Kraakvorming in plastiese vars beton

Dmitry Meyer, R. Combrinck
{"title":"Kraakvorming in plastiese vars beton","authors":"Dmitry Meyer, R. Combrinck","doi":"10.36303/satnt.2021.40.1.854","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Vars of plastiese beton beskryf die toestand van beton gedurende die eerste paar ure nadat die beton gegiet is. Vars beton het nog nie verhard nie en het ‘n baie lae treksterkte. Plastiese vervorming in vars beton kom voor in die vorm van plastiese versakking en plastiese krimp. Hierdie vervormings kan lei tot kraakvorming in beton in gebiede waar die beton versper word teen vrye volume verandering. Die hoof meganisme wat plastiese krake veroorsaak is die opbou van kapillêre druk weens die verdamping van water uit die beton. Kapillêre druk verwys na die negatiewe druk, of suigkrag, wat ontstaan tussen die deeltjies van die beton wanneer die water verdamp uit die porieë van die beton. Dit word vererger deur ongunstige weersomstandighede wat die verdampingstempo verhoog. Kraakvorming in vars beton is een van die hoof faktore wat bydra tot probleme met die duursaamheid en bruikbaarheid van betonstrukture. Die doel van hierdie studie is om krake te voorkom deur die verskynsel van kraakvorming, beide plastiese versakkings- en krimpkrake, beter te verstaan in terme van die bydraende meganismes, die interaksie tussen die twee kraaktipes en die omliggende klimaatstoestande. In die studie word ‘n deeglike literatuurstudie gedoen oor volume verandering en kraakvorming in vars beton. ’n Gevallestudie word ook ondersoek om die oorsake van plastiese krake in ’n betonpad te identifiseer en vas te stel hoe die krake vorm. Alhoewel die betonpad gegiet was van dieselfde mengsel en in dieselfde vorm, het slegs sekere segmente krake gevorm. Daar is vasgestel dat die variërende klimaatsomstandighede veroorsaak het dat sekere segmente kraak terwyl ander nie kraak nie. Daar is ook ’n definitiewe interaksie tussen die krake gevorm deur plastiese versakking en plastiese krimp. Kraakvorming is die gevolg van beide plastiese versakking en plastiese krimp, alhoewel plastiese krimp hoofsaaklik die vergroting van die krake beïnvloed. Een van die belangrikste invloede wat die kwaliteit en duursaamheid beïnvloed, is die doeltreffendheid van die kuur van die beton, aangesien effektiewe kuring die opbou van kapillêre druk in die beton vertraag of voorkom, wat die risiko van plastiese krimpkrake verminder. ’n Deeglike kennis van hierdie verskynsels en die meganismes wat bydrae tot die kraakvorming, kan lei tot die voorkoming daarvan. Daar moet dus goeie voorsorgmaatreëls en konstruksiemetodes gevolg word wanneer beton gegiet word. Byvoorbeeld, die gevallestudie het gewys dat beton slegs gegiet moet word in weerstoestande wat nie ’n hoë potensiaal vir plastiese krimpkrake het nie. Die toepassing van die kennis kan die kwaliteit en duursaamheid van betonstrukture verbeter.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"254 Pt B 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0000,"publicationDate":"2021-10-20","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.36303/satnt.2021.40.1.854","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0

Abstract

Vars of plastiese beton beskryf die toestand van beton gedurende die eerste paar ure nadat die beton gegiet is. Vars beton het nog nie verhard nie en het ‘n baie lae treksterkte. Plastiese vervorming in vars beton kom voor in die vorm van plastiese versakking en plastiese krimp. Hierdie vervormings kan lei tot kraakvorming in beton in gebiede waar die beton versper word teen vrye volume verandering. Die hoof meganisme wat plastiese krake veroorsaak is die opbou van kapillêre druk weens die verdamping van water uit die beton. Kapillêre druk verwys na die negatiewe druk, of suigkrag, wat ontstaan tussen die deeltjies van die beton wanneer die water verdamp uit die porieë van die beton. Dit word vererger deur ongunstige weersomstandighede wat die verdampingstempo verhoog. Kraakvorming in vars beton is een van die hoof faktore wat bydra tot probleme met die duursaamheid en bruikbaarheid van betonstrukture. Die doel van hierdie studie is om krake te voorkom deur die verskynsel van kraakvorming, beide plastiese versakkings- en krimpkrake, beter te verstaan in terme van die bydraende meganismes, die interaksie tussen die twee kraaktipes en die omliggende klimaatstoestande. In die studie word ‘n deeglike literatuurstudie gedoen oor volume verandering en kraakvorming in vars beton. ’n Gevallestudie word ook ondersoek om die oorsake van plastiese krake in ’n betonpad te identifiseer en vas te stel hoe die krake vorm. Alhoewel die betonpad gegiet was van dieselfde mengsel en in dieselfde vorm, het slegs sekere segmente krake gevorm. Daar is vasgestel dat die variërende klimaatsomstandighede veroorsaak het dat sekere segmente kraak terwyl ander nie kraak nie. Daar is ook ’n definitiewe interaksie tussen die krake gevorm deur plastiese versakking en plastiese krimp. Kraakvorming is die gevolg van beide plastiese versakking en plastiese krimp, alhoewel plastiese krimp hoofsaaklik die vergroting van die krake beïnvloed. Een van die belangrikste invloede wat die kwaliteit en duursaamheid beïnvloed, is die doeltreffendheid van die kuur van die beton, aangesien effektiewe kuring die opbou van kapillêre druk in die beton vertraag of voorkom, wat die risiko van plastiese krimpkrake verminder. ’n Deeglike kennis van hierdie verskynsels en die meganismes wat bydrae tot die kraakvorming, kan lei tot die voorkoming daarvan. Daar moet dus goeie voorsorgmaatreëls en konstruksiemetodes gevolg word wanneer beton gegiet word. Byvoorbeeld, die gevallestudie het gewys dat beton slegs gegiet moet word in weerstoestande wat nie ’n hoë potensiaal vir plastiese krimpkrake het nie. Die toepassing van die kennis kan die kwaliteit en duursaamheid van betonstrukture verbeter.
求助全文
约1分钟内获得全文 求助全文
来源期刊
自引率
0.00%
发文量
0
×
引用
GB/T 7714-2015
复制
MLA
复制
APA
复制
导出至
BibTeX EndNote RefMan NoteFirst NoteExpress
×
提示
您的信息不完整,为了账户安全,请先补充。
现在去补充
×
提示
您因"违规操作"
具体请查看互助需知
我知道了
×
提示
确定
请完成安全验证×
copy
已复制链接
快去分享给好友吧!
我知道了
右上角分享
点击右上角分享
0
联系我们:info@booksci.cn Book学术提供免费学术资源搜索服务,方便国内外学者检索中英文文献。致力于提供最便捷和优质的服务体验。 Copyright © 2023 布克学术 All rights reserved.
京ICP备2023020795号-1
ghs 京公网安备 11010802042870号
Book学术文献互助
Book学术文献互助群
群 号:481959085
Book学术官方微信