Combating money-laundering through currency control: do Exchange Control Regulations 3(3) and 19(1) limit a traveller’s right to privacy?

Pub Date : 2022-01-01 DOI:10.47348/tsar/2022/i4a4
F. Moosa
{"title":"Combating money-laundering through currency control: do Exchange Control Regulations 3(3) and 19(1) limit a traveller’s right to privacy?","authors":"F. Moosa","doi":"10.47348/tsar/2022/i4a4","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Geldwassery is ’n transnasionale misdaad waarteen Suid-Afrika nie immuun is nie. Geldwassery word makliker gemaak deur die wegval van geografiese grense en tegnologiese ontwikkelings, asook die gebruik van virtuele geldeenhede as ’n betaalmiddel vir goedere en dienste. Anders as die Suid-Afrikaanse Rand, gesteun deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank, is virtuele geldeenhede (soos Bitcoin) tans ongereguleerd en nie amptelik ingevolge die Wet op die Suid-Afrikaanse Reserwebank nie. Die aard van kripto-geldeenhede as ontasbare bates wat in elektroniese vorm binne ’n gerekenariseerde netwerk bestaan, stel die benutters daarvan in staat om dit onmiddellik oor die grenslose internet oor te dra met die klik van ’n knoppie op ’n elektroniese toestel (soos, ’n rekenaar, skootrekenaar of selfoon). Die wêreldwye web is ’n ongereguleerde elektroniese omgewing. In hierdie ekosisteem is daar verbeterde anonimiteit en die vrye vloei van gedigitaliseerde eiendom is byna onnaspeurbaar. Hierdie kenmerke is aantreklik vir sindikate, bendes en individue wie se optrede daarop gemik is om die opbrengs van misdaad transnasionaal, en buite die formeel gereguleerde finansiële stelsels te verskuif. Om sy internasionale verpligtinge na te kom, het die Suid-Afrikaanse regering wette gepromulgeer wat daarop gemik is om die plaag van geldwassery te bekamp. In hierdie artikel toon die outeur dat die magte wat regulasies 3(3) en 19(1) van die Deviesebeheerregulasies, 1961 uitgevaardig ingevolge die Wet op Betaalmiddels en Wisselkoerse 9 van 1933 toeken, belangrike wapens is in die arsenaal van wetstoepassingsagentskappe wat as funksie het om geldwassery en ander ekonomiese misdade te bekamp. Hierdie magte maak egter inbreuk op regte van privaatheid en op die belange wat in artikel 14 van die grondwet verskans is. Die privaatheid van ’n persoon, sy huis- en sake omgewing moet deur agente van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gerespekteer word wanneer hul die magte tot wetstoepassing onder die regulasies uitoefen. Hoewel inkomste uit belasting deurslaggewend is vir die bereiking van grondwetlike doelwitte, moet die toepassing van wette wat ontwerp is om Suid-Afrika se belastingbasis te beskerm, binne die orde van die grondwet plaasvind. Gevolglik toon hierdie artikel dat op die reg op privaatheid, soos beskerm in artikel 14 van die grondwet, inbreuk gemaak word deur regulasies 3(3) en 19(1). Indien korrek, maak dit dié bepalings prima facie onwettig. Enige staatsinstelling wat op die beperking staatmaak moet die beperking regverdig. Dit is ’n besondere onus. Daarom bly die vraag of op ’n proporsionele beoordeling van mededingende belange die beperkings op privaatheid wat deur regulasies 3(3) en 19(1) toegelaat word, die grondwetlikheidstoets slaag, met inagneming van alle tersaaklike faktore wat in artikel 36(1) van die grondwet vervat is. Dit is ’n verdere grondwetlike aangeleentheid wat deeglike ontleding in ’n toekomstige artikel vereis.","PeriodicalId":0,"journal":{"name":"","volume":null,"pages":null},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2022-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.47348/tsar/2022/i4a4","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0

Abstract

Geldwassery is ’n transnasionale misdaad waarteen Suid-Afrika nie immuun is nie. Geldwassery word makliker gemaak deur die wegval van geografiese grense en tegnologiese ontwikkelings, asook die gebruik van virtuele geldeenhede as ’n betaalmiddel vir goedere en dienste. Anders as die Suid-Afrikaanse Rand, gesteun deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank, is virtuele geldeenhede (soos Bitcoin) tans ongereguleerd en nie amptelik ingevolge die Wet op die Suid-Afrikaanse Reserwebank nie. Die aard van kripto-geldeenhede as ontasbare bates wat in elektroniese vorm binne ’n gerekenariseerde netwerk bestaan, stel die benutters daarvan in staat om dit onmiddellik oor die grenslose internet oor te dra met die klik van ’n knoppie op ’n elektroniese toestel (soos, ’n rekenaar, skootrekenaar of selfoon). Die wêreldwye web is ’n ongereguleerde elektroniese omgewing. In hierdie ekosisteem is daar verbeterde anonimiteit en die vrye vloei van gedigitaliseerde eiendom is byna onnaspeurbaar. Hierdie kenmerke is aantreklik vir sindikate, bendes en individue wie se optrede daarop gemik is om die opbrengs van misdaad transnasionaal, en buite die formeel gereguleerde finansiële stelsels te verskuif. Om sy internasionale verpligtinge na te kom, het die Suid-Afrikaanse regering wette gepromulgeer wat daarop gemik is om die plaag van geldwassery te bekamp. In hierdie artikel toon die outeur dat die magte wat regulasies 3(3) en 19(1) van die Deviesebeheerregulasies, 1961 uitgevaardig ingevolge die Wet op Betaalmiddels en Wisselkoerse 9 van 1933 toeken, belangrike wapens is in die arsenaal van wetstoepassingsagentskappe wat as funksie het om geldwassery en ander ekonomiese misdade te bekamp. Hierdie magte maak egter inbreuk op regte van privaatheid en op die belange wat in artikel 14 van die grondwet verskans is. Die privaatheid van ’n persoon, sy huis- en sake omgewing moet deur agente van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gerespekteer word wanneer hul die magte tot wetstoepassing onder die regulasies uitoefen. Hoewel inkomste uit belasting deurslaggewend is vir die bereiking van grondwetlike doelwitte, moet die toepassing van wette wat ontwerp is om Suid-Afrika se belastingbasis te beskerm, binne die orde van die grondwet plaasvind. Gevolglik toon hierdie artikel dat op die reg op privaatheid, soos beskerm in artikel 14 van die grondwet, inbreuk gemaak word deur regulasies 3(3) en 19(1). Indien korrek, maak dit dié bepalings prima facie onwettig. Enige staatsinstelling wat op die beperking staatmaak moet die beperking regverdig. Dit is ’n besondere onus. Daarom bly die vraag of op ’n proporsionele beoordeling van mededingende belange die beperkings op privaatheid wat deur regulasies 3(3) en 19(1) toegelaat word, die grondwetlikheidstoets slaag, met inagneming van alle tersaaklike faktore wat in artikel 36(1) van die grondwet vervat is. Dit is ’n verdere grondwetlike aangeleentheid wat deeglike ontleding in ’n toekomstige artikel vereis.
分享
查看原文
通过货币管制打击洗钱:外汇管制条例第3(3)条和第19(1)条是否限制了旅行者的隐私权?
本文章由计算机程序翻译,如有差异,请以英文原文为准。
求助全文
约1分钟内获得全文 求助全文
×
引用
GB/T 7714-2015
复制
MLA
复制
APA
复制
导出至
BibTeX EndNote RefMan NoteFirst NoteExpress
×
提示
您的信息不完整,为了账户安全,请先补充。
现在去补充
×
提示
您因"违规操作"
具体请查看互助需知
我知道了
×
提示
确定
请完成安全验证×
copy
已复制链接
快去分享给好友吧!
我知道了
右上角分享
点击右上角分享
0
联系我们:info@booksci.cn Book学术提供免费学术资源搜索服务,方便国内外学者检索中英文文献。致力于提供最便捷和优质的服务体验。 Copyright © 2023 布克学术 All rights reserved.
京ICP备2023020795号-1
ghs 京公网安备 11010802042870号
Book学术文献互助
Book学术文献互助群
群 号:481959085
Book学术官方微信