{"title":"Proposal for a conceptual frame of reference to study household's food-accessing strategies and utilisation patterns","authors":"M. S. Kgaphola, Elizabeth Boshoff","doi":"10.4314/JFECS.V30I1.52827","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Een van die primere oogmerke van die Departement Landbou, Bewaring en Omgewing van Mpumalanga is om die voedselsekuriteit van landelike huishoudings te bevorder. Die Afdeling - Landbouhuishoudkunde is verantwoordelik om hierdie proses te fasiliteer. Dit is belangrik dat wanneer huishoudings voedsel geproduseer of bekom het, hulle dit ook op so 'n wyse prosesseer, berg, berei en verbruik dat hulle die grootste nutrisionele, kulturele en sosiale nut uit die voedselverbruik verkry. Tans is die voorligtingsprogramme gerig op hierdie aspekte nie op 'n oorkoepelende benadering gebaseer nie. Om effektiewe voorligtingsprogramme te ontwerp wat landelike huishoudings kan bemagtig met relevante kennis oor die verkryging en verbruik van voedsel vir die verbetering van gesondheid, is dit nodig om relevante kennis oor die konteks waarin landelike huishoudings leef en funksioneer en die wyses waarop hulle voedsel verkry en verbruik sowel as die faktore wat dit beinvloed in te win. Om die nodige kennis en insig te bekom oor die verkryging en gebruik van voedsel deur landelike huishoudings, is 'n verwysingsraamwerk wat die voedselverkryging en -gebruik holisties benader, saamgestel. Die voorstel is dat hierdie verwysingsraamwerk gebruik kan word wanneer voedselverkrygings- en -verbruikspatrone by landelike huishoudings geanaliseer word. Die verwysingsraamwerk word in hierdie artikel beskryf.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"30 1","pages":"65-74"},"PeriodicalIF":1.5000,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"4","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V30I1.52827","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q2","JCRName":"SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY","Score":null,"Total":0}
引用次数: 4
Abstract
Een van die primere oogmerke van die Departement Landbou, Bewaring en Omgewing van Mpumalanga is om die voedselsekuriteit van landelike huishoudings te bevorder. Die Afdeling - Landbouhuishoudkunde is verantwoordelik om hierdie proses te fasiliteer. Dit is belangrik dat wanneer huishoudings voedsel geproduseer of bekom het, hulle dit ook op so 'n wyse prosesseer, berg, berei en verbruik dat hulle die grootste nutrisionele, kulturele en sosiale nut uit die voedselverbruik verkry. Tans is die voorligtingsprogramme gerig op hierdie aspekte nie op 'n oorkoepelende benadering gebaseer nie. Om effektiewe voorligtingsprogramme te ontwerp wat landelike huishoudings kan bemagtig met relevante kennis oor die verkryging en verbruik van voedsel vir die verbetering van gesondheid, is dit nodig om relevante kennis oor die konteks waarin landelike huishoudings leef en funksioneer en die wyses waarop hulle voedsel verkry en verbruik sowel as die faktore wat dit beinvloed in te win. Om die nodige kennis en insig te bekom oor die verkryging en gebruik van voedsel deur landelike huishoudings, is 'n verwysingsraamwerk wat die voedselverkryging en -gebruik holisties benader, saamgestel. Die voorstel is dat hierdie verwysingsraamwerk gebruik kan word wanneer voedselverkrygings- en -verbruikspatrone by landelike huishoudings geanaliseer word. Die verwysingsraamwerk word in hierdie artikel beskryf.