Aantekeninge: The legal nature and implications of the conversion of convertible securities

IF 0.2 Q4 LAW
KE Van der Linde
{"title":"Aantekeninge: The legal nature and implications of the conversion of convertible securities","authors":"KE Van der Linde","doi":"10.47348/tsar/2022/i3a6","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Maatskappye geniet aansienlike vryheid ten opsigte van die regte wat aan verskillende klasse aandele toegewys word. Benewens tipiese klasonderskeidings gebaseer op stemreg, aanspraak op dividende en die reg om by ontbinding in die maatskappy se netto bates te deel, kan die eienskappe van aflosbaarheid en omskepbaarheid verdere variasie in die aandeelstruktuur skep. Hierdie bydrae fokus op omskepbare aandele en ander omskepbare sekuriteite soos omskepbare skuldbriewe. Omskepbaarheid dui op die kenmerk dat een sekuriteit mettertyd omskep kan word in ’n ander sekuriteit, hetsy ter keuse van die maatskappy, die aandeelhouer, of by die plaasvind van ’n gespesifiseerde gebeurtenis. Die Maatskappywet 71 van 2008 bied weinig leiding oor die regsaard van omskepping en standaardkommentare ontleed nie die stappe betrokke by die omskepping van omskepbare sekuriteite nie. Die standaardwerk oor maatskappy-sekretariële praktyk bied verduidelikings wat nie oral strook met die wet en regulasies nie. Sorgvuldige ontleding van die verspreide bepalings wat wel na omskepbare sekuriteite verwys is dus noodsaaklik. Hierdie bepalings handel spesifiek oor gevalle waar die omskepbare instrument in ’n aandeel omskep kan word. Die wet bevat verskeie aanduidings dat omskepping nie ’n magiese transformasie is waar die bronsekuriteit plotseling die doelsekuriteit word nie, maar dat ’n nuwe sekuriteit ter vervanging van die oue uitgereik word. Dit blyk duidelik uit artikel 42(3)(b) wat bepaal dat die direksiebesluit om sekuriteite wat in aandele omskepbaar is uit te reik, terselfdertyd die besluit is om doelaandele uit te reik waarin dit omskep mag word. Soortgelyke aanduidings verskyn in artikel 40(1)(b) wat verwys na die uitreik van aandele ingevolge omskeppingsregte wat aan voorheen uitgereikte sekuriteite kleef en in artikel 41(4)(a)(ii) wat by die berekening van ’n persentasie in artikel 41(3) verwys na die stemreg van aandele wat uitgereik staan te word in ’n omskepping. Hierdie konstruksie strook ook met die noterings- vereistes van die JSE Bpk. Die vraag ontstaan dan op welke wyse van die bronsekuriteit ontslae geraak word en wat presies die reëls rondom die uitreiking van die doelaandele is. Die outeur argumenteer dat die bronsekuriteite slegs onttrek word as uitgereikte aandele maar dat hul steeds deel van die maatskappy se gemagtigde aandele bly en dat wysiging van die akte van inlywing dus nie nodig is nie. Wat uitreiking van die doelaandele betref voorsien die wet dat enige aandele wat moontlik mettertyd as doelaandele uitgereik sal moet word, reeds deel van die gemagtigde aandele moet uitmaak wanneer die bronsekuriteite uitgereik word. Dit dien ter beskerming van die houer van die omskepbare instrument. In die gewone gang van sake vind uitreiking van die doelaandele dus plaas sonder om die maatskappy se gemagtigde kapitaal te raak en word die transaksie bloot in die sekuriteiteregister gereflekteer waar die uitgereikte aandele van die doelklas verhoog word. Daar is egter wel oorgangsprobleme weens die feit dat die 1973-Maatskappywet die uitreiking van omskepbare instrumente, die uiteensetting van gemagtigde aandele, asook die beskikbaarheid van pariwaarde-aandele anders hanteer as die huidige wet. Dit is jammer dat die omskeppingsregte van voorafbestaande omskepbare instrumente nie voldoende deur die oorgangsmaatreëls beskerm word nie.","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":null,"pages":null},"PeriodicalIF":0.2000,"publicationDate":"2022-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.47348/tsar/2022/i3a6","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q4","JCRName":"LAW","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0

Abstract

Maatskappye geniet aansienlike vryheid ten opsigte van die regte wat aan verskillende klasse aandele toegewys word. Benewens tipiese klasonderskeidings gebaseer op stemreg, aanspraak op dividende en die reg om by ontbinding in die maatskappy se netto bates te deel, kan die eienskappe van aflosbaarheid en omskepbaarheid verdere variasie in die aandeelstruktuur skep. Hierdie bydrae fokus op omskepbare aandele en ander omskepbare sekuriteite soos omskepbare skuldbriewe. Omskepbaarheid dui op die kenmerk dat een sekuriteit mettertyd omskep kan word in ’n ander sekuriteit, hetsy ter keuse van die maatskappy, die aandeelhouer, of by die plaasvind van ’n gespesifiseerde gebeurtenis. Die Maatskappywet 71 van 2008 bied weinig leiding oor die regsaard van omskepping en standaardkommentare ontleed nie die stappe betrokke by die omskepping van omskepbare sekuriteite nie. Die standaardwerk oor maatskappy-sekretariële praktyk bied verduidelikings wat nie oral strook met die wet en regulasies nie. Sorgvuldige ontleding van die verspreide bepalings wat wel na omskepbare sekuriteite verwys is dus noodsaaklik. Hierdie bepalings handel spesifiek oor gevalle waar die omskepbare instrument in ’n aandeel omskep kan word. Die wet bevat verskeie aanduidings dat omskepping nie ’n magiese transformasie is waar die bronsekuriteit plotseling die doelsekuriteit word nie, maar dat ’n nuwe sekuriteit ter vervanging van die oue uitgereik word. Dit blyk duidelik uit artikel 42(3)(b) wat bepaal dat die direksiebesluit om sekuriteite wat in aandele omskepbaar is uit te reik, terselfdertyd die besluit is om doelaandele uit te reik waarin dit omskep mag word. Soortgelyke aanduidings verskyn in artikel 40(1)(b) wat verwys na die uitreik van aandele ingevolge omskeppingsregte wat aan voorheen uitgereikte sekuriteite kleef en in artikel 41(4)(a)(ii) wat by die berekening van ’n persentasie in artikel 41(3) verwys na die stemreg van aandele wat uitgereik staan te word in ’n omskepping. Hierdie konstruksie strook ook met die noterings- vereistes van die JSE Bpk. Die vraag ontstaan dan op welke wyse van die bronsekuriteit ontslae geraak word en wat presies die reëls rondom die uitreiking van die doelaandele is. Die outeur argumenteer dat die bronsekuriteite slegs onttrek word as uitgereikte aandele maar dat hul steeds deel van die maatskappy se gemagtigde aandele bly en dat wysiging van die akte van inlywing dus nie nodig is nie. Wat uitreiking van die doelaandele betref voorsien die wet dat enige aandele wat moontlik mettertyd as doelaandele uitgereik sal moet word, reeds deel van die gemagtigde aandele moet uitmaak wanneer die bronsekuriteite uitgereik word. Dit dien ter beskerming van die houer van die omskepbare instrument. In die gewone gang van sake vind uitreiking van die doelaandele dus plaas sonder om die maatskappy se gemagtigde kapitaal te raak en word die transaksie bloot in die sekuriteiteregister gereflekteer waar die uitgereikte aandele van die doelklas verhoog word. Daar is egter wel oorgangsprobleme weens die feit dat die 1973-Maatskappywet die uitreiking van omskepbare instrumente, die uiteensetting van gemagtigde aandele, asook die beskikbaarheid van pariwaarde-aandele anders hanteer as die huidige wet. Dit is jammer dat die omskeppingsregte van voorafbestaande omskepbare instrumente nie voldoende deur die oorgangsmaatreëls beskerm word nie.
可转换证券转换的法律性质和影响
本文章由计算机程序翻译,如有差异,请以英文原文为准。
求助全文
约1分钟内获得全文 求助全文
来源期刊
CiteScore
0.30
自引率
0.00%
发文量
16
期刊介绍: This multilingual periodical is published quarterly by Juta for the Faculty of Law, University of Johannesburg. This scholarly and practical journal covers a broad spectrum of topics pertinent to the legal community.
×
引用
GB/T 7714-2015
复制
MLA
复制
APA
复制
导出至
BibTeX EndNote RefMan NoteFirst NoteExpress
×
提示
您的信息不完整,为了账户安全,请先补充。
现在去补充
×
提示
您因"违规操作"
具体请查看互助需知
我知道了
×
提示
确定
请完成安全验证×
copy
已复制链接
快去分享给好友吧!
我知道了
右上角分享
点击右上角分享
0
联系我们:info@booksci.cn Book学术提供免费学术资源搜索服务,方便国内外学者检索中英文文献。致力于提供最便捷和优质的服务体验。 Copyright © 2023 布克学术 All rights reserved.
京ICP备2023020795号-1
ghs 京公网安备 11010802042870号
Book学术文献互助
Book学术文献互助群
群 号:481959085
Book学术官方微信