{"title":"Regspraak: The escape rule and the ownership of enclosed wild animals in English and South African law","authors":"W. Freedman","doi":"10.47348/tsar/2022/i3a11","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Die eiendomsreg op wilde diere word deur ’n aantal ongewone regsreëls beheer. Een van die reëls staan bekend as die ontsnappingsreël. Hierdie reël bepaal dat ’n persoon eiendomsreg op ’n wilde dier verloor wanneer sy fisiese beheer oor daardie dier tot ’n einde kom. Dit is nie verbasend dat die ontsnappingsreël tot ingewikkelde en moeilike vrae aanleiding gee nie, veral waar ’n wilde dier in ’n groot omheinde area – soos ’n veiligheidsomheinde wildreservaat – vrygelaat word. Een van die vrae is of die eienaar sy fisiese beheer oor ’n wilde dier verloor wanneer dit in ’n omheinde area vrygelaat word wat só groot is dat die wilde dier uit sig kan verdwyn en vrylik rondloop. Nog ’n vraag is of die eienaar fisiese beheer oor ’n wilde dier verloor wanneer dit binne die omheinde gebied bly, maar die eienaar nie meer die gebied besit nie, of nie meer toegang tot die gebied het nie. Beide hierdie vrae is aangespreek deur die Engelse appèlhof in Borwick Development Solutions Ltd v Clear Water Fisheries Ltd (2020 3 WLR 755 (CA (Civ Div))) en die Suid-Afrikaanse hoogste hof van appèl in Mathenjwa NO v Magudu Game Co (Pty) Ltd (2010 2 SA 26 (HHA)). Die doel van hierdie bydrae is om te argumenteer dat alhoewel die benadering wat in die Borwicksaak gevolg is meer in lyn is met die onderliggende algemene regsbeginsels van die fisiese beheerelement van besit, is die benadering wat in die Mathenjwa-saak gevolg is meer in ooreenstemming met die beleidsoorwegings onderliggend aan die ontsnappingsreël en derhalwe verkieslik binne die Suid-Afrikaanse konteks.","PeriodicalId":0,"journal":{"name":"","volume":null,"pages":null},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2022-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.47348/tsar/2022/i3a11","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
Die eiendomsreg op wilde diere word deur ’n aantal ongewone regsreëls beheer. Een van die reëls staan bekend as die ontsnappingsreël. Hierdie reël bepaal dat ’n persoon eiendomsreg op ’n wilde dier verloor wanneer sy fisiese beheer oor daardie dier tot ’n einde kom. Dit is nie verbasend dat die ontsnappingsreël tot ingewikkelde en moeilike vrae aanleiding gee nie, veral waar ’n wilde dier in ’n groot omheinde area – soos ’n veiligheidsomheinde wildreservaat – vrygelaat word. Een van die vrae is of die eienaar sy fisiese beheer oor ’n wilde dier verloor wanneer dit in ’n omheinde area vrygelaat word wat só groot is dat die wilde dier uit sig kan verdwyn en vrylik rondloop. Nog ’n vraag is of die eienaar fisiese beheer oor ’n wilde dier verloor wanneer dit binne die omheinde gebied bly, maar die eienaar nie meer die gebied besit nie, of nie meer toegang tot die gebied het nie. Beide hierdie vrae is aangespreek deur die Engelse appèlhof in Borwick Development Solutions Ltd v Clear Water Fisheries Ltd (2020 3 WLR 755 (CA (Civ Div))) en die Suid-Afrikaanse hoogste hof van appèl in Mathenjwa NO v Magudu Game Co (Pty) Ltd (2010 2 SA 26 (HHA)). Die doel van hierdie bydrae is om te argumenteer dat alhoewel die benadering wat in die Borwicksaak gevolg is meer in lyn is met die onderliggende algemene regsbeginsels van die fisiese beheerelement van besit, is die benadering wat in die Mathenjwa-saak gevolg is meer in ooreenstemming met die beleidsoorwegings onderliggend aan die ontsnappingsreël en derhalwe verkieslik binne die Suid-Afrikaanse konteks.