{"title":"进步的悖论:缺乏经验的消费者对主要家用电器的选择","authors":"Alet C. Erasmus","doi":"10.4314/JFECS.V33I1.52865","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Beter werkgeleenthede en hoer inkomstes na die aanvaarding van ‘n nuwe politieke en sosio ekonomiese bestel in Suid-Afrika in 1994, het meegebring dat groot getalle onervare swart verbruikers na meer welvarende stedelike gebiede migreer het om nuwe geleenthede aan te gryp in ‘n poging om hulle lewenstyl te verbeter. Uiteraard sal verbruikers wat beperkte produkverwante verbruikersosialisering ondergaan het en later in hulle lewe met die kompleksiteit van verbruikersbesluite gekonfronteer word, maklik oorweldig word deur ‘n groot produkkeuse. Ongelukkig kan hulle maklik uitgebuit word as gevolg van hulle onkunde en gebrekkige ervaring. Dit dui op die paradoks van vooruitgang wat ‘n vrugbare teelaarde skep vir uitbuiting van weerlose verbruikers in die mark. Baie min inligting kon gevind word wat lig werp op onervare verbruikers se beoordeling van die gehalte van produkte en die gebruik van spesifieke indikatore wat vir hulle as ‘n aanduiding van die betroubaarheid van produkte kan dien. Hierdie navorsing het spesifiek gefokus op onervare verbruikers se evaluering van groot huishoudelike toerusting ‘n kommoditeit wat in groot aanvraag is in moderne huishoudings sowel as die huishoudings van verbruikers wat laat in hulle lewe eers huiseienaarskap kon ervaar en met die gebruik van elektrisiteit in hulle huise te doen gekry het. Die doel was om indikatore te identifiseer wat deur onervare verbruikers gebruik word om die gehalte van toerusting te onderskei tydens vooraankoopevaluering. Die verwagting was dat beperkte verbruikersosialisering hulle sou noop om op surrogaatindikatore van gehalte staat te maak om te kompenseer vir ‘n gebrek aan relevante produkkennis en persoonlike produkondervinding.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"140 1","pages":""},"PeriodicalIF":1.5000,"publicationDate":"2010-03-16","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"16","resultStr":"{\"title\":\"The paradox of progress: inexperienced consumers' choice of major household appliances\",\"authors\":\"Alet C. Erasmus\",\"doi\":\"10.4314/JFECS.V33I1.52865\",\"DOIUrl\":null,\"url\":null,\"abstract\":\"Beter werkgeleenthede en hoer inkomstes na die aanvaarding van ‘n nuwe politieke en sosio ekonomiese bestel in Suid-Afrika in 1994, het meegebring dat groot getalle onervare swart verbruikers na meer welvarende stedelike gebiede migreer het om nuwe geleenthede aan te gryp in ‘n poging om hulle lewenstyl te verbeter. Uiteraard sal verbruikers wat beperkte produkverwante verbruikersosialisering ondergaan het en later in hulle lewe met die kompleksiteit van verbruikersbesluite gekonfronteer word, maklik oorweldig word deur ‘n groot produkkeuse. Ongelukkig kan hulle maklik uitgebuit word as gevolg van hulle onkunde en gebrekkige ervaring. Dit dui op die paradoks van vooruitgang wat ‘n vrugbare teelaarde skep vir uitbuiting van weerlose verbruikers in die mark. Baie min inligting kon gevind word wat lig werp op onervare verbruikers se beoordeling van die gehalte van produkte en die gebruik van spesifieke indikatore wat vir hulle as ‘n aanduiding van die betroubaarheid van produkte kan dien. Hierdie navorsing het spesifiek gefokus op onervare verbruikers se evaluering van groot huishoudelike toerusting ‘n kommoditeit wat in groot aanvraag is in moderne huishoudings sowel as die huishoudings van verbruikers wat laat in hulle lewe eers huiseienaarskap kon ervaar en met die gebruik van elektrisiteit in hulle huise te doen gekry het. Die doel was om indikatore te identifiseer wat deur onervare verbruikers gebruik word om die gehalte van toerusting te onderskei tydens vooraankoopevaluering. Die verwagting was dat beperkte verbruikersosialisering hulle sou noop om op surrogaatindikatore van gehalte staat te maak om te kompenseer vir ‘n gebrek aan relevante produkkennis en persoonlike produkondervinding.\",\"PeriodicalId\":53194,\"journal\":{\"name\":\"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences\",\"volume\":\"140 1\",\"pages\":\"\"},\"PeriodicalIF\":1.5000,\"publicationDate\":\"2010-03-16\",\"publicationTypes\":\"Journal Article\",\"fieldsOfStudy\":null,\"isOpenAccess\":false,\"openAccessPdf\":\"\",\"citationCount\":\"16\",\"resultStr\":null,\"platform\":\"Semanticscholar\",\"paperid\":null,\"PeriodicalName\":\"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences\",\"FirstCategoryId\":\"1085\",\"ListUrlMain\":\"https://doi.org/10.4314/JFECS.V33I1.52865\",\"RegionNum\":0,\"RegionCategory\":null,\"ArticlePicture\":[],\"TitleCN\":null,\"AbstractTextCN\":null,\"PMCID\":null,\"EPubDate\":\"\",\"PubModel\":\"\",\"JCR\":\"Q2\",\"JCRName\":\"SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY\",\"Score\":null,\"Total\":0}","platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V33I1.52865","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q2","JCRName":"SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY","Score":null,"Total":0}
The paradox of progress: inexperienced consumers' choice of major household appliances
Beter werkgeleenthede en hoer inkomstes na die aanvaarding van ‘n nuwe politieke en sosio ekonomiese bestel in Suid-Afrika in 1994, het meegebring dat groot getalle onervare swart verbruikers na meer welvarende stedelike gebiede migreer het om nuwe geleenthede aan te gryp in ‘n poging om hulle lewenstyl te verbeter. Uiteraard sal verbruikers wat beperkte produkverwante verbruikersosialisering ondergaan het en later in hulle lewe met die kompleksiteit van verbruikersbesluite gekonfronteer word, maklik oorweldig word deur ‘n groot produkkeuse. Ongelukkig kan hulle maklik uitgebuit word as gevolg van hulle onkunde en gebrekkige ervaring. Dit dui op die paradoks van vooruitgang wat ‘n vrugbare teelaarde skep vir uitbuiting van weerlose verbruikers in die mark. Baie min inligting kon gevind word wat lig werp op onervare verbruikers se beoordeling van die gehalte van produkte en die gebruik van spesifieke indikatore wat vir hulle as ‘n aanduiding van die betroubaarheid van produkte kan dien. Hierdie navorsing het spesifiek gefokus op onervare verbruikers se evaluering van groot huishoudelike toerusting ‘n kommoditeit wat in groot aanvraag is in moderne huishoudings sowel as die huishoudings van verbruikers wat laat in hulle lewe eers huiseienaarskap kon ervaar en met die gebruik van elektrisiteit in hulle huise te doen gekry het. Die doel was om indikatore te identifiseer wat deur onervare verbruikers gebruik word om die gehalte van toerusting te onderskei tydens vooraankoopevaluering. Die verwagting was dat beperkte verbruikersosialisering hulle sou noop om op surrogaatindikatore van gehalte staat te maak om te kompenseer vir ‘n gebrek aan relevante produkkennis en persoonlike produkondervinding.