{"title":"Arnold van Wyk (1916-1983) se Carmine Petronii - Carmine Petronii by Arnold van Wyk (1916-1983)","authors":"M. Oosthuizen, W. Lüdemann","doi":"10.17159/2224-7912/2022/v62n3a7","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Die beeld van Arnold van Wyk as liedkomponis berus op sy liedsiklusse Vier weemoedige liedjies en Van liefde en verlatenheid, asook enkele losstaande liedere. Die beeld behoort uitgebrei te word deur kennis te neem van die ongepubliseerde Petronius-liedere, waarvan die komposisiesketse en outograwe bewaar word in die Arnold van Wyk-versameling by die Universiteit Stellenbosch. Die Petronius-liedere is 'n liedsiklus vir bariton en klein instrumentale ensemble (fluit, altviool, tjello, Franse horing, perkussie, harp en klavier) op vyf Latynse tekste uit die Satyricon van Petronius Arbiter (c. 27-66 GE). Die komposisieproses, begin gedurende 1957-1959, is toe onderbreek en is eers in 1964 voltooi. Die onderskeie liedere toon Van Wyk se vermoe om gedigte verbeeldingryk te toonset en om 'n oortuigende vormeenheid te gee aan elke lied en die siklus as geheel. Hy ontgin die instrumente se klankkarakter in die ensemble op vindingryke wyse en gebruik die begeleiding tegelyk as middel tot klankskildering en vormgewing. Saambindende elemente in die siklus is die eensoortige sentiment van die tekste, die klavier se deurlopende teenwoordigheid, die wisselnootmotief, en die gebruik van die tritonus in verskillende toonsoorte, asook pedaalpunte. Akkoordsamestellings lees dikwels moeilik weens die dubbele spelling van note. Nadat elke lied individueel bespreek word, word gewys op die moontlike invloed van Benjamin Britten se werk op die Petronius-liedere.","PeriodicalId":42800,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Geesteswetenskappe","volume":" ","pages":""},"PeriodicalIF":0.2000,"publicationDate":"2022-09-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Tydskrif Vir Geesteswetenskappe","FirstCategoryId":"98","ListUrlMain":"https://doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a7","RegionNum":4,"RegionCategory":"文学","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q4","JCRName":"SOCIAL ISSUES","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
Die beeld van Arnold van Wyk as liedkomponis berus op sy liedsiklusse Vier weemoedige liedjies en Van liefde en verlatenheid, asook enkele losstaande liedere. Die beeld behoort uitgebrei te word deur kennis te neem van die ongepubliseerde Petronius-liedere, waarvan die komposisiesketse en outograwe bewaar word in die Arnold van Wyk-versameling by die Universiteit Stellenbosch. Die Petronius-liedere is 'n liedsiklus vir bariton en klein instrumentale ensemble (fluit, altviool, tjello, Franse horing, perkussie, harp en klavier) op vyf Latynse tekste uit die Satyricon van Petronius Arbiter (c. 27-66 GE). Die komposisieproses, begin gedurende 1957-1959, is toe onderbreek en is eers in 1964 voltooi. Die onderskeie liedere toon Van Wyk se vermoe om gedigte verbeeldingryk te toonset en om 'n oortuigende vormeenheid te gee aan elke lied en die siklus as geheel. Hy ontgin die instrumente se klankkarakter in die ensemble op vindingryke wyse en gebruik die begeleiding tegelyk as middel tot klankskildering en vormgewing. Saambindende elemente in die siklus is die eensoortige sentiment van die tekste, die klavier se deurlopende teenwoordigheid, die wisselnootmotief, en die gebruik van die tritonus in verskillende toonsoorte, asook pedaalpunte. Akkoordsamestellings lees dikwels moeilik weens die dubbele spelling van note. Nadat elke lied individueel bespreek word, word gewys op die moontlike invloed van Benjamin Britten se werk op die Petronius-liedere.
期刊介绍:
Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe word gewy aan die publikasie van oorspronklike navorsing en oorsigartikels in die teologie, kuns en kulturele, sosiale, ekonomiese en opvoedkundige wetenskappe, sowel as aan boekbesprekings.