{"title":"Consumers' use of and satisfaction with store cards","authors":"Alet C. Erasmus, Kethuswegape Lebani","doi":"10.4314/JFECS.V35I1.52918","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Navorsing dui daarop dat die gebruik van kredietfasiliteite soos bank- en winkelkaarte by betaalpunte wereldwyd toeneem. Ongelukkig het dit tot 'n toename in slegte skuld bygedra wat ingrypende gevolge vir huishoudings en ekonomii?½ inhou. Sommige beweer dat sekere vorms van krediet, veral winkelkaarte, te maklik toegestaan word en dat verbruikers hierdie fasilitiete tot hulle eie nadeel misbruik. Hierdie navorsing is gegrond op 'n vermoede dat minder ervare verbruikers, byvoorbeeld die in Afrikalande wat eers in onlangse jare aan groot winkelsentra en verwante fasilitiete blootgestel is, gevaar kan loop om hierdie fasiliteite te misbruik omdat dit so geredelik aan hulle toegestaan word.'n Vergelyking is gedoen van twee verskillende groepe winkelkaarthouers se retrospektiewe evaluering van hulle koopgedrag asook hulle beheer oor kredietlimiete en gevolglike tevredenheid met winkelkaarte. Die navorsing was verkennend, beskrywend van aard. 'n Gestruktureerde vraelys is gebruik en data is gedurende Augustus 2006 ingesamel : 100 respondente uit Gabarone en Francistown in Botswana (steekproef B) en 167 respondente in Tshwane, RSA (steekproef RSA) is betrek deur middel van gerieflikheidsteekproefneming.Betekenisvolle verskille tussen die twee steekproewe hou meestal verband met hulle kredietstatus en onvermoe om betalings vol te hou. Meer as 80% van die minder ervare steekproef het die duurder betaal opsie gebruik, dit wil se betalings oor die maksimum betaaltermyn wat rente insluit, versprei omdat hulle gesukkel het om maandelikse paaiemente by te bring. Hoewel die meerderheid van beide steekproewe toegegee het dat stygings in maandelikse paaiemente aan impulsiewe aankope te wyte was, was dit nie vir die meer ervare steekproef 'n probleem nie. Die meerderheid van hulle het steeds die rentevrye ses maande betaalperiode benut. Beide steekproewe was tevrede met winkelkaarte en het aangedui dat hulle sonder huiwering weer die fasiliteit sou bekom indien hulle opnuut 'n keuse kon uitoefen. Albei steekproewe het aangedui dat hulle winkelkaarte as 'n betaalmiddel sal aanbeveel omdat dit gerieflik is om te gebruik, rentevrye krediet bied en handig is tydens krisistye. Resultate toon dat winkelkaartgebruikers dit moelik vind om van die fasiliteit afstand te doen as hulle daaraan gewoond is. Nadat kaartrekeninge afgelos is begin verbruikers die fasiliteite redelik gou weer gebruik wat bevestig dat dit moelik is om selfkontrole oor aankoopgedrag uit te oefen en dat kaarthouers vir hulleself streng reels behoort te stel om aankope te beheer. 'n Toename in die maandelikse paaiemente van beide steekproewe en die feit dat hulle erken dat impulsiewe aankope en swak beplanning die belangrikste redes is daarvoor, bevestig 'n feitlik onvermydelike gevolg van kaarteienaarskap. Winkelkaarte behoort dus met groter omsigtigheid toegestaan te word en kredietlimiete behoort gereeld gekontroleer te word om onverantwoordelike gebruik daarvan te voorkom. Minder ervare verbruikers is blykbaar geneig om te koop volgens hulle kredietlimiet omdat hulle dit as 'n mosie van vertroue in hulle vermoe om die paaiemente te betaal te beskou.Ongelukkig blyk die verbruikersperspektief, wat verbruikers as rasionele besluitnemers beskou wat inligting wat tot hulle beskikking gestel word gebruik, nie die aangewese benadering te bied om verbruikers in te lig en op te voed nie. Winkelkaarthouers se onkunde omtrent bykomende voordele wat winkelkaarte bied dui daarop dat verbruikers nie noodwendig ag slaan op die inligting wat vryelik in winkels, in brosjures en op die webtuistes beskikbaar gestel word nie. Ander perspektiewe behoort dus vir hierdie doel in toekomstige navorsing ondersoek te word.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"47 1","pages":"59-70"},"PeriodicalIF":1.5000,"publicationDate":"2010-03-16","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"5","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V35I1.52918","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q2","JCRName":"SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY","Score":null,"Total":0}
引用次数: 5
Abstract
Navorsing dui daarop dat die gebruik van kredietfasiliteite soos bank- en winkelkaarte by betaalpunte wereldwyd toeneem. Ongelukkig het dit tot 'n toename in slegte skuld bygedra wat ingrypende gevolge vir huishoudings en ekonomii?½ inhou. Sommige beweer dat sekere vorms van krediet, veral winkelkaarte, te maklik toegestaan word en dat verbruikers hierdie fasilitiete tot hulle eie nadeel misbruik. Hierdie navorsing is gegrond op 'n vermoede dat minder ervare verbruikers, byvoorbeeld die in Afrikalande wat eers in onlangse jare aan groot winkelsentra en verwante fasilitiete blootgestel is, gevaar kan loop om hierdie fasiliteite te misbruik omdat dit so geredelik aan hulle toegestaan word.'n Vergelyking is gedoen van twee verskillende groepe winkelkaarthouers se retrospektiewe evaluering van hulle koopgedrag asook hulle beheer oor kredietlimiete en gevolglike tevredenheid met winkelkaarte. Die navorsing was verkennend, beskrywend van aard. 'n Gestruktureerde vraelys is gebruik en data is gedurende Augustus 2006 ingesamel : 100 respondente uit Gabarone en Francistown in Botswana (steekproef B) en 167 respondente in Tshwane, RSA (steekproef RSA) is betrek deur middel van gerieflikheidsteekproefneming.Betekenisvolle verskille tussen die twee steekproewe hou meestal verband met hulle kredietstatus en onvermoe om betalings vol te hou. Meer as 80% van die minder ervare steekproef het die duurder betaal opsie gebruik, dit wil se betalings oor die maksimum betaaltermyn wat rente insluit, versprei omdat hulle gesukkel het om maandelikse paaiemente by te bring. Hoewel die meerderheid van beide steekproewe toegegee het dat stygings in maandelikse paaiemente aan impulsiewe aankope te wyte was, was dit nie vir die meer ervare steekproef 'n probleem nie. Die meerderheid van hulle het steeds die rentevrye ses maande betaalperiode benut. Beide steekproewe was tevrede met winkelkaarte en het aangedui dat hulle sonder huiwering weer die fasiliteit sou bekom indien hulle opnuut 'n keuse kon uitoefen. Albei steekproewe het aangedui dat hulle winkelkaarte as 'n betaalmiddel sal aanbeveel omdat dit gerieflik is om te gebruik, rentevrye krediet bied en handig is tydens krisistye. Resultate toon dat winkelkaartgebruikers dit moelik vind om van die fasiliteit afstand te doen as hulle daaraan gewoond is. Nadat kaartrekeninge afgelos is begin verbruikers die fasiliteite redelik gou weer gebruik wat bevestig dat dit moelik is om selfkontrole oor aankoopgedrag uit te oefen en dat kaarthouers vir hulleself streng reels behoort te stel om aankope te beheer. 'n Toename in die maandelikse paaiemente van beide steekproewe en die feit dat hulle erken dat impulsiewe aankope en swak beplanning die belangrikste redes is daarvoor, bevestig 'n feitlik onvermydelike gevolg van kaarteienaarskap. Winkelkaarte behoort dus met groter omsigtigheid toegestaan te word en kredietlimiete behoort gereeld gekontroleer te word om onverantwoordelike gebruik daarvan te voorkom. Minder ervare verbruikers is blykbaar geneig om te koop volgens hulle kredietlimiet omdat hulle dit as 'n mosie van vertroue in hulle vermoe om die paaiemente te betaal te beskou.Ongelukkig blyk die verbruikersperspektief, wat verbruikers as rasionele besluitnemers beskou wat inligting wat tot hulle beskikking gestel word gebruik, nie die aangewese benadering te bied om verbruikers in te lig en op te voed nie. Winkelkaarthouers se onkunde omtrent bykomende voordele wat winkelkaarte bied dui daarop dat verbruikers nie noodwendig ag slaan op die inligting wat vryelik in winkels, in brosjures en op die webtuistes beskikbaar gestel word nie. Ander perspektiewe behoort dus vir hierdie doel in toekomstige navorsing ondersoek te word.