Considerations that inform the view of whether there is a reasonable prospect of rescuing a company: a decade of legal precedent

IF 0.2 Q4 LAW
P. O’Brien, J. Calitz
{"title":"Considerations that inform the view of whether there is a reasonable prospect of rescuing a company: a decade of legal precedent","authors":"P. O’Brien, J. Calitz","doi":"10.47348/tsar/2022/i1a2","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Suid-Afrikaanse howe het oor die afgelope dekade rigting gegee oor die algemene beginsels wat ter sprake kom wanneer die deurlopende vereiste van ’n redelike vooruitsig vir sakeredding van ’n maatskappy oorweeg word. Volgens die hoogste hof van appèl is daar geen algemene minimum voorskrifte om te bepaal of daar ’n redelike vooruitsig vir sakeredding is nie. Dit is dus nie moontlik om ’n afmerklys of templaat te ontwerp van oorwegings wat in hierdie opsig ter sprake kom nie. Daar moet van geval tot geval bepaal word watter oorwegings relevant is om te bepaal of daar ’n redelike vooruitsig vir sakeredding is. Daar moet bepaal word watter gewig aan elke oorweging gegee moet word. Die oorwegings (wat uiteenlopend en selfs teenstrydig mag wees), moet teen mekaar opgeweeg word. Volgens die hoogste hof van appèl is daar twee selfstandige oogmerke vir sakeredding: sakeredding en sakemoord (laasgenoemde wanneer sakeredding wat uitloop op sakemoord, ’n beter opbrengs kan bewerkstellig as onmiddellike likwidasie). In hierdie bydrae word aandag geskenk aan die oorwegings wat in die regspraak oor die afgelope jare ter sprake gekom het om te bepaal of daar ’n redelike vooruitsig vir sakeredding is. Eerstens word die oorwegings bespreek wat by albei oogmerke vir sakeredding ter sprake mag kom, maar moontlik meer relevant is wanneer die oogmerk inderdaad sakeredding is. Daarna word die oorwegings bespreek wat veral ter sprake kom wanneer die oogmerk is dat ’n beter opbrengs bewerkstellig word deur sakeredding as by wyse van likwidasie. Alhoewel hierdie oorwegings geen afmerklys of templaat verteenwoordig nie, word vertrou dat hierdie ontleding van die regspraak, tesame met die algemene beginsels wat volgens die regspraak by die vereiste van ’n redelike vooruitsig vir sakeredding ter sprake kom, van hulp kan wees vir diegene wat met die beantwoording van vrae in verband met hierdie vereiste gekonfronteer word.","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":null,"pages":null},"PeriodicalIF":0.2000,"publicationDate":"2022-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.47348/tsar/2022/i1a2","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q4","JCRName":"LAW","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0

Abstract

Suid-Afrikaanse howe het oor die afgelope dekade rigting gegee oor die algemene beginsels wat ter sprake kom wanneer die deurlopende vereiste van ’n redelike vooruitsig vir sakeredding van ’n maatskappy oorweeg word. Volgens die hoogste hof van appèl is daar geen algemene minimum voorskrifte om te bepaal of daar ’n redelike vooruitsig vir sakeredding is nie. Dit is dus nie moontlik om ’n afmerklys of templaat te ontwerp van oorwegings wat in hierdie opsig ter sprake kom nie. Daar moet van geval tot geval bepaal word watter oorwegings relevant is om te bepaal of daar ’n redelike vooruitsig vir sakeredding is. Daar moet bepaal word watter gewig aan elke oorweging gegee moet word. Die oorwegings (wat uiteenlopend en selfs teenstrydig mag wees), moet teen mekaar opgeweeg word. Volgens die hoogste hof van appèl is daar twee selfstandige oogmerke vir sakeredding: sakeredding en sakemoord (laasgenoemde wanneer sakeredding wat uitloop op sakemoord, ’n beter opbrengs kan bewerkstellig as onmiddellike likwidasie). In hierdie bydrae word aandag geskenk aan die oorwegings wat in die regspraak oor die afgelope jare ter sprake gekom het om te bepaal of daar ’n redelike vooruitsig vir sakeredding is. Eerstens word die oorwegings bespreek wat by albei oogmerke vir sakeredding ter sprake mag kom, maar moontlik meer relevant is wanneer die oogmerk inderdaad sakeredding is. Daarna word die oorwegings bespreek wat veral ter sprake kom wanneer die oogmerk is dat ’n beter opbrengs bewerkstellig word deur sakeredding as by wyse van likwidasie. Alhoewel hierdie oorwegings geen afmerklys of templaat verteenwoordig nie, word vertrou dat hierdie ontleding van die regspraak, tesame met die algemene beginsels wat volgens die regspraak by die vereiste van ’n redelike vooruitsig vir sakeredding ter sprake kom, van hulp kan wees vir diegene wat met die beantwoording van vrae in verband met hierdie vereiste gekonfronteer word.
判断是否存在拯救一家公司的合理前景的考虑因素:十年的法律先例
本文章由计算机程序翻译,如有差异,请以英文原文为准。
求助全文
约1分钟内获得全文 求助全文
来源期刊
CiteScore
0.30
自引率
0.00%
发文量
16
期刊介绍: This multilingual periodical is published quarterly by Juta for the Faculty of Law, University of Johannesburg. This scholarly and practical journal covers a broad spectrum of topics pertinent to the legal community.
×
引用
GB/T 7714-2015
复制
MLA
复制
APA
复制
导出至
BibTeX EndNote RefMan NoteFirst NoteExpress
×
提示
您的信息不完整,为了账户安全,请先补充。
现在去补充
×
提示
您因"违规操作"
具体请查看互助需知
我知道了
×
提示
确定
请完成安全验证×
copy
已复制链接
快去分享给好友吧!
我知道了
右上角分享
点击右上角分享
0
联系我们:info@booksci.cn Book学术提供免费学术资源搜索服务,方便国内外学者检索中英文文献。致力于提供最便捷和优质的服务体验。 Copyright © 2023 布克学术 All rights reserved.
京ICP备2023020795号-1
ghs 京公网安备 11010802042870号
Book学术文献互助
Book学术文献互助群
群 号:481959085
Book学术官方微信