{"title":"Die Nasionale Party se Machiavelliaanse strategieë vir demokratisering in die 1980's en 1990's in Suid-Afrika","authors":"F. Cloete, F. Cloete","doi":"10.17159/2224-7912/2023/v63n2a6","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Hierdie artikel beoordeel die toepassing van \"Machiavelliaanse\" benaderings dat die doel die middele heilig, wat tussen 1980 en 1992 as redelik suksesvolle demokratiese politieke transformasie- en oorredingstrategieë deur die Nasionale Party (NP) regering in Suid-Afrika gevolg is. Dit het onder meer doelbewuste manipulasie van inligting en ondernemings wat nie gestand gedoen was nie, ingesluit. Die doel daarvan was om wit kiesers op verskillende wyses te probeer oorreed om op 'n vreedsame, demokratiese wyse afstand te doen van hul monopolie op politieke mag en gesag tot in daardie stadium. Die suksesvolle, vreedsame konstitusionele oorgang van apartheid na volle demokrasie in Suid-Afrika tussen 1990 en 1996 kan deels toegeskryf word aan hierdie \"onetiese Machiavelliaanse\" politieke oorredingsprosesse van die NP. Dit het egter ook uiters negatiewe beoordelings uitgelok by konserwatiewe wit kiesers wat die leier van die NP op daardie tydstip, FW de Klerk, van disinformasie, misleiding, bedrog en selfs verraad teenoor die wit gemeenskap in die land beskuldig het. Hierdie negatiewe beoordelings bestaan steeds in baie van daardie kringe. Dit het egter groot meerderhede wit kiesers in die 1989-verkiesing en die 1992-referendum oorreed om aan die Nasionale Party vae beginselmandate te gee om die finale tegniese besonderhede van 'n nuwe demokratiese politieke magsdelingsbedeling met swart bevrydingsbewegings te beding. Machiavelli se Renaissance-denke word vyf eeue ná sy advies oor hoe om meer stabiele, responsiewe en volhoubare regerings te bedryf, as aanvaarde politieke optrede toegepas. Hierdie en ander vermeende \"immorele\" beïnvloedingstegnieke en optrede deur staatsagente en staatsagentskappe word naamlik in hedendaagse demokrasieë paradoksaal steeds de facto as \"normale\" praktyke aanvaar.","PeriodicalId":42800,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Geesteswetenskappe","volume":null,"pages":null},"PeriodicalIF":0.2000,"publicationDate":"2023-06-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Tydskrif Vir Geesteswetenskappe","FirstCategoryId":"98","ListUrlMain":"https://doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a6","RegionNum":4,"RegionCategory":"文学","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q4","JCRName":"SOCIAL ISSUES","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
摘要
这篇文章描述了“马基雅维利式”的应用,即媒体的目的是神圣的,这是由于在1980年至1992年间,国家党在南非执政期间推行了相当成功的民主政治转型和解决策略。这包括对信息的更客观操纵和未提供的培训。它的目标是试图以不同的方式击败白人的选择,以实现与他们对政治权力的垄断和那个阶段的和平、民主的距离。1990年至1996年间,南非种族隔离向完全民主的成功、和平的宪法取向可以归因于NP的这些“独特的马基雅维利式”政治解决方案。然而,这也导致了当时领导NP的保守派白人挑剔者FW de Klerk对虚假信息的负面判断,对这个国家的白人群体的恶作剧、欺骗甚至背叛。希尔迪否定了他在范德戴·克林格的最佳表现。然而,1989年的选举和1992年的公民投票决定强调国家党的最初授权,以确定新的民主政治分裂与黑人运动的最终技术细节。马基雅维利的文艺复兴思想是在他就如何进行更稳定、负责任和可持续的治理提出建议后的五次,以适合可接受的政治行动。这些和其他混合的“不道德”环保主义者以及国家和国家机构的做法通常被认为是传统民主中的“正常”做法。
Die Nasionale Party se Machiavelliaanse strategieë vir demokratisering in die 1980's en 1990's in Suid-Afrika
Hierdie artikel beoordeel die toepassing van "Machiavelliaanse" benaderings dat die doel die middele heilig, wat tussen 1980 en 1992 as redelik suksesvolle demokratiese politieke transformasie- en oorredingstrategieë deur die Nasionale Party (NP) regering in Suid-Afrika gevolg is. Dit het onder meer doelbewuste manipulasie van inligting en ondernemings wat nie gestand gedoen was nie, ingesluit. Die doel daarvan was om wit kiesers op verskillende wyses te probeer oorreed om op 'n vreedsame, demokratiese wyse afstand te doen van hul monopolie op politieke mag en gesag tot in daardie stadium. Die suksesvolle, vreedsame konstitusionele oorgang van apartheid na volle demokrasie in Suid-Afrika tussen 1990 en 1996 kan deels toegeskryf word aan hierdie "onetiese Machiavelliaanse" politieke oorredingsprosesse van die NP. Dit het egter ook uiters negatiewe beoordelings uitgelok by konserwatiewe wit kiesers wat die leier van die NP op daardie tydstip, FW de Klerk, van disinformasie, misleiding, bedrog en selfs verraad teenoor die wit gemeenskap in die land beskuldig het. Hierdie negatiewe beoordelings bestaan steeds in baie van daardie kringe. Dit het egter groot meerderhede wit kiesers in die 1989-verkiesing en die 1992-referendum oorreed om aan die Nasionale Party vae beginselmandate te gee om die finale tegniese besonderhede van 'n nuwe demokratiese politieke magsdelingsbedeling met swart bevrydingsbewegings te beding. Machiavelli se Renaissance-denke word vyf eeue ná sy advies oor hoe om meer stabiele, responsiewe en volhoubare regerings te bedryf, as aanvaarde politieke optrede toegepas. Hierdie en ander vermeende "immorele" beïnvloedingstegnieke en optrede deur staatsagente en staatsagentskappe word naamlik in hedendaagse demokrasieë paradoksaal steeds de facto as "normale" praktyke aanvaar.
期刊介绍:
Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe word gewy aan die publikasie van oorspronklike navorsing en oorsigartikels in die teologie, kuns en kulturele, sosiale, ekonomiese en opvoedkundige wetenskappe, sowel as aan boekbesprekings.