{"title":"南非的性别和住房政策:布隆方丹的政策和实践","authors":"A. Venter, L. Marais","doi":"10.4314/JFECS.V34I1.52909","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Opsomming In hierdie artikel word die toepassing van gendersensitiwiteit in die Suid-Afrikaanse behuisingsbeleidkonteks teen die agtergrond van internasionale veranderings rakende gender– en behuisingsparadigmas beoordeel. Die internasionale behuisingsbeleid en ontwikkelingsparadigmas in ontwikkelende lande het sedert die Tweede Wereldoorlog ‘n aantal fases deurloop. Behuisingsfases sluit staatsgedrewe behuising, selfhelpbehuising, makro-ekonomiese hervorming en die instaatstellingbenadering in. Drie paradigmas het die genderteorie oorheers, naamlik Vroue in Ontwikkeling (VIO), Vroue en Ontwikkeling (VEO) en Gender en Ontwikkeling (GEO). Die Suid-Afrikaanse lae-inkomstebehuisingsbeleid bevat beginselverklarings oor genderbillikheid, maar daar is slegs beperkte riglyne vir die implementering van hierdie beginsels. Die artikel lewer teen hierdie agtergrond verslag oor die navorsing wat in die Mangaung Plaaslike Munisipaliteit (Bloemfontein) gedoen is oor hoe gendersensitief die implementering van die behuisingsbeleid is. Vier honderd en vyf vraelyste is in die proses voltooi, waarvan 50,6% uit huishoudings met vroue aan die hoof. Die artikel opper in wese drie argumente: eerstens, dat vrouens genoegsaam uit behuisingsvoorsiening voordeel geput het; tweedens, dat die beleid se inkrementele aard nietemin nie altyd vroue bevoordeel nie; en in die laaste plek het huishoudinge met sowel vroulike as manlike hoofde ‘n voorkeur uitgespreek vir ‘n kleiner huis met beter dienste.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"2 1","pages":""},"PeriodicalIF":1.5000,"publicationDate":"2010-03-16","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"16","resultStr":"{\"title\":\"Gender and housing policy in South Africa: Policy and practice in Bloemfontein\",\"authors\":\"A. Venter, L. Marais\",\"doi\":\"10.4314/JFECS.V34I1.52909\",\"DOIUrl\":null,\"url\":null,\"abstract\":\"Opsomming In hierdie artikel word die toepassing van gendersensitiwiteit in die Suid-Afrikaanse behuisingsbeleidkonteks teen die agtergrond van internasionale veranderings rakende gender– en behuisingsparadigmas beoordeel. Die internasionale behuisingsbeleid en ontwikkelingsparadigmas in ontwikkelende lande het sedert die Tweede Wereldoorlog ‘n aantal fases deurloop. Behuisingsfases sluit staatsgedrewe behuising, selfhelpbehuising, makro-ekonomiese hervorming en die instaatstellingbenadering in. Drie paradigmas het die genderteorie oorheers, naamlik Vroue in Ontwikkeling (VIO), Vroue en Ontwikkeling (VEO) en Gender en Ontwikkeling (GEO). Die Suid-Afrikaanse lae-inkomstebehuisingsbeleid bevat beginselverklarings oor genderbillikheid, maar daar is slegs beperkte riglyne vir die implementering van hierdie beginsels. Die artikel lewer teen hierdie agtergrond verslag oor die navorsing wat in die Mangaung Plaaslike Munisipaliteit (Bloemfontein) gedoen is oor hoe gendersensitief die implementering van die behuisingsbeleid is. Vier honderd en vyf vraelyste is in die proses voltooi, waarvan 50,6% uit huishoudings met vroue aan die hoof. Die artikel opper in wese drie argumente: eerstens, dat vrouens genoegsaam uit behuisingsvoorsiening voordeel geput het; tweedens, dat die beleid se inkrementele aard nietemin nie altyd vroue bevoordeel nie; en in die laaste plek het huishoudinge met sowel vroulike as manlike hoofde ‘n voorkeur uitgespreek vir ‘n kleiner huis met beter dienste.\",\"PeriodicalId\":53194,\"journal\":{\"name\":\"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences\",\"volume\":\"2 1\",\"pages\":\"\"},\"PeriodicalIF\":1.5000,\"publicationDate\":\"2010-03-16\",\"publicationTypes\":\"Journal Article\",\"fieldsOfStudy\":null,\"isOpenAccess\":false,\"openAccessPdf\":\"\",\"citationCount\":\"16\",\"resultStr\":null,\"platform\":\"Semanticscholar\",\"paperid\":null,\"PeriodicalName\":\"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences\",\"FirstCategoryId\":\"1085\",\"ListUrlMain\":\"https://doi.org/10.4314/JFECS.V34I1.52909\",\"RegionNum\":0,\"RegionCategory\":null,\"ArticlePicture\":[],\"TitleCN\":null,\"AbstractTextCN\":null,\"PMCID\":null,\"EPubDate\":\"\",\"PubModel\":\"\",\"JCR\":\"Q2\",\"JCRName\":\"SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY\",\"Score\":null,\"Total\":0}","platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V34I1.52909","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q2","JCRName":"SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY","Score":null,"Total":0}
Gender and housing policy in South Africa: Policy and practice in Bloemfontein
Opsomming In hierdie artikel word die toepassing van gendersensitiwiteit in die Suid-Afrikaanse behuisingsbeleidkonteks teen die agtergrond van internasionale veranderings rakende gender– en behuisingsparadigmas beoordeel. Die internasionale behuisingsbeleid en ontwikkelingsparadigmas in ontwikkelende lande het sedert die Tweede Wereldoorlog ‘n aantal fases deurloop. Behuisingsfases sluit staatsgedrewe behuising, selfhelpbehuising, makro-ekonomiese hervorming en die instaatstellingbenadering in. Drie paradigmas het die genderteorie oorheers, naamlik Vroue in Ontwikkeling (VIO), Vroue en Ontwikkeling (VEO) en Gender en Ontwikkeling (GEO). Die Suid-Afrikaanse lae-inkomstebehuisingsbeleid bevat beginselverklarings oor genderbillikheid, maar daar is slegs beperkte riglyne vir die implementering van hierdie beginsels. Die artikel lewer teen hierdie agtergrond verslag oor die navorsing wat in die Mangaung Plaaslike Munisipaliteit (Bloemfontein) gedoen is oor hoe gendersensitief die implementering van die behuisingsbeleid is. Vier honderd en vyf vraelyste is in die proses voltooi, waarvan 50,6% uit huishoudings met vroue aan die hoof. Die artikel opper in wese drie argumente: eerstens, dat vrouens genoegsaam uit behuisingsvoorsiening voordeel geput het; tweedens, dat die beleid se inkrementele aard nietemin nie altyd vroue bevoordeel nie; en in die laaste plek het huishoudinge met sowel vroulike as manlike hoofde ‘n voorkeur uitgespreek vir ‘n kleiner huis met beter dienste.