{"title":"The virtual shopping basket versus the shopping trolley: An exploratory investigation of consumers' experience","authors":"S. V. Staden, Djf Maree","doi":"10.4314/JFECS.V33I1.52873","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Die doel van hierdie studie was om verbruikers se gedagtes en gevoelens oor sowel die aanlynas die tradisionele inkopie-omgewing te beskryf. ’n Homogene steekproef van tien vroulike respondente het aan hierdie kwalitatiewe studie deelgeneem, en hulle ervarings is by wyse van die Zaltman Metaphoric Elicitation Technique (ZMET) ondersoek. Daar is bevind dat diegene wat op die tradisionele manier inkopies doen, hulle gedagtes en gevoelens om twee metafore organiseer, naamlik “inkopies doen as ’n vorm van ontspanning” en “inkopies doen as ’n vorm van werk”. Diegene wat aanlyn inkopies doen, het aangedui dat die manier van inkopies doen beskou word as “’n gerief” en as “’n moeilik deurgrondbare konsep”. Naas hierdie vier temas het daar twee ondersteunende dimensies na vore gekom, naamlik inkopies doen vir dinge wat “noodsaaklik is om te he” en inkopies doen vir dinge wat “lekker is om te he”. ’n Konseptuele raamwerk wat op hierdie temas en dimensies gebaseer is, is opgestel. Hierdie raamwerk was nuttig om die gevoelens en ervarings wat deur die een inkopie-omgewing opgeroep is, te vergelyk met die wat deur die ander inkopie-omgewing opgeroep is; asook om die wisselwerking, ooreenkomste en verskille met betrekking tot ervarings binne die twee omgewings aan te dui.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"10 1","pages":""},"PeriodicalIF":1.5000,"publicationDate":"2010-03-16","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"6","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V33I1.52873","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q2","JCRName":"SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY","Score":null,"Total":0}
引用次数: 6
Abstract
Die doel van hierdie studie was om verbruikers se gedagtes en gevoelens oor sowel die aanlynas die tradisionele inkopie-omgewing te beskryf. ’n Homogene steekproef van tien vroulike respondente het aan hierdie kwalitatiewe studie deelgeneem, en hulle ervarings is by wyse van die Zaltman Metaphoric Elicitation Technique (ZMET) ondersoek. Daar is bevind dat diegene wat op die tradisionele manier inkopies doen, hulle gedagtes en gevoelens om twee metafore organiseer, naamlik “inkopies doen as ’n vorm van ontspanning” en “inkopies doen as ’n vorm van werk”. Diegene wat aanlyn inkopies doen, het aangedui dat die manier van inkopies doen beskou word as “’n gerief” en as “’n moeilik deurgrondbare konsep”. Naas hierdie vier temas het daar twee ondersteunende dimensies na vore gekom, naamlik inkopies doen vir dinge wat “noodsaaklik is om te he” en inkopies doen vir dinge wat “lekker is om te he”. ’n Konseptuele raamwerk wat op hierdie temas en dimensies gebaseer is, is opgestel. Hierdie raamwerk was nuttig om die gevoelens en ervarings wat deur die een inkopie-omgewing opgeroep is, te vergelyk met die wat deur die ander inkopie-omgewing opgeroep is; asook om die wisselwerking, ooreenkomste en verskille met betrekking tot ervarings binne die twee omgewings aan te dui.