosing gekoppel word, is dit onwaarskynlik dat ’n moeder met ’n ongewenste baba hierdie opsie sal oorweeg omdat sy steeds aan vervolging blootgestel sal wees. Dan sal hierdie wetgewing die beoogde doel mis en nutteloos wees. Sodanige waarborg gee vir die moeder die vertroue dat sy nie opgespoor sal word nie en ook dat sy nie strafregtelik aanspreeklik gehou sal word vir die strafregtelike misdaad van kinderverlating en/of -verwaarlosing nie. Statutêre beskerming van die moeder se privaatheid in dié omstandighede hou egter die implikasie in dat inbreuk gemaak word op die kind se reg op kennis van sy/haar herkoms. In hierdie artikel word die potensiële regverdiging vir die beklemtoning van die moeder se reg op haar privaatheid ondersoek in die lig van die kind se mededingende reg op kennis van sy/haar herkoms. Die grondwet se beperkingsklousule is as ’n maatstaf gebruik om te bepaal of ’n beperking van die moeder se reg op privaatheid redelik en regverdigbaar sou wees in ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Die outeur bevind dat beide mededingende aspekte deel van die inhoudsbevoegdhede van privaatheid vorm en die doel om die moeder se reg op privaatheid te beperk minder belangrik is as die wettige doel wat die reg in hierdie konteks dra, naamlik om onveilige babaverlating te beperk. Laastens is met inagneming van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 ondersoek of die beskerming van die moeder se persoonlike inligting voldoende beklemtoon word.\",\"PeriodicalId\":0,\"journal\":{\"name\":\"\",\"volume\":null,\"pages\":null},\"PeriodicalIF\":0.0,\"publicationDate\":\"2022-01-01\",\"publicationTypes\":\"Journal Article\",\"fieldsOfStudy\":null,\"isOpenAccess\":false,\"openAccessPdf\":\"\",\"citationCount\":\"0\",\"resultStr\":null,\"platform\":\"Semanticscholar\",\"paperid\":null,\"PeriodicalName\":\"\",\"FirstCategoryId\":\"1085\",\"ListUrlMain\":\"https://doi.org/10.47348/tsar/2022/i1a5\",\"RegionNum\":0,\"RegionCategory\":null,\"ArticlePicture\":[],\"TitleCN\":null,\"AbstractTextCN\":null,\"PMCID\":null,\"EPubDate\":\"\",\"PubModel\":\"\",\"JCR\":\"\",\"JCRName\":\"\",\"Score\":null,\"Total\":0}","platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.47348/tsar/2022/i1a5","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
The mother’s right to privacy in infant abandonment cases
Met inagneming van die hoë getal babas wat in Suid-Afrika onder ongekontroleerde omstandighede deur hul moeders verlaat en dus wees gelaat word, is die voorstel van nuwe wetgewing om voorsiening vir vondelingluike en veilige hawens vir babas daar te stel ’n positiewe stap in die regte rigting. Die outeur sien egter ’n paar hindernisse op dié weg. Een van hierdie hindernisse is die potensiële inbreuk op die ma se reg op privaatheid. In die gebruik van ’n veilige metode van babaverlating behoort ’n ma se identiteit beskerm te word soos by die gebruik van ’n vondelingluik. Laasgenoemde is tipies ’n ingeboude vak, laai of kas in ’n buitemuur van ’n inrigting soos ’n klooster of tehuis vir ongehude moeders waar ’n ma haar baba anoniem kan plaas. Sodra die klap na die vondelingluik gesluit word, ontvang die beheerders daarvan ’n sein en kan die agtergelate baba daar afgehaal en veilig versorg word. In dié opsig funksioneer dit soos wanneer ’n baba by ’n goedgekeurde veilige hawe deur die moeder afgegee word en waar sy haar baba oorhandig aan die betrokkenes by so ’n hospitaal, polisiestasie of brandweerstasie. Die baba se versorging word verseker deurdat die kind nie onder ’n spreekwoordelike doringbos langs die pad gelaat word nie. Die moeder se identiteit behoort egter desgewens doelbewus beskerm te word sodat sy anoniem bly. Met hierdie moontlike nuwe wetgewing om onveilige babaverlating te bekamp, is een van die motiverende faktore die waarborg van die vertroulikheid van persoonlike inligting van die moeder van die kind. Indien die baba daarenteen onseremonieel bloot weggegooi word, behoort die moeder geen aanspraak op beskerming van haar identiteit as krimineel te hê nie. Dan behoort sy vir haar kriminele optrede vervolg te word. Sonder hierdie waarborg dat gebruikmaking van ’n veilige vondelingluik of ander veilige babahawe die moeder vrywaar van kriminele vervolging wat gemeenregtelik aan die misdaad van kinderverwaarlosing gekoppel word, is dit onwaarskynlik dat ’n moeder met ’n ongewenste baba hierdie opsie sal oorweeg omdat sy steeds aan vervolging blootgestel sal wees. Dan sal hierdie wetgewing die beoogde doel mis en nutteloos wees. Sodanige waarborg gee vir die moeder die vertroue dat sy nie opgespoor sal word nie en ook dat sy nie strafregtelik aanspreeklik gehou sal word vir die strafregtelike misdaad van kinderverlating en/of -verwaarlosing nie. Statutêre beskerming van die moeder se privaatheid in dié omstandighede hou egter die implikasie in dat inbreuk gemaak word op die kind se reg op kennis van sy/haar herkoms. In hierdie artikel word die potensiële regverdiging vir die beklemtoning van die moeder se reg op haar privaatheid ondersoek in die lig van die kind se mededingende reg op kennis van sy/haar herkoms. Die grondwet se beperkingsklousule is as ’n maatstaf gebruik om te bepaal of ’n beperking van die moeder se reg op privaatheid redelik en regverdigbaar sou wees in ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Die outeur bevind dat beide mededingende aspekte deel van die inhoudsbevoegdhede van privaatheid vorm en die doel om die moeder se reg op privaatheid te beperk minder belangrik is as die wettige doel wat die reg in hierdie konteks dra, naamlik om onveilige babaverlating te beperk. Laastens is met inagneming van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 ondersoek of die beskerming van die moeder se persoonlike inligting voldoende beklemtoon word.